![]() |
Uitsig vanaf die Sydney Park Hyatt se restaurant. (Dit is nie Photoshop nie) |
![]() |
Heritage Belgian Beer Cafe |
Maandag oggend moes Jeanelle vroeg by die lughawe wees.
Dinsdag oggend moes die kar vroeg ingevat word voor werk.
Woensdag oggend moes ons vroeg ry want Jeanelle moes by die kantoor afgelaai word voor ek gaan werk.
Donderdag oggend moes ek ekstra vroeg by die kantoor wees vir 'training'.
Vrydag was bietjie rustiger met Jeanelle wat my by die werk afgelaai het want sy het die kar nodig gehad, maar oggende was propvol hierdie week. ('n Naweek, om te herlaai, is reeds kort en dit het nie gehelp dat verlede naweek nog 'n uur korter was nie).
Ons doeke-asblik het opgedaag, saam met 'n paar wipes wat op 'n spesiale aanbod was. (Nou nie juis iets wat ons kan uittoets voor die tyd nie.)
Ons laai ons klein pakkie op by '24 Hour Parcel Pick Up' |
My CV is deur al die proeflees en veranderings eers teen Woensdag reg gewees vir uitstuur. Ek was baie trots op die verbetering. (Selfde loopbaan, net 'n ander verpakking.) Dit is eers toe ek die 'Word' weergawe vir my Afrikaanse vriend (wat in 'recruitment' is) stuur dat hy my daarop wys dat daar nog van Jeanelle se 'comments' en track changes in is. (Oeps/Fail) Gelukkig het ek die 'Word'-weergawe nog net vir hom gestuur. (Dis nou reg/weg.)
Ek het reeds 'n paar byte gekry met my nuwe CV. (Watch this space.) Ek is by my aanstelling 'n automatiese verhoging belowe na 1 jaar se diens en wag in spanning om te sien of dit realiseer. Ek het ook al 'n paar navrae van ander mense gekry by die werk wat wou weet of dit gebeur het, want volgens hulle is dit al rede waarom hulle daar bly. Ek wag nog vir hierdie week se salarisstrokie.
Iewers in die gejaagde week het Jeanelle 'n migraine gehad en haar 'wafers' vir naarheid was op en pille wou nie af bly nie. Ons het nooit die tydelike-genikoloog gevra vir 'n voorskrif nie, want ons was te verwonderd met sy tekort van kennis aangaande die 'scan masjien'. (Ons wonder nou nog of hy regtig 'n dokter was.) Met 'n vinnige(lol) besoek aan die 'Emergency Room' het hulle gelukkig vir ons 'n 'wafer' kon gee terwyl ons saam met 'n lang ry mens vir aandag sit en wag het.
Die mense kan baie bly wees ek is nie 'n 'triage-nurse' nie. Babas word eerste gehelp. Een vrou daag daar op met haar baba omdat hy glo 'irritated' is. (Regtig? Het jy die hele dag gewag totdat al die dokters toe is? Die kind lyk elkgeval vir my baie vriendelik en gesond. Sy soek sommer aandag!) Ek is lekker vinnig om te praat, maar daar was ten minste 2 ander 'couples' waar die man, na 'n lang dag se werk, by die huis aankom om sy vrou met kringe onder die oë te kry met 'n lang lys van moontlike kwale en redes waarom die kind stout is en dan gaan die hele gesinnetjie moedeloos vir 'n uitstappie hospitaal toe om te hoor of daar iets fout is met hulle kind, wat vrolik rondhardloop in die wagkamer. Ek was onder die indruk dat noodgevalle daar is vir mense met kwale/toestande wat nie tot môre kan wag nie. Een vrou sit al vir 5 ure en wag vir 'n bed, want sy dink sy het appendicitis!? (Jy moes na 'n dokter toe gegaan het 15:00!) As ek die 'triage'-verpleegster was, sou ek eerste die mense met die tweeling gehelp het (want volgens my het sulke mense al die hulp nodig wat hulle kan kry) en daarna die ou oom sonder bene wat daar is vir 'n seer keel of iets (hy het ook al genoeg gelei). Ek sal die hele aand daar kan sit en na die mense kyk. Een vrou sit so 'n voorskootjie aan en ek wonder nog wat gaan sy nou bak, toe is dit net 'n voedings lappie om die bors toe te hou. Sy was nog nie op 'n vlug in Suid Afrika met borsvoedende ma's nie. lol.
Na so 'n uur se wag het ons gesien dat ons nooit gehelp gaan word nie. Die wafer het gewerk en ons is huistoe waar Jeanelle haarself sommer gou reg gedokter het met hoofpynpille wat sy nou kon inhou. :-)
Dit het skielik Vrydag oggend hier begin sneeu op die Blue Mountains (so 150km buite Sydney) en dit is snerpend koud hier (in kontras met sommige dae wat hierdie week al by 35º gedraai het).
Ons groot pakkie/pakkaas het ook hier aangekom uit Amerika uit. Ons moes lughawe toe gaan om dit te gaan haal, omdat ons nie tuis was om dit te ontvang toe hulle dit probeer aflaai het nie.
Ons kry ons pakkie uit VSA uit. |
Ek sien my vrou dra op al die fotos dieselfde jas, so ons gaan nou eers shop. :-)
Geniet die naweek!
Baie liefde en groete,
Johann
No comments:
Post a Comment