Thursday, 27 December 2012

Die lewe gaan aan...

(21 Desember 22:10 was ons nou nie juis besig om vir die einde voor te berei of die tyd af te tel nie.
Jeanelle het so bietjie werk probeer inhaal (haar maatskappy het geen genade nie en eerder as om rustig te gaan met 'n swanger vrou, waarvoor hulle nie betaalde 'maternity leave' gee nie, probeer hulle soveel moontlik bloed uit 'n klip tap) en ek het so bietjie op die internet rondgespeel en web-ontwerp gedoen. Toe ons weer sien, het daar niks gebeur nie.
(22-27 Desember)
Terwyl die wêreld toe nou nie tot 'n einde gekom het nie, moes ons 22 Desember (saam met die rush) wel die winkels trotseer vir die laaste Kersinkopies. Hoofsaaklik vir mekaar.
Kersfees-'rush' in Australia
Ek was net klaar inkopies gedoen, toe ek verneem dat ek namens 'n paar ander mense, ook geskenke vir Jeanelle moet soek. lol
Ek was so klein bietjie oor 'budget' want, ons het vroeër die oggend ons nuwe Qantas kredietkaarte gekry en ek het dit behoorlik gebruik asof ons $2 terug kry vir elke $1 wat ons spandeur. Lol (dit sal hopelik help met ons vliegtuig kaartjies wanneer ons eersdaags kom kuier in Suid Afrika). Ons wou die aand na Carols in the Domain gaan, maar na 'n lang dag se staan in die winkels, was dit bietjie baie vir iemand wat  35 weke swanger is. Die 'Carols' was 'n groot sukses, met organiseerders wat die hekke moes sluit nadat daar reeds 50 000 mense in die Domain by mekaar gekom het.

Gelukkig het ons teen hierdie stadium reeds Kerskaartjies uitgestuur en Kersinkopies vir familie in Suid Afrika uitsorteer. Hoewel daar 'n hele rits winkels is wat aanlyn verkope en aflewerings doen, was ons bang dat dit nie betyds sou wees nie en het toe familie ingespan om namens ons 'n paar inkopies te doen. Dis seker 'n bietjie simpel om vir iemand 'n voucher te gee ("Hier is die geld. Ek het nie tyd gehad om iets te soek nie. Gaan koop jou eie geskenk." lol), maar die afstand ding maak dit so bietjie moeilik om oulike goed in die winkel raak te loop en ons het gedink dis die beste manier om te wys ons dink aan julle. Dit het heel goed gewerk, om my ma te vra om die geskenke/vouchers namens ons te koop en mooi toe te draai en vir Wian te vra om namens ons vir ons ouers geskenke/vouchers te kry. Ongelukkig het Wian die vouchers net met die kwitansies en koeverte by my ma ge'drop' om self toe te draai. :-| (Dis die 2de keer in 2 weke dat my goeie bedoelings skeef loop.) Dankie vir jou moeite, nie te min. ;-) (Ek oorweeg maar om volgende jaar sommer net 'n EFT vir almal te doen.)

My rekenaar het ook opgepak en na so bietjie problem-solving het ek uitgewerk dis die moederbord. Gelukkig was die rekenaar (wat ek al die pad van Suid Afrika saamgevlieg het, toe ons 2 jaar terug hierheen gekom het) so modern, dat ek nou nog nuwe parte kan kry. Net jammer meeste rekenaar winkels is toe tot die 7de Januarie. (Hoe is dit vir 'n 'tech-detox'?)
Ek het onlangs op 'n webwerf afgekom waar enterpreneurs geld donasies vir nuwe projekte aanvra: Kickstarter.com. Kyk bv. na my Kersgeskenk wat ek oorspronklik by Kickstarter.com gesien het: TGT Wallet. In 'n oomblik van swakheid het ek toe besluit dit is tyd om dalk 'n nuwe rekenaar/ontwerp projek te befonds, waarop ek iPhone apps kan ontwerp en hopelik genoeg geld maak om my eie mac te koop. Ongelukkig is kickstarter net vir die VSA en Europa, so ek moes Indiegogo.com gebruik: http://www.indiegogo.com/TheTravellingMac as julle van iemand weet wat so iets sal ondersteun, stuur gerus die 'link' aan. (Mense offer 'n bedrag en as daar genoeg offers in 'n bepaalde tyd is om die projek te laat voortgaan, slegs dan word die offers aanvaar en aan die projek oorhandig, min 'n klein fooitjie) Ek dink dis 'n wonderlike idee om enterpreneurs en skenkings by mekaar uit te bring.

Terug by Kersgeskenke. (Sou nie dadelik so dink as jy hierdie parragraaf begin lees nie...)
Ons het 'n dokumentêr gekyk oor gesondheid en die voedsel industrie: "Hunger for Change" (sien 'Trailer' onder.) Dit help as jy dit saam met 'n dokter kyk sodat jy kan bevestig of alles waar/moontlik is.
Ek wil nou nie die hele storielyn weg gee nie, maar dit handel oor vervaardigers wat alles langer raklewe wil gee, meer "verslawend" wil maak en meer wins wil maak. Dis dinge wat ons weet, maar te bang is om te vra: bv. Hoe kan 'n brood vir 'n week op die kas staan sonder om oud/droog te word? Wat is regtig daarin? Water, meel en gis? Hulle gebruik MSG om laboratoriumrotte 'obese' te maak. Daar is 50 wettige benamings vir MSG, wat in bestandele gebruik mag word. Kriks van die saak: Natuurlike produkte is beter vir jou. Jy moet meer vars groente en vrugte eet (as jy wil gesond wees). As jy nie weet die bestandele is nie, is dit onwaarskynlik dat dit goed vir jou is en heel waarskynlik goed vir die vervaardiger.

As jy, soos ek, meeste van die goed eers wil ondersoek voor jy dit glo, sal jy gou sien dat daar vir elke onafhanklike ondersoek wat wys iets is gevaarlik, twee wees wat wys iets is gesond, laasgenoemde gewoonlik befonds deur vervaardigers wat dit in hul produk gebruik.  
My vrou het Kersvader verbied om vir haar enige iets met 'n kragprop aan te gee vir Kersfees. 
Oukersaand 2012, Sydney.
Ek het gelukkig nie sulke vereistes nie. :-) Ons het toe (onderandere) 'n juicer gekry vir Kersfees. (...sien die storie gaan oor geskenke.)
Komkommer en ..?.. moenie vra nie.
Die goeie ding is dat die juicer, saam met die goedkoper vrugte en groente van die mark, nou tot gevolg het dat ons baie meer vars groente en vrugte(sap) inkry. :-) 

Kersoggend was ons gou kerk toe en het daarna by vriende gaan braai. 'Boxing day' was ons vreeslik rustig, maar het darem tyd gekry vir so bietjie fotos. Die web is vol voorstelle. Hulle stel ook voor dat jy moet fotos neem voor die "Oh my goodness, the baby is comming!"-tydperk van swangerskap.
Hier is solank 'n 'sneak-peak':

'Maternity' fotos
Toe besighede weer oopmaak het was ons gou vir 'n roetine ondersoek by die dokter voordat ons die strate in is opsoek na 'n babastoeltjie vir die kar (want sonder dit mag ek nie in Australië vir Jeanelle en klein Divvie by die hospitaal gaan haal nie). Kyk hoe oulik is die kersboom in die dokter se ontvangs opgemaak.
Kersboom by dokter se spreekkamer.

Lyk soos babatjies
Ons tel die dae af. :-)

Liefde en groete,

Johann

Thursday, 20 December 2012

The end is nigh!

Die tyd vlieg tog so gou verby. Ja, dis môre 21 Desember 2012, einde van die Mayan kalender en volgens baie mense, weer die einde van die wêreld. Bietjie slegte nuus vir almal: Of jy nou reeds op sterwe lê, spring lewend en gesond is of gediagnoseer is met iets wat vir jou 'n definitiewe vervaldatum waarborg; almal is hier op aarde op geleende tyd en weet elkgeval nooit of ons weer volgende week gaan kans kry om hierdie blog te lees nie. :-) (Wat 'n goeie rede om dadelik die geskenke oop te maak.)
As dit die laaste blog is: "Koebaai!"
Maar terwyl jy (en ek) vir nog 'n week gespaar is, here goes...

Dit was verlede Vrydag my nuwe werk se jaarafsluiting. Dit was 'n baie rustiger, meer volwasse en geselliger kuier as by die vorige plek (minder coke-heads).

Ons het die naweek weer 'n draai by die Sydney varsproduktemark gemaak en hierdie keer is ons huistoe met 'n kattebak vol groente (dit hang seker baie af van waarmee jy ry). Dis wel die moeite werd. Die boks perskes het $2 gekos, terwyl perskes nou vir $3/kg in die winkels verkoop (2/3 perskes=1kg).
Ons eet nou nog perskes.

Blommemark
 
Orgideë in die Blommemark

Gesondheid uit die grond uit

Duisende mense skarrel om goedkoop groente te kry.
Ons het ook Ikea besoek vir 'n laaikas. Die een wat ek in gedagte gehad het, was so bietjie 'designer' met 'n gepaste prys. Kom ons sê maar net ons het nie die een gekry nie. En moenie vra hoe die kas saam met die groente en vrugte in die kar gepas het nie.
Nie sommer jou gewone 'pine' kassie nie.
Sondag was dit kerssangdienste; oggend in engels saam met die 'Cantorion Sydney Male Voice Choir' en die aand in afrikaans en van al die mooi liedjies, was dit Stillenag wat my swanger vrou in trane gehad het.

Dit was ook die laaste Antenatal klas gewees. Ons behoort nou volleerd te wees.
'Knitted boobs'
 Die 'boobs' is uit verlede week se klas, toe ons borsvoeding behandel het. Soos die vrou bet die boob teen haar bors staan, kon ek nie kelp om nie na haar gesig te staar nie. Vra my maar enige iets oor borsvoeding.

Wrapping... (Die doek was die paartjie langs ons s'n wat dit vir 'n hoed vir die pop gebruik het.)
Ons wou eintlik vir hierdie enetjie gevra het, omdat ons mos van Afrika af is.
(Die poppe is nie baie mooi nie. Seker vir 'educational purposes' )
Klein Diffie aka Happiness is nou nie so georganiseerd soos sy niggie wat al 'n naam, kamer en geboortedatum het nie, maar hy het darem nou 'n laaikas. Al is dié nog in 'n boks in die 'garage'.

Ons is besig om die name uit te sif, maar dis 'n stryd!  Jeanelle werk nog te hard om haar kantoor op te pak om plek te maak vir die baba-kamer. Haar werk het besluit om haar toe te gooi onder die werk en om te kyk hoeveel hulle uit haar kan kry, voordat sy in die 'kraamsaal'(ontvangskamer!?/'birthing suite') in gestoot word. (Ja, die hospitaal het Wi-Fi, maar hulle hoef nie te weet nie. lol) Dis nie asof hulle betaalde kraamverlof gee nie.

Van werk gepraat. Ek is pas 4 weke by my nuwe werk en ek het 'n geskenk by my bestuurder, nog een by die afdelingshoof en 'n 'hamper' by die besturende direkteur gekry. Sjoe! By die vorige plek was almal gewoonlik dankbaar om net hulle werk te behou. lol

Ek het môre my afdeling (support) se jaareinde (nog een). Kan nie sê hulle weet nie hoe om af te sluit nie. :-)

Kan nie glo dat Kersfees alweer hier is nie. Ek sou nie voorstel om Kersinkopies tot Maandag te los nie. Mense trap mekaar byna dood in die winkels hier in Sydney.

'n Geseënde Kersfees vir julle. Hoop julle kan die dag saam met geliefdes spandeer. Ons mis julle so ekstra bietjie oor hierdie tyd.

Baie Liefde en Groete (en Totsiens! :-) )

Johann

Thursday, 13 December 2012

Hair today, Gone tomorrow!

Vrydag was dit deel van my 'training' om 'n video te kyk om te leer hoe 'n deel van die sagteware, wat my nuwe werk vervaardig, werk. Ongelukkig het die man se stemtoon en verduidelikings nie regtig my aandag getrek nie en ek moes aanhoudend sukkel om wakker te bly. Ek het begin deur alles te probeer wat die video verduidelik het. Die video was 1 uur en 50 minute lank. Die eerste 50 minute van die video het my van 08:30 tot 15:30 geneem om deur te werk. Dit is toe dat ek besef dat die res van die video my tot 16:30 sou vat (glo die ontduikende 'bier tyd' in my nuwe kantoor) en ek het play gedruk, my kop gestut en aan gekyk. 16:31 En om te voorkom dat almal gelyk opspring, wou ek net voorstel dat ons 'n netjiese ry agter my vorm, toe die vrou wat die 'training' koördineer is langs my kom sit en vra of ek dalk deur die vorige dag se oefeninge wil gaan. "Sekerlik"(Ek is mos nie moeg na 'n week se training nie.) 17:10 Was ons klaar deur die antwoorde gewerk en dit was net die departementshoof wat in die kombuis gesit en bier drink het. ('Bad idea!') Ek het elkgeval 'n jeukkerige vrou by die huis gehad, so dit was reguit huistoe met my!

Die jeuk oor die hele bolyf het al so 'n week of wat terug begin en dryf Jeanelle teen die mure uit. Ons het al verskillende sjampoe, seep, kosse, verandering omgewing; stede(Adeleide) en lande(NewZealand, Auckland) en 'n oats bad (Ai!) probeer en niks wou help nie. In moedeloosheid soek ek toe op die internet vir raad.
'Dr. Google', maar, sodra jy vir "severe itching" en "Pregnancy" soek, wys alles na 'n lewer kondisie waarvoor ons ook al getoets het, maar haar lewer en gal makeer niks. Sonder "pregnancy" wil dit toe voorkom of dit dalk 'n yster tekort kan wees en ek kry dadelik die top 10 kosse met hoë yster: Top 10 Foods highest in iron. Die lys bevat onder meer tiemie, kaviaar, oesters...en 'n hele rits goed wat baie moeilik sal wees om vir Jeanelle te oorreed om te eet. Nommer twee is wel kakao (100g = 200%RDA) en dit gee my toe kans om twee koppies 60ml kakao te maak. Toe twee sakkies aspartaam nie die brousel se bitter wou stil nie, toe deel ek maar die karamel-sous wat ons vir roomys gemaak het vir ons daarby. Dit was drinkbaar. :-) Met twee slukke van my kakao oor, dink ek dit goed om maar net ook te 'google' wat 'n oordosis kakao kan veroorsaak. (Oeps!) Gelukkig het Jeanelle nog net 'n halwe slukkie gevat, want teveel kakao is glo sleg vir swangerskap en veroorsaak slapeloosheid, omdat dit glo ook kafeïen bevat. 'Ons' gaan toe eerder inkruip om te keer dat 'ons' onsself beseer. (Wawyd wakker en op 'n effense 'sugar high').

Ek was vir lank trots op die feit dat my hare nie so vinnig uitval soos meeste van my vriende nie, maar ongelukkig, in 'n onlangse bloutjie met 'n middel wat veronderstel is om haarverlies te verminder, het ek myself sleg teruggesit. lol. :-| Gepraat van krap waar dit nie jeuk nie. Ek hoop maar dit groei bietjie terug, voordat ek moet vrede maak met die onvermybare. Hein, jy moet maar laat weet watter haarprodukte vir jou werk. :-)
Niks meer wonderkure vir my nie. Dis is die resultaat van die
afgelope 4 weke.
Saterdag... (Ja, ons het wel die aand oorleef, hoewel ek in die middel van die nag die matras na die sitkamer moes skuif vir die lugversorger, want dit was te warm. Wat mens nie alles vir jou swanger vrou sal doen nie. :-) )...was ons na die 'Flemmingtons Markets', Sydney se varsprodukte mark. Dis 'n ware belewenis en 'n goudmyn vir goeie, goedkoop en vars vrugte en groente.
Hierdie stalletjie verkoop hoofsaaklik gras-uie

Die Flemmingtons Markets: Sydney
Die blommemark is ook langsaan en hulle was moeg verkoop en het blomme vir $1 'n bos weggegee.
Jeanelle met haar blomme.

Enige kleur orgidee is beskikbaar by die Sydney Blommemark
Ek sal meer fotos volgende week hê, omdat ons weer hierdie Saterdag na die mark toe gaan vir die week se groente.

Jeanelle was ook by 'n gemmerbroodhuisie bou dag. Gemmerbroodhuisies is baie gewild tydens kersfees in Sydney. Die 'before' fotos is op Jeanelle se Facebook.
Die gemmerbroodhuisie was ook baie gewild in ons huis.
In ander nuus het 'n Australiaanse radio stasie 'n poets oproep na 'n hospitaal gemaak en die koningin nageboots het. Nie baie wys in 'n Britse kolonie nie. Nog erger wanneer een van die slagoffers van die 'grap' later selfmoord pleeg en die stasie binne 2 ure, meer as 7000 aanmerkings op hulle gesigboek(facebook) bladsy kry nie.

Die week was maar steeds 'n geleerdery by die werk. Dit was gelukkig vandag die maatskappy se jaarafsluiting, so daar het nie veel gebeur nie en dit was bietjie van 'n studiebreuk! Net toe ek dink dit is verby, toe kom sit die maatskappy se eienaar tussen my en die ander nuwe-ou. Dis 'n vriendelike man en ons het lekker gekuier. Hy vra op 'n tyd vir ons hoe oud ons is en ek sien hy wonder hoe 'n dertigjarige man so min hare kan hê. lol.

Ek kry nie meer my hoop op vir 'n bier, saam met die kantoor se mense, aan die einde van die week nie. (Lyk my dis meer 'n 'sales' ding.) Maar 'n mens mag hoop.

Ons gaan hierdie naweek ook na twee kerssangdienste, by die Afrikaanse en Engelse kerke. (Dis nie oor ons tweetalig probeer wees nie, dis twee verskillende gemeentes.)

Aan almal wat met vakansie gaan en die langpad aandurf; Mooi ry!

Baie Liefde en Groete
Johann

Thursday, 6 December 2012

Amper pouse

Vrydag middae is ek nog gewoond aan my ou werk waar almal Vrydae met 'n bier afgesluit het, maar die helfte van die mense was nog in 'n vergadering teen 17:30. Ek kon toe kies tussen: Die enigste ou wees wat sit en bier drink, of die ou wees wat 'n ekstra 30 minute, op 'n Vrydag, rond hang net vir 'n bier. (Albei aanvaarbare keuses as jy nie die nuwe werknemer is nie.)
Saterdagoggend het ons soos mal mense rond gehardloop om 'Skyfall' te gaan kyk, die huis aan die kant en skoon te maak, inkopies te doen en koek te bak voor ons gaste by ons kom braai, maar toe ek twee ure voor die kuier hoor of hulle nog kom, toe is hulle in die berge! Ons het toe lekker gebraai en sommer met mekaar gekuier in ons skoon woonstel.
Nie die tipe polisie vir wie jy wegjaag nie.
Met vroulief in die 33ste week van swangerskap, brand sy die kers aan albei kante om al haar werk gedoen te kry voordat sy met kraamverlof gaan. Sondag is sy na Auckland tot Dinsdagaand. Woensdag by die huis vir die dag (vir werk) en weer Donderdag na Brisbane. Ek chauffeur net tussen die woonstel en die lughawe. (Dit voel amper soos YCT. :-) ) Op een stadium probeer ek 'n sms vir Jeanelle stuur want ek sien my foon se battery gaan dit nie maak nie, maar ek bestuur en probeer toe vir Siri gebruik. Ek sê "Sorry for using Siri, but I am busy driving." en die sms lees: "Sorry for using Siri. I am busy conniving." toe los ons dit maar.

Enigste 'pêrk'; ons kon darem Donderdag-oggend vir oulaas in die 'Qantas Lounge' 'breakfast'. Vir oulaas want dis die laaste keer wat Jeanelle moes vlieg voordat sy met kraamverlof gaan. Dit beteken nie sy is nou rustig nie. Alles behalwe. Sy het nog sewe 'site'-besoeke voor kersfees. Sy moet boonop na allerhande kommentaar luister wat mense hier kwyt raak; "Your huge!"(net wat 'n swanger vrou wil hoor), "I am tired just looking at you."...en my gunsteling..."You are not having that baby in my cab, are you?"
Ons was Woensdag by die 'Pyn-beheer gedurende die geboorte proses' antenatal klas en dit sou nie 'n antenatal klas gewees het as hulle ons nie nog 3 geboortes gewys het, reguit 'n 'horror-fliek' uit nie.

Die Albasters het Donderdag 'n middagete gereël en hoewel ek met die beste intensies vir die drankies wou betaal, was die afstand, gekoppel met die restaurant se onvermoë om tegnologie te implimenteer op die spesifieke geleentheid net teveel gewees. (Ma, ons werk aan daai website!) Groot was my teleurstelling toe ek Vrydagoggend nie eers 'n sms, viber, skype of whatsapp het nie! (Niemand het eers van my vermeende bedoelings geweet nie. Maar toemaar, die geld is nou by iemand wat dit hopelik by sy 'iPhone fonds' kan sit. ;-) )

By die werk gaan dit heel rustig. Pendel vat my 'n skamele 30 minute, heen en weer, en my bestuurder is 'n familie-man wat goeie werk-gesinslewe balans aanmoedig. Ek vind die oopplan kantoor waar almal stil sit en voor hulle kyk 'n bietjie nuut. Dit lyk of almal werk, maar intussen sit almal en skype boodskappe stuur vir mekaar. Ek sit langs my bestuurder, dan moet ek hom skype as ek iets wil vra?! Ek werk saam met mense van 'n verskeidenheid kulture. Ek is nog onseker watter kultuur oopmond kou en winde opbreek terwyl hulle eet, maar daar is minstens een van hulle ook. My middagete het amper in my keel vasgesteek.

Ons het 'n paar uitstappies vir die naweek beplan en (omdat ek so bietjie laat is met hierdie blog kan ek nou al voorspel dat), volgende week se blog propvol interessante stories is.

Baie Liefde en Groete
Johann

Thursday, 29 November 2012

'n Nuwe week, 'n Nuwe werk

Verlede naweek was heerlik! Ek het oorspronklik gedink dis dalk nie so 'n goeie idee om die naweek weg te gaan voordat ek 'n nuwe werk begin nie (maar ek kan nie nou dink waarom nie!?) Melbourne is 'n baie mooi stad. Ek kan nie glo ek vind nou eers van dié plek uit nie. Die mense is vriendeliker (elke keer as ons gestop het om op ons kaart te kyk, het iemand gevra of alles OK is en of ons hulp nodig het). Daar is hope webwerwe wat die twee stede vergelyk. Hier is een wat dit visueel probeer doen: Sydney Vs Melbourne. In 'n neutedop: in Melbourne is die mense minder selfgesentreerd, hulle is rustiger, het meer selfrespek en trots en dit is duidelik deur hulle gedrag, kleredrag en argitektuur. Daar is selfs 'n bietjie kultuur. (Dit raak nou Diep, diep :-) ) Die koek is lekkerder en die kos is steeds duur, maar beter waarde vir geld. Dis 'n mooi stad, iets tussen Berlyn en Parys(in Frankryk) (maar sonder die Eiffel)(PS. Dis dalk nie heeltemal so 'cool' soos Parys(in Frankryk) nie). Maar ek het 'n nuwe werk om te begin, anders was ons dalk nou besig om te pak.
Melbourne -Koffie/Restaurant Strate
Maandag oggend moes ek eers 9uur aanmeld. Ek kry eintlik skaam om te sê dat die nuwe werk net 10minute se busry van ons woonstel af is. So bietjie nuut met die hele bus-ding het ek 8:20 gedink ek sal nooit betyds 'n bus kry nie. 8:32 laai die bus met ligreeling my 'n blok van die kantoor af.
Dit gaan goed by die nuwe plek. Ek het geen idee wat ek doen nie en dis blykbaar 'ok'. Ek was vir ten minste die eerste vyf 'training' sessies nie seker wat ek nou eintlik hoef te weet van die sagteware nie, dit terwyl ek sukkel om my oë oop te hou deur die langdradige verduidelikings. Ek weet nou dat my werk eintlik is om alles te weet. lol. Almal is baie vriendelik (en ontspanne). By my ou werk het niemand jou naam geleer voordat jy die eerste 3 maande oorleef het nie. Dis ook 'n nuwe kultuur om aan gewoond te raak. Blykbaar is dit nie gewoon om 'n uur 'lunch' te hê nie, dis net 30 minute?! En toe Jeanelle sê ek moet jelly-babies koop en hulle eet om wakker te bly deur die 'training', het ek gesoek vir 'n pakkie wat in my sak pas. Toe ek vir Jeanelle (my barometer vir sosiale aanvaarbare gedrag) vra hoe dit aanvaarbaar is om is 'training' te sit en kou, (kon ek hoor hoe haar oë rol en) vind ek uit dat ek dit met almal moet deel!?! Wel die pakkie in my sak was heeltemal te klein om te deel. (Defnitief nie die "Look what I brought us for the training."- pakkie nie)
Jelly lekkers hou glo jou suikervlakke hoog.
Kry net genoeg vir almal.
Daar was skaars tyd vir 'jelly babies' tussen die koek en roomys wat hulle in die kantoor uitgedeel het. Die vorige werk kan nogals hier 'n paar goed leer as dit kom by werksmotivering en spangees.
Ek was veronderstel om my eie e-pos op te stel. Ek het gedink niemand stuur vir my e-pos nie. Dit was eers toe ek vanoggend (Donderdag 11:00) my rekenaar 'reset' dat ek besef daar is iets fout met my 'setup'. (Ja, daar is nie 'n IT span wat jou kom help as jy in 'Support' werk nie. lol) Daar is (en was) byna elke 10 minute 'n e-pos en ek is nou weer in die 'loop'. Ek het darem ook 'n 'invite' na 'n vergadering vir volgende week gekry, so ek neem aan dat ek minstens tot dan werk het. lol

Dis môre 'casual Friday' ook iets vreemds as jy uit verkope kom. Ek kan sommer voel hoe my hare begin terug groei. :-)

Ons is nou in die 32ste week van swangerskap. Dit was Woensdag die tweede 'Antenatal'-klas (gebreide uterus en al) en ek is bevrees dit raak nie beter nie. Die video aan die einde was so 'n skok dat ek nie kan onthou waaroor die res van die klas gegaan het nie. O ja, posisies (vir kraam) en die rol van die 'support person'(dis nou ek). Dis presies die teenoorgestelde van alles wat 'n mens in flieks of die tv sien. Die videos wat ons in die klasse kyk, laat die gewilde tv-reeks 'nine-one-one' se kraamgevalle soos 'n piekniek agter in 'n 'yellow cab' lyk. My rol is basies: gee bystand maar bly stil en moenie te veel vrae vra nie.
Volgende week gaan oor pyn behandeling. :-|

Liefde en groete

Johann




Friday, 23 November 2012

Breaking Dawn

Dit kan die swangerskap of  die 'stres' van verkope of my agterstallige blog wees, maar ek word nogals vinnig bles die laaste ruk. Dis seker dié dat ek nie hare wil aanmoedig om op ander plekke te groei nie en daarom ondersteun ek Movember maar neem nie self daaraan deel nie. By Jeanelle se werk het iemand 'n e-pos aangestuur wat $50 offer vir die persoon wat 'n 'monkeytail' snor, in hulle kantoor, vir Movember sal groei. Die bedrag het binne 'n dag tot meer as $500 gegroei as gevolg van mense wat aangebied het om tot die boerpot by te dra. lol
themonkeytail.com
Hierdie week se blog (17 - 23 November) is betyds en hopelik is daar nog iemand wat dit lees. :-)

Ek was gou Saterdag vir 'n uur of twee na 'n kolega se verjaarsdagpartydjie. Dit moes 14:00 begin, maar teen 14:10 was ek nog die enigste persoon daar. Hy bedien toe solank vir my 'n glas van sy tuisgemaakte bier. Dit het my laat terug dink aan die keer toe ek self bier in my ma se kombuis en yskas gebrou het. lol
Hy het duidelik nie 'n ma of 'n vrou nie. Ek het eers na die eerste glas gesien waar hy dit brou. Hy gebruik 'n ou yskas om die brousel (wat darem in 'n plastiese emmer is) warm en donker te hou. Nodeloos om te sê dat die binnekant van die yskas heeltemal gemuf is en 'n redelike klankie deur sy kommune stuur elke keer as hy die yskas/broukas se deur oop maak. (My ma sou haar bewussyn verloor het as sy dit gesien het) Die bier was nie sleg nie, maar ek sou verkies om nie te weet waar dit vandaan gekom het nie.

Ek het dit oorleef en Maandag was ek weer op kantoor. (Nie heeltemal opgewonde nie, want ek wou al Vrydag bedank het.) Daar was geen nuus nie en ek moes weer vir 3 ure 'cold-calling' doen (60 - 80 oproepe) om afsprake te probeer kry wat ek elkgeval nie self sou kon bywoon nie. (This is my happy face :-| )
Eers Maandag aand, na 'n hele (ekstra) dag se werk, het ek my aanbod gekry. Dinsdag oggend was ek vroeg op kantoor om te bedank. Dit was tyd vir "Four Seasons" se "final check-out". Toe ek uit die sales-baas se kantoor kom kyk my kolega, wat langs my sit my verskrik aan. Hy wys my 'n koevert waarop hy die bestuurder se naam op geskryf het. Dit maak eers nie vir my sin nie, omdat dit lyk soos 'n koevert wat hy saam met 'n boks kerskaartjies gekry het ('So much for DL size'), maar toe verduidelik hy dat hy ook vanplan is om daai selfde dag te bedank. Ek voel bietjie ('n baie klein bietjie) sleg om deel van so 'n massa eksodus te wees. Hy het gelukkig gewag totdat ek uit die kantoor is. lol

Ons antenatal klasse het Woensdagaand begin. Dis maar 'n ongemaklike storie as so 'n klomp mense uit verskillende omstandighede, met een ding in gemeen (almal is swanger), bymekaar gegooi word. ("This will be your friends!" :-) ) (Ai. Dink ek toon ernstige anti-sosiale neigings.) Ons het in die eerste klas net die geboorte proses behandel en 'n paar videos van gewone geboortes gesien. Hulle gebruik nou nie juis modelle/akteurs in die videos om die proses te romantiseer nie. Op een stadium kyk ons na die res van die klas en almal sit verskrik en kyk na die video met hulle hande oor hulle monde (en oë). Ons het baie geleer. (Gebreide uterus en al.) Ek dink dit is die ideale klas om jou tiener dogters heen te vat. Vir tiener seuns sal ek voorstel dat hulle die 'budget' uit werk. lol.

Ek begin Maandag by die nuwe werk. Dit is net 3km van ons woonstel af. Ek het gedink ek sal maklik te kan fiets ry werk toe, maar toe en die roete probeer toets het was ek reeds stokflou nadat ek net my fiets se wiele gepomp het. Na twee bulte wat ek moes uit ry, kyk ek op my iPhone waar ek is en sien dat ek net 2 blokke van die straat af is wat voor ons huis verby gaan. Ek ry toe dadelik stasie toe en gaan koop vir my buskaartjies ('n 'travel-ten') sodat ek nie Maandag oggend hoef te sukkel nie. Hierdie fiets ding gaan nog eerd do 'n bietjie kaartwerk en oefening kos.

Gepraat van oefening... Ek het 'n paar weke/maande gelede 'n 'app' ('application'/program) op my foon gelaai wat jou help/aanmoedig om te oefen (Couch-to-5km)... a picture says a thousand words...
Lees wat die mannetjie hier onder sê om te sien waarom ek so gou uitasem raak na 2 bulte met 'n fiets.
Dis nou al baie laat (00:28 Vrydag oggend in Sydney) maar ek moes net my blog op datum kry. Ek en Jeanelle moet môre oggend vroeg (5:30) lughawe toe. Ons gaan bietjie Melbourne toe vir die naweek! ('Timing is everything' maar Jeanelle moet Vrydag, Maandag en Dinsdag in Melbourne wees, toe bied haar werk aan om eerder vir die naweek se hotelverblyf te betaal as 'n ekstra retoer vlug. :-) Ek kom Sondagaand terug om Maandag te begin werk by die nuwe plek.)

Hoop julle het 'n lekker naweek!

Baie Liefde en Groete,

Johann

Friday, 16 November 2012

'n Blye vooruitsig

Ek begin nou al die goed waaroor ek blog onthou, sonder my notas. lol (10 - 16 November):

Hunter Valley Gardens 2012 Kersfees Liggies
Na 'n kord aandjie was ons oppad na die Hunter Vallei (Sydney se wynlande, so 2ure uit die stad) te spandeer. Ons het 'n hele paar landgoede besoek, wyne geproe en gekoop voordat ons liggies by die 'Hunter Valley Gardens' gaan kyk het. Sémillon (uitgespreek 'sêmijon') is die druif wat hulle die meeste in die area gebruik vir wyn.

Ma het Sondagoggend gou gehelp sjokoladekoek bak. Hier in Australië het ek nog nie so 'n lekker sjokoladekoek geproe nie. Die naaste aan sjokoladekoek is hier gewoonlik 'mudcake', wat meer soos 'n brownie (of 'n flop) smaak. Ek het ook uitgevind waarom dit nie dieselfde proe as ons net die gewone resep volg nie. (Dis so 'n regte skoonma resep, met die geheim eintlik in die metodes en byvoegings wat amper net so lank soos die oorspronklike resep in my resepteboek is. lol) Ma het ook gehelp om 'n jare oue kombuis stry uit die weg te ruim; ek en Jeanelle het tot 'n vergelyk gekom en altyd een ma se koek resep en die ander ma se versiersuiker resep gebruik. Nou blyk dit dat die versiersuiker (na al die byvoegings) een en dieselfde resep is!? (Die koek is nog 'n probleem want almal dink hulle eie ma se koek is die lekkerste.) :-)
Die middag het ons gaan 'Ferry'-ry na Manly se strand en dit ook perfek uitgewerk dat ons op die regte 'ferry' terug ry om die beste sonsondergang in Sydney te kan sien.
Al die ander mense op die 'ferry' wou dieselfde uitsig afneem...
Die uitsig vanaf die Manly 'Ferry' met sonsondergang.
Maandag was ek en Jeanelle met vakansie en het 'n laaste bietjie inkopies en kuier ingepas so tussen die pak deur en na net 5 en 'n halwe ure se slaap was dit tyd om totsiens te sê vir ma na 'n heerlike kuier.

Ek is nou effens dankbaar dat ek nie sommer net bedank het nie en eerder deur die pynlike proses gegaan het om by my werk vir verlof aansoek te doen. Ons moes albei gaan werk na die kort aandjie(al die aandjies tydens die kuier was maar kort). Jeanelle het haarself in haar middagete breuk self wakker gesnork en ek het self van 15:00 af net papiere op my lessenaar rond geskyf tot huistoe-gaan-tyd. Ek het darem van die 'recruiter' gehoor na my maraton onderhoud van verlede week; daar was oorspronklik twee poste, maar hulle het ongelukkig besluit om twee ander mense met meer verkoops erfaring aan te stel. Maar hulle hou so van my dat hulle my wel wil aanstel, ek moet net vir 'n vierde onderhoud kom.

Die vierde onderhoud was Woensdag, met 'n man van Indië/Dubai en engels was ook nie sy eerstetaal nie, met die gevolg dat ons mekaar glad nie kon verstaan nie. Nadat ons vir 30 minute gepraat het, het hy 'n vraelys uitgehaal en gesê: "Ok, let us start with the interview. It should take about 1 hour." (Nog 'n uur!? Ek het nog 'n werk, jy weet!) En daar verdedig ek wat ek weet en moet/moes weet en kon/kan doen vir nog 'n uur, vir 'n moontlike 'support' rol.

Ek is trots om te sê dat ons nou 'legal' flieks download om te kyk, maar dit is 'day light robbery' om dit deur die Australië 'iTunes Store' te doen! On 'n voorbeeld te gee: "Grey's Anatomy Seisoen 9" se hele reeks kos hier $69.99 of $3.99 per episode en in die Amerika/Kanada 'iTunes Store' kos dieselfde reeks $39.99 of $2.99 per episode. Dit is een ding om daarvoor te betaal, maar dis nie nodig vir hulle om die hele arm te gryp nie. Te danke aan 'n kontak in Kanada, kon ek 'n geskenkbewys uit Kanada kry(wat my toelaat om deur die Kanadese iTunes winkel te 'download'). Die $50 bewys kos toe net $40! (Dankie Rikus!) Ons kan dalk 'n besigheid begin!?

Teen Donderdag middag het ek net begin dink ek gaan nooit weer van die onderhoud hoor nie, toe die 'recruiter' my bel. Hulle gaan gaan my nie vir die support rol aanstel nie, maar hulle hou van my en wil my graag aanstel!

Vrydag het ek nog eers gou 'n paar verkope gedoen. Ek wag nog vir die aanstellings brief.

Gepraat van verwag en volgende week; ons gaan ook Woensdag 21 November vir ons 'Antenatal' klasse.
(Verduideliking vanaf Wiktionary: ""From Latin ante (“before”) + Latin nātālis (“natal”), from nāscor (“to be born”)")

Liefde en Groete

Johann

Friday, 9 November 2012

Is dit jou finale antwoord?

Ma se toer van Sydney het voortgegaan hierdie week ( 3 - 9 November 2012) met 'n besoek aan Watsons Bay se Doyles (wat is soos ons Mariners Wharf) oor die naweek.

Maandag(5de November) was my 3de onderhoud by 'n maatskappy wat net 3km (te fiets) van ons woonstel af is. Die feit dat ek verlede week Maandag en Vrydag vakansie gehad het, het vir my die bynaam "Four Seasons" by die werk gekry. (Hulle sê ek 'check' net in en uit wanneer ek wil. lol) Tussen die onderhouse moes ek nogsteeds besig lyk en ek het soos iets met hondsdolheid rond gehardloop sodat niemand onraad vermoed wanneer ek vir 'n uur by 'n onderhoud is nie. Gelukkig vir my is die onderhoud in my verkoops area, so 'wat ek daar maak' is maklik om te verduidelik(sou iemand vra). Ons het Maandagmiddae altyd 'n vergadering wat 17:00 begin. Ek is die oggend ingelig dat die onderhoud dalk 'n toets ook kon insluit, maar niks kon my voorberei vir die 1uur en 45 minute onderhoud nie. Dit het geeindig toe die bestuurder, met wie ek die onderhoud het, vir my die aanleg toets gee en sê ek het 20 minute. (Toe was dit reeds 16:25 en ek het nog ten minste 20 minute nodig gehad om by die kantoor te kom. Maar dit was vir 'n goeie saak.) Die toets was belaglik! Dit toets induktiewe redenering, vooroordele en rekeningkundige kennis.  Daar was meervuldige keuse vrae oor 'wat is die volgende figuur in die reeks?
Soortgelyke vraag as die in my onderhoud.
(Dis seker B vir die wat wonder.)
(Regtig, 'n mens wil nie 16:30 na 'n lang dag se werk en, op daardie stadium, reeds 1.5 ure lange onderhoud, met sulke goed sukkel nie.) Verder was daar ook raaisels:
'n Seun en sy pa is in 'n motor ongeluk waarin die seun se pa oorlede is. Hy word na die hospitaal gejaag, maar in die operasiekamer sê die dokter: "Jammer ek kan nie aan hom opereer nie, want hy is my seun." Hoe is dit moontlik? (Niemand is aangeneem nie.)
Ek moet erken dat ek hierdie antwoord self 'blank' moes los. Na 'n bietjie 'google' het ek geleer dat die dokter (heel logies) die seun se ma was.

Jy kom by 'n busstop met jou motor wat net 2 sitplekke het. Daar is drie mense wat vir die bus wag: Jou beste vriend wat al jou lewe gered het, die perfekte 'partner' waarvan jy nog altyd gedroom het en 'n ou tannie wat lyk of sy op haar laaste is. Wie laai jy in? (Leidraad: Almal kan gelukkig wees!)
...Jy stuur jou vriend om die tannie te gaan aflaai en wag saam met die perfekte 'partner' vir die bus natuurlik. :-)

3. Die ander een het gevra hoe 'n baba uit 'n 20 verdieping gebou kan val en oorleef...

Hier is ander laterale denk toetse wat jou vooroordele toets, met leidrade en antwoorde. (Ek het gedink die vrae lyk bekend en sien nou dat hulle vir my vrae 1, 2, 3, 4 en 6 gevra het.) As ek na die antwoorde kyk het ek net die een met die kar reg geantwoord. :-)

Dan was daar 'n reeks vrae oor rekeningkunde. Ek was baie goed in rekeningkunde. Tot in graad 12! Dit was byna 12 jaar gelede en in Afrikaans. Ek het verseker nie die 'watter joernale word geraak deur die volgende transaksie?'-vrae reg beantwoord nie. (Ek weet hoe dit werk, maar ek gebruik nou net van die kredietkaart.) Ek het gedoen wat ek kon en omgekyk en vir die man gesê dat ek ongelukkig nie tyd het vir die langer vrae nie, want as hy nie vir my die werk gee nie, moet ek nog probeer om op een of ander manier my huidige werk behou (wat 20 minute ver is) maar wat my oor 10 minute verwag. lol.

Dinsdag en Woensdag (het ek verlof gehad) om 'n bietjie saam met my ma tyd te spandeer. Ons het die Melbourne Cup ('n Perdewedren wat die hele Australië tot stilstand bring en waarvoor daar spesiaal 'n vakansiedag in die staat Victoria, waarvan Melbourne die hoofstad is, is) heeltemal misgeloop. Ons was by KrispyKreme se 'doughnut' fabriek, die Pyrex factory store,  'Establishment 218' ('n groot slaghuis), IKEA....
Binne IKEA; elke boks het 'n meubelstuk in.
... waarna ons vir Jeanelle opgelaai het en toe na 'n opvoering by die Opera Huis gaan kyk en die aand met koffie en nagereg afgesluit by Guillaume at bennelong (een van Sydney se spog restaurante binne in die Sydney Opera Huis).

Woensdag het ons die Sydney vismark besoek en salmon gekoop om die aand te braai.
Sydney Fish Market

Donderdag moes Jeanelle vir 'n 2 ure glukose toets gaan, waarvoor sy vastend moes bly voordat hulle vir  haar 'n soet oplossing gegee het om te drink en toe 3 keer, op die uur, bloed moes trek om haar glukosevlakke te toets. Wenresep vir naar word, maar gelukkig het sy nie, want dan moes die toets oor gedoen word. Om daarvan te help vergeet, het sy en ma daarna vir 'pedicures' gegaan. Net voor ma gedink het die week was besig genoeg, was hulle ook Vrydag na Featherdale natuurpark, om na die  ongewone diere wat in Australië te vinde is, te kyk.

Al die plekke waar ek vir onderhoude was het gesê dat hulle my teen Vrydag sou laat weet, maar ek het niks gehoor nie.
Dit is ma Annalie se laaste naweek van die besoek en ons wil bietjie die naweek uit die stad kom, met 'n besoek aan die Hunter Vallei wynlande.

Ons het ook ons kersboom opgeslaan!

Liefde en Groete

Johann



Friday, 2 November 2012

Johann is nie dood nie...

Ek is nie dood nie, ek het net gewag vir 'n tyd waarin ek kan opvang met al die weke (3 - 20 November) wat ek nou agter is. Die tyd is nou hier, maar laat ek nie nou die punchline weg gee nie...Kom ons begin waar ek laas gelos het:
(26 Oktober - 2 Novebmer)
Ek kan nie glo Ma Ananlie is nou al 'n week hier in Sydney nie. Die tyd gaan so gou verby! En daar is so baie wat ons wil deel dat daar skaars tyd is vir net lekker kuier en opvang, tussen die gejaag, maar dis darem lekker gejaag.
Verlede Vrydag (Dis nou 26 Oktober vir die wat soos ek ook nou al 'n almanak moet raadpleeg oor die blog so agterwee gebly het) het Jeanelle vir Ma Annalie gaan haal en toe vir my by die werk. Ons karretjie was stampvol gelaai met al die bagasie! 'n Groot tas, 'n masiewe sak en handbagasie wat verseker meer was as die toegelate 7kg. Die hulpvaardige SAA beampte wat my ma se bagasie inge'check' het, het gereken dat hy haar byna R6000 moes vra vir die ekstra bagasie maar dit vir net R1000 gedoen het. Heeltemal stomgeslaan deur die man se barmhartigheid gee sy toe vir die seun 'n R100 in die hand om hom te bedank vir sy goeie daad. "Nee," reken hy, "Hier is kammeras. Kom 7uur terug en maak dit sommer R700 want ek het jou baie gespaar." ?!? (Dit was nie as 'n bribe bedoel nie! So, toe kry hy niks.)

Dankie vir al die geskenke!! Ons waardeer dit verskriklik baie dat julle aan ons dink! Ons is baie bly hulle het ma nie by 'customs' gevra om die tasse uit te pak nie, want "Border Patrol" sou verseker dit wou afneem. Ma se bagasie was alles ge-'vacuum seal' om spasie te bespaar (sodat die ander mense op die vliegtuig ook tasse kon saamvat). Hulle sou vir haar 'n paar swartsakke moes gee om alles weer in te sit, want dit sou nooit weer terug gepas het in die tasse nie.

Ek het in totaal vir net 5 dae verlof gevra oor twee en 'n half weke en dit is "relatief" maklik goedgekeur, omdat ek die papierwerk vir 'n redelike groot masjien saam met my verlof-aansoek ingedien het. Die masjien het ek verkoop aan iemand wat lank terug gesê het dat hulle nie belang stel nie en ek het sommer net na 'n onderhoud gou daar ingehardloop om my tyd en ligging te regverdig as iemand vra, toe koop hulle sommer hierdie keer een. Dis verbasend hoeveel makliker dit is om iets te verkoop as jy nie regtig omgee of dit verkoop of nie, want as ek nie 'ge-fire' word nie, is ek in elkgeval van plan om te bedank. Ek het my verhoging en my verlof (hoewel heeltemal te kort) is goedgekeur, so ek kan nou net nie 'n "I Quit!"-bedanking regverdig nie. Ek is nou al goed daarin om besig te lyk.
Julle moet duime vashou! Ek was al vir drie tweede onderhoude en almal moet hierdie week besluit. Dit sou nou lekker gewees het as hulle vroëer kon besluit, want dan kan ek bedank en die heel week saam met my ma spandeer.
Toe ek vroëer hierdie week vir die een plek vra of daar nie terugvoer is van die vorige onderhoud nie, toe kry ek 'n boodskap: "...die terugvoer was baie positief. Die onderhoud met die ander vrou sal bietjie meer indiepte wees en ek moet maar solank aan voorbeelde dink wat bewys dat ek aan die vereistes van die rol voldoen...." Gelukkig volg ek Woensdag op, want sy het glo vergeet om my vir die Vrydag se "tweede onderhoud" te nooi. (Dit het goed gegaan.) Maandag het ek 'n finale onderhoud by die een plek en hopelik Dinsdag by een van die ander. Interessante tye, maar tussendeur moet ek nog my huidige werk doen/hou. (lol)...(Met 'hind sight' kan ek nou sê dit het toe nou nie so goed gegaan nie. :-) Die 'dealbreaker' kon gewees het toe die vrou my vra: "How long did you study?", maar hulle het toe iemand met 7 jaar ervaring in 'distribution' aangestel. 'Fair enough!')

Genoeg oor myself.

Ons het verlede naweek omtrent 'n 'information overload' op ma gedoen met alles wat ons wou wys en vertel. Dink ma was doodmoeg (met nog 'jetlag' daarby, maar slaap was laag op die agenda). Ons toer het hierdie week ondermeer Ontbyt by 'Kitchen by Mike' ('n 'rustic' koffie winkel/restaurant wat nou 'n gereelde insluiting in ons Sydney toer geword het), die Sydney Tower (330m hoog. Ma het 'n paar poskaarte gekoop wat sy doorbo by die 'hoogste posbus' in Sydney wou pos, maar...toe is die seëls uitverkoop. lol), 'n besoek aan die flieks (dit gaan meer oor die 5 liter popcorn), die Apple Store ('n ware landmerk :-) ), Botaniese tuine, Sydney Opera Huis, Bondi Beach, High tea by Hyatt Hotel, Hyde Park, Chatswood, Indiese 'take-away' in 'n 'North Sydney' park en baie winkels (QVB, Myer, David Jones, Woolworths, KMart, BigW, T2 ....die lys gaan aan) ingesluit. (Meer fotos van die hele kuier op Facebook)

Ma Annalie aankoms in Sydney
Maak nie regtig saak hoe goed of sleg die fliek is
as 'n mens 'n 5 liter pop-corn emmer het nie!

Tee by T2 saam met Ma Annalie
 Dit was heerlik om net weer bietjie saam te kan tee drink. :-) Volgende week is dit die 3de onderhoud by een van die moontlikhede en ek het die Dinsdag en Woensdag vakansie.

Liefde en Groete
Johann

Thursday, 25 October 2012

In die sweet van jou aangesig

Ek het die Saterdag soos 'n bediende gewerk. Daar is mos nie bediendes in Australië nie. Ons was, stryk, stofsuig, vou op, stof af en mop self. Dit was die laaste naweek voor Ma Annalie kom kuier en daar is behoorlik skoon gemaak. (Ligskerms is nou binne en buite skoon en die mat is bo en onder gestofsuig!) Die woonstel is nou baie skoon en netjies (soos altyd :-) ). Ons was Saterdag middag 16:00 nog in ons nagklere, besig om vloere te skrop en nuwe slope oor die kussings te trek.

 Na die lang dag se sloof, het ons 'n fliek gaan kyk,"The Intouchables". Ek sou dit nie genoem het as dit nie 'n besonderse fliek was nie. Die onderskrifte het nie gepla nie en dit is nie 'n tranetrekker nie. Dis 'n ware goed-voel-fliek waarin jy nie vooraf reeds weet wat gaan gebeur nie en ontspanne, met 'n glimlag, uit die teater stap.



Dis geen geheim dat ek 'n relatiewe konserwatiewe kerk verkies nie. (Nou nie heel Dopper nie, maar niks meer liberaal as die liedboek met orrelspel nie.) Dis ook dan dié dat my vrou vir my 'n kalmeerpilletjie oorweeg het toe sy hoor ons is genooi na vriende se doop (van hul babaseun, nie hulself nie) by die 'Hillsong' kerk. (Dis glo moontlik om dit op dstv te kyk, maar moenie wakkerbly om ons te probeer sien nie, want die kamera is gewoonlik net op die mense met hulle hande in die lug....maar ek gaan myself nou vooruit.)
Dit het soos net voor 'n rugbywedstryd gelyk. Daar is 'n springkasteel vir die kinders, koffiestalletjies, spookasemstalletjies, (amper soos in 'n temapark) verskeie verversing stalletjies. Jy kan t-hemde en kepse koop en dvds en boeke...
Noag-se-ark-springkasteel

30 minute voor die diens

Die konsert
Ongeveer 21000 mense woon die dienste elke naweek by.
Die diens bestaan basies uit drie dele: 'n paar energiebelaaide liedjies gelei deur die 'entertainers' om almal in 'n redelike trans in te werk, 'n pastoor wat 'n paar stories vertel met aanhalings uit die bybel en dan weer die 'entertainers' wat seker is dat almal, na 'n liedjie of twee, in goeie stemming verdaag. Die entertainers sluit 8 of 10 sangers, saam met 'n koor, en 'n hele klomp instrumente; 'n viool, kitare en minstens twee dromstelle in. Die doop is ook vervang deur 'n dedication, wat ek nie heel gesnap het nie, maar dit kom glo op dieselfde neer (glo net minder konserwatief volgens die pastoor!?).
Die hele opset het my 'n bietjie aan die "Apple-store" laat dink. Jy kan sien dat hier baie mense saam werk. (of die persoon op die verhoog wat spontaan begin huil het vooraf beplan was sal ons nooit weet nie.) Hierdie kerk is nie sommer sonder baie beplanning begin nie. Daar is verskillende afdelings vir verskillende ouderdomsgroepe en honderde mense wat help om die hele organisasie te laat werk, seker minstens 4-6 kamera manne, mense vir die beligting en die klank, mense wat na die tyd bybels uitdeel, mense wat al die stalletjies en 'kiosks' beman, mense wat na die kinders in die verskillende kinderkerke kyk van 0 jaar tot 25 ....
(Different strokes for different folks) Tien uit tien vir hulle, dat hulle mense na die kerk toe lok en 'n goeie boodskap verkondig. Ek kan sien hoe hulle nuwe mense lok/'convert' met hulle metodes en ek is baie bly vir hulle. Ek persoonlik verkies 'n rustiger atmosfeer en 'n dieper boodskap, maar ek sal erken dat dit werklik 'n belewenis was en dat ons kerk (wat sukkel om 2 naweke in 'n ry meer as 6 mense te trek) baie by Hillsong kan leer. Alles hoef nie altyd net doom en gloom te wees nie, daar is ook plek vir 'n blye boodskap!

Woensdag was ek vir 'n onderhoud. Ek stap toe sommer uit die onderhoud uit en in 'n onbeplande afspraak (wat ek op my dagboek gesit het om my roete te regverdig) en verkoop 'n masjien. ;-)  Ons wag nog vir terugvoer en moontlike uitnodigings na opvolg onderhoude.
Die agent wat moet help met ons PR aansoek is besig om dinge te oorkompliseer en daar is so bietjie twis tussen Jeanelle se maatskappy en die agent. Dit lyk tans of hulle voorlopig vir nuwe 457 visums gaan aansoek doen terwyl hulle met 'n ander agent onderhandel. (Ai!) Met 'n 457 visum word jy, in sommige situasies, amper soos 'n 'asylum seeker' behandel. lol
Goeie nuus is dat die nuwe agent glo meer as die helfte goedkoper gaan wees.

My graad het in die pos gekom en net 'n foto op Jeanelle se 'facebook' het 22'Likes' en 11'Comments' gehad na 2 dae. Dit verbaas my soms dat ek die einaardigste foto kan publiseer en geen reaksie op 'facebook' kry nie, maar dat ander mense dan honderde 'likes' en 'comments' kan kry nadat hulle iets breindood 'post' soos "Ek wonder oor mense"(Regtig, jy ook? Kom oor dit en beweeg aan!) "nie weer nie" (unfriend...'click') of net "sug..." (wtf!?)

My 2 dae verlof vir volgende week is met 'n groot gesug en lang gesigte goedgekeer (net-net te min om te bedank), maar hulle sal nog my ander 3 dae vir die week daarop bespreek. ("Maak so! En laat my sommer weet as dit nie reg is nie!" Verlof is mos 'n moerse guns in my maatskappy. Een van die dae gaan hulle dit elkgeval aan my moet uitbetaal.)
Alles is gereed vir Ma Annalie se kuier. Die kar is gewas en gestofsuig. Ons hoop net hulle laat haar op die vliegtuig toe met al die bagasie. :-) Gelukkig kan die Yaris se sitplekke platslaan.

Liefde en Groete

Johann

Quietly milking the system

(13-19 Oktober) Ons het al ons wintersklere en die klere wat nie meer pas (want ons is swanger) ge-'vacuum-pack'. Daar is nou sommer baie meer plek in ons kaste. Sondag het ons gou 'n 'brunch' ingepas saam met ons Afrikaanse vriende (wat ampertjies 'n goeie vriendskap opgevoeter het deur my alleen na die Engelse kerkdiens te laat gaan. Jeanelle moes gou nog 'n paar laaste-minuut-goed doen en het my alleen laat gaan. Die vriende het gelukkig (10 minute laat, maar wel) opgedaag. Eerder laat as nooit.) Na 'brunch' by Kitchen-by-Mike is Jeanelle vir die tweede-laaste keer, voor klein Diffie se geboorte, Auckland toe.

Dinsdag was dit D-Dag vir salarisse en (reg vir baklei) het ek dadelik toe ek by die kantoor aankom, op my internet bankdiens ingeteken. Ons maatskappy sal nooit 'n prysverhoging vergeet nie en dit het al gebeur dat 'n maatskappy al hulle eerste rekening kry, voordat hulle, hulle masjien ontvang het. En daar is dit; die geld in my rekening, verhoging en al. Die wind was so uit my seile gehaal dat ek amper iets anders gesoek het om oor te baklei. Dalk moes ek sommer toe vir verlof gevra het. :-)

Die week het gevoel of dit in "slow-motion" verby gaan.
Ek het 3 telefoon onderhoude gehad (die eerste sommer Maandag uit Kanada) en twee in persoon. Ek het baie skuldig gevoel om in werkstyd vir onderhoude te gaan en ek het gewoonlik die res van die dag soos 'n besetende gewerk sodat ek iets kon wys ingeval my bestuurder vra waar ek was.

Ek sal in die volgende blog meer vertel van ons 'doop' by die Hillsong kerk, maar nou eers 'n kykie na van die 'gadgets' wat ons op die internet bestel het.
Nappy Champ: Ja, doeke het glo hulle eie asblik nodig. Anders as meeste ander doek-asblikke op die mark, kan jy hierdie een saam met enige sakke gebruik en daar is glo plek vir 'n week se doeke. :-) (Baie van die ander vervaardigers vereis dat jy hulle spesiale sakke koop, wat glo 'n duur storie raak.)  Dankie vir die goeie raad, Naomi! 

'n Puj badjie: Gemaak van 'n tipe sagte-rubber wat in meeste wasbakke pas. Die beste deel is dat wasbakke gewoonlik 'n gemaklike hoogte is en dat jy nie na die tyd met 'n bekertjie die water uit 'n groot bad, wat te swaar is om op te tel, hoef te skep nie.

Die Puj badjie vou ook plat op en absorbeer geen water nie, so die badjie kan na gebruik afgevee en gestoor word.

'n Infra-rooi termometer: Kan temperatuur oombliklik neem, sonder aanraking. (Nee, die mat is nie 36.6ºC nie.)

Tommee Tippee/Closer to Nature babamonitor: Om die outjie te sien en te hoor. Die monitor sluit 'n afstandbeheerde kamera, kamer termometer, bewegings/asemhalings monitor vir onder die matras en 'n nagliggie in.

Die Nuwe Quinny Zapp Xtra - (With Folding Seat): Stoor gemaklik
in sy eie dra-sak.

iPhone...by die stootwaentjie: net om te wys hoe klein die waentjie opvou. Ja, hierdie waentjie pas selfs in die Yaris se kattebak.

In 3 maklike stappe is die waentjie opgeslaan en reg vir ry. Ons oefen nog om die waentjie vinnig en sonder moeite op en af te slaan, soos dit nuwe ouers betaam.
Die blog is 'n bietjie agterstallig as gevolg van die bedrywige naweek, maar ek hoop julle het 'n lekker week gehad. Die volgende blog is ook alreeds oppad.

Liefde en Groete

Johann





Saturday, 13 October 2012

'n Gejaag na wind 2

Verlede Saterdag het Jeanelle 'n High Tea by Sydney se Park Hyatt hotel gehad.
Uitsig vanaf die Sydney Park Hyatt se restaurant.
(Dit is nie Photoshop nie)
Terwyl die vrouens besig was met koek en tee, het ek saam met 'n vriend gaan bier drink by die "Heritage Belgian Beer Cafe" en die aand was heeltemal te gou verby.
Heritage Belgian Beer Cafe
Die uitstappies het ons gehelp om van die vorige week te vergeet en bietjie te ontspan. Sondag was ek bietjie ongewild want ek het hoofsaaklik aan my nuwe CV gewerk (met al die veranderings, weglatings, insluitings en korreksies soos aanbeveel). Dit vat nogals 'n ruk om alles wat mens wil sê te kondenseer in 'n paar sinne, eerder as die klein 'font' en volledige gebruik van papier, kolomme en 'text-boxes' in my vorige weergawe. Dit het nie gehelp dat die horlosies met 'n uur vorentoe gestel word nie. (Nou 9ure verskil met SA.)

Maandag oggend moes Jeanelle vroeg by die lughawe wees.
Dinsdag oggend moes die kar vroeg ingevat word voor werk.
Woensdag oggend moes ons vroeg ry want Jeanelle moes by die kantoor afgelaai word voor ek gaan werk.
Donderdag oggend moes ek ekstra vroeg by die kantoor wees vir 'training'.
Vrydag was bietjie rustiger met Jeanelle wat my by die werk afgelaai het want sy het die kar nodig gehad, maar oggende was propvol hierdie week. ('n Naweek, om te herlaai, is reeds kort en dit het nie gehelp dat verlede naweek nog 'n uur korter was nie).

Ons doeke-asblik het opgedaag, saam met 'n paar wipes wat op 'n spesiale aanbod was. (Nou nie juis iets wat ons kan uittoets voor die tyd nie.)
Ons laai ons klein pakkie op by '24 Hour Parcel Pick Up'
Jeffrey (die Yaris) moes Dinsdag ingaan vir 'n diens (hier moet jy jou kar elke 10000km of 6 maande diens). Die kar is nog onder waarborg en ons dienste is ge-'cap' op $160, maar dit was nie 5minute na ek by Toyota weg is nie toe kry ek 'n oproep: Wil ek nie die injectors en cylinder-heads laat skoonmaak nie? Dis net $99 ekstra. "Hoekom, is daar iets fout?" vra ek. "Nee, hulle stel voor dat jy dit glo elke 10000km doen."(Regtig?) "Hoekom?" "Nee, dit keer dat daar build-up in die enjin vorm en dit verlaag brandstof verbruik." (Regtig. Seun, die kar is 1 jaar oud met 20000km en dis boonop 'n Yaris. Hoe laag wil jy die brandstof verbruik hê?) Ek kan dalk nou nie self 'n kar se enjin bou nie (hoewel ek seker is dat ek dit 'n goeie 'go' kan/sal gee) maar ek weet genoeg om te weet as ek vir 'n 'ride' gevat word! Hulle het dit toe nie gedoen nie en ook nie eens my kar gewas nie. (Ek wag dat iemand my email/bel om te hoor of ek tevrede was.)

My CV is deur al die proeflees en veranderings eers teen Woensdag reg gewees vir uitstuur. Ek was baie trots op die verbetering. (Selfde loopbaan, net 'n ander verpakking.) Dit is eers toe ek die 'Word' weergawe vir my Afrikaanse vriend (wat in 'recruitment' is) stuur dat hy my daarop wys dat daar nog van Jeanelle se 'comments' en track changes in is. (Oeps/Fail) Gelukkig het ek die 'Word'-weergawe nog net vir hom gestuur. (Dis nou reg/weg.)

Ek het reeds 'n paar byte gekry met my nuwe CV. (Watch this space.) Ek is by my aanstelling 'n automatiese verhoging belowe na 1 jaar se diens en wag in spanning om te sien of dit realiseer. Ek het ook  al 'n paar navrae van ander mense gekry by die werk wat wou weet of dit gebeur het, want volgens hulle is dit al rede waarom hulle daar bly. Ek wag nog vir hierdie week se salarisstrokie.

Iewers in die gejaagde week het Jeanelle 'n migraine gehad en haar 'wafers' vir naarheid was op en pille wou nie af bly nie. Ons het nooit die tydelike-genikoloog gevra vir 'n voorskrif nie, want ons was te verwonderd met sy tekort van kennis aangaande die 'scan masjien'. (Ons wonder nou nog of hy regtig 'n dokter was.) Met 'n vinnige(lol) besoek aan die 'Emergency Room' het hulle gelukkig vir ons 'n 'wafer' kon gee terwyl ons saam met 'n lang ry mens vir aandag sit en wag het.
Die mense kan baie bly wees ek is nie 'n 'triage-nurse' nie. Babas word eerste gehelp. Een vrou daag daar op met haar baba omdat hy glo 'irritated' is. (Regtig? Het jy die hele dag gewag totdat al die dokters toe is? Die kind lyk elkgeval vir my baie vriendelik en gesond. Sy soek sommer aandag!) Ek is lekker vinnig om te praat, maar daar was ten minste 2 ander 'couples' waar die man, na 'n lang dag se werk, by die huis aankom om sy vrou met kringe onder die oë te kry met 'n lang lys van moontlike kwale en redes waarom die kind stout is en dan gaan die hele gesinnetjie moedeloos vir 'n uitstappie hospitaal toe om te hoor of daar iets fout is met hulle kind, wat vrolik rondhardloop in die wagkamer. Ek was onder die indruk dat noodgevalle daar is vir mense met kwale/toestande wat nie tot môre kan wag nie. Een vrou sit al vir 5 ure en wag vir 'n bed, want sy dink sy het appendicitis!? (Jy moes na 'n dokter toe gegaan het 15:00!) As ek die 'triage'-verpleegster was, sou ek eerste die mense met die tweeling gehelp het (want volgens my het sulke mense al die hulp nodig wat hulle kan kry) en daarna die ou oom sonder bene wat daar is vir 'n seer keel of iets (hy het ook al genoeg gelei). Ek sal die hele aand daar kan sit en na die mense kyk. Een vrou sit so 'n voorskootjie aan en ek wonder nog wat gaan sy nou bak, toe is dit net 'n voedings lappie om die bors toe te hou. Sy was nog nie op 'n vlug in Suid Afrika met borsvoedende ma's nie. lol.
Na so 'n uur se wag het ons gesien dat ons nooit gehelp gaan word nie. Die wafer het gewerk en ons is huistoe waar Jeanelle haarself sommer gou reg gedokter het met hoofpynpille wat sy nou kon inhou. :-)

Dit het skielik Vrydag oggend hier begin sneeu op die Blue Mountains (so 150km buite Sydney) en dit is snerpend koud hier (in kontras met sommige dae wat hierdie week al by 35º gedraai het).

Ons groot pakkie/pakkaas het ook hier aangekom uit Amerika uit. Ons moes lughawe toe gaan om dit te gaan haal, omdat ons nie tuis was om dit te ontvang toe hulle dit probeer aflaai het nie.
Ons kry ons pakkie uit VSA uit.
Ons is baie opgewonde om al die 'gadgets' uit te probeer. Meer oor die inhoud van die pakkie in volgende week se blog. (Dis my advertensie! :-) )

Ek sien my vrou dra op al die fotos dieselfde jas, so ons gaan nou eers shop. :-)

Geniet die naweek!

Baie liefde en groete,
Johann