Dinsdag was dit D-Dag vir salarisse en (reg vir baklei) het ek dadelik toe ek by die kantoor aankom, op my internet bankdiens ingeteken. Ons maatskappy sal nooit 'n prysverhoging vergeet nie en dit het al gebeur dat 'n maatskappy al hulle eerste rekening kry, voordat hulle, hulle masjien ontvang het. En daar is dit; die geld in my rekening, verhoging en al. Die wind was so uit my seile gehaal dat ek amper iets anders gesoek het om oor te baklei. Dalk moes ek sommer toe vir verlof gevra het. :-)
Die week het gevoel of dit in "slow-motion" verby gaan.
Ek het 3 telefoon onderhoude gehad (die eerste sommer Maandag uit Kanada) en twee in persoon. Ek het baie skuldig gevoel om in werkstyd vir onderhoude te gaan en ek het gewoonlik die res van die dag soos 'n besetende gewerk sodat ek iets kon wys ingeval my bestuurder vra waar ek was.
Ek sal in die volgende blog meer vertel van ons 'doop' by die Hillsong kerk, maar nou eers 'n kykie na van die 'gadgets' wat ons op die internet bestel het.
Die Puj badjie vou ook plat op en absorbeer geen water nie, so die badjie kan na gebruik afgevee en gestoor word. |
'n Infra-rooi termometer: Kan temperatuur oombliklik neem, sonder aanraking. (Nee, die mat is nie 36.6ºC nie.) |
Die Nuwe Quinny Zapp Xtra - (With Folding Seat): Stoor gemaklik in sy eie dra-sak. |
iPhone...by die stootwaentjie: net om te wys hoe klein die waentjie opvou. Ja, hierdie waentjie pas selfs in die Yaris se kattebak. |
In 3 maklike stappe is die waentjie opgeslaan en reg vir ry. Ons oefen nog om die waentjie vinnig en sonder moeite op en af te slaan, soos dit nuwe ouers betaam. |
Die blog is 'n bietjie agterstallig as gevolg van die bedrywige naweek, maar ek hoop julle het 'n lekker week gehad. Die volgende blog is ook alreeds oppad.
Liefde en Groete
Johann
No comments:
Post a Comment