Hunter Valley Gardens 2012 Kersfees Liggies |
Ma het Sondagoggend gou gehelp sjokoladekoek bak. Hier in Australië het ek nog nie so 'n lekker sjokoladekoek geproe nie. Die naaste aan sjokoladekoek is hier gewoonlik 'mudcake', wat meer soos 'n brownie (of 'n flop) smaak. Ek het ook uitgevind waarom dit nie dieselfde proe as ons net die gewone resep volg nie. (Dis so 'n regte skoonma resep, met die geheim eintlik in die metodes en byvoegings wat amper net so lank soos die oorspronklike resep in my resepteboek is. lol) Ma het ook gehelp om 'n jare oue kombuis stry uit die weg te ruim; ek en Jeanelle het tot 'n vergelyk gekom en altyd een ma se koek resep en die ander ma se versiersuiker resep gebruik. Nou blyk dit dat die versiersuiker (na al die byvoegings) een en dieselfde resep is!? (Die koek is nog 'n probleem want almal dink hulle eie ma se koek is die lekkerste.) :-)
Die middag het ons gaan 'Ferry'-ry na Manly se strand en dit ook perfek uitgewerk dat ons op die regte 'ferry' terug ry om die beste sonsondergang in Sydney te kan sien.
Al die ander mense op die 'ferry' wou dieselfde uitsig afneem... |
Die uitsig vanaf die Manly 'Ferry' met sonsondergang. |
Ek is nou effens dankbaar dat ek nie sommer net bedank het nie en eerder deur die pynlike proses gegaan het om by my werk vir verlof aansoek te doen. Ons moes albei gaan werk na die kort aandjie(al die aandjies tydens die kuier was maar kort). Jeanelle het haarself in haar middagete breuk self wakker gesnork en ek het self van 15:00 af net papiere op my lessenaar rond geskyf tot huistoe-gaan-tyd. Ek het darem van die 'recruiter' gehoor na my maraton onderhoud van verlede week; daar was oorspronklik twee poste, maar hulle het ongelukkig besluit om twee ander mense met meer verkoops erfaring aan te stel. Maar hulle hou so van my dat hulle my wel wil aanstel, ek moet net vir 'n vierde onderhoud kom.
Die vierde onderhoud was Woensdag, met 'n man van Indië/Dubai en engels was ook nie sy eerstetaal nie, met die gevolg dat ons mekaar glad nie kon verstaan nie. Nadat ons vir 30 minute gepraat het, het hy 'n vraelys uitgehaal en gesê: "Ok, let us start with the interview. It should take about 1 hour." (Nog 'n uur!? Ek het nog 'n werk, jy weet!) En daar verdedig ek wat ek weet en moet/moes weet en kon/kan doen vir nog 'n uur, vir 'n moontlike 'support' rol.
Ek is trots om te sê dat ons nou 'legal' flieks download om te kyk, maar dit is 'day light robbery' om dit deur die Australië 'iTunes Store' te doen! On 'n voorbeeld te gee: "Grey's Anatomy Seisoen 9" se hele reeks kos hier $69.99 of $3.99 per episode en in die Amerika/Kanada 'iTunes Store' kos dieselfde reeks $39.99 of $2.99 per episode. Dit is een ding om daarvoor te betaal, maar dis nie nodig vir hulle om die hele arm te gryp nie. Te danke aan 'n kontak in Kanada, kon ek 'n geskenkbewys uit Kanada kry(wat my toelaat om deur die Kanadese iTunes winkel te 'download'). Die $50 bewys kos toe net $40! (Dankie Rikus!) Ons kan dalk 'n besigheid begin!?
Teen Donderdag middag het ek net begin dink ek gaan nooit weer van die onderhoud hoor nie, toe die 'recruiter' my bel. Hulle gaan gaan my nie vir die support rol aanstel nie, maar hulle hou van my en wil my graag aanstel!
Vrydag het ek nog eers gou 'n paar verkope gedoen. Ek wag nog vir die aanstellings brief.
Gepraat van verwag en volgende week; ons gaan ook Woensdag 21 November vir ons 'Antenatal' klasse.
(Verduideliking vanaf Wiktionary: ""From Latin ante (“before”) + Latin nātālis (“natal”), from nāscor (“to be born”)")
Liefde en Groete
Johann
No comments:
Post a Comment