Friday, 23 December 2011

Angs, Stres en bietjie vars lug


Saterdag oggend was ek eintlik nog op pad huis toe na die Kers-afsluiting. Daardie tyd van die aand raak die strate bietjie rof, met polisie en ‘bouncers’ wat orde probeer handhaaf. Kom ons sê maar net: “Nothing good happens after 23:00.” Dit het my wel gehelp om te slaap, want wat ek nie geweet het nie is dat ek die res van die naweek seker 50 keer sou droom hoe ek vir die baas verduidelik waarom hy my nie kan afdank nie. Ek het tussen drome, terwyl ek sukkel om te slaap, selfs aan ons nuwe ‘budget’ gewerk, die een sonder my salaris.

Saterdag het Jeanelle ’n vriendin oor genooi om te kom ‘Macaroons’ maak. Dit was baie lekker, daar was gou niks oor om af te neem nie, anders kon ek julle wys.

Die week vantevore het ek die ‘Dopper-Kerk’ belowe dat ons Sondag kerk toe sou kom. Ons het byna vergeet dat Jeanelle ook twee name van ’n kersboom gehaal het by die ander kerk, so ons moes gou Saterdagaand na Kmart gaan. Tien minute voordat hulle toe maak, moes ons ’n geskenk kry vir ’n 3 jarige seun en ’n 5 jarige meisie.
Sondag het Jeanelle met ‘migraine’ wakker geword en eerder as om na elkeen na ’n kerk toe te gaan, het ek toe na albei kerke. Ek het soos Kersvader van kerk na kerk gery om geskenke af te laai. Eers die kinders se geskenke. Dit moes blykbaar al 9 Desember daar gewees het, maar ek het bietjie beter gevoel toe die een diaken sê: “It’s never too late for presents.”

Daarna is ek na die Dopperkerk waar ek vir die tweede keer die week alleen by ’n Kerssangdiens was, gelukkig kon ek hierdie keer die geskenke uitdeel met die regte name op. Ek moes ook vir almal vertel dat ons weg gaan vir Kersfees, omdat ons te sleg gevoel het om die dominee se uitnodiging, om Kersdag saam met hom en sy gesin, in hulle nuwe pastorie, deur te bring, van die hand te wys. Sy arme gesin trek eers 4 dae vroeër, in die nuwe pastorie in en nou nooi hy alreeds mense. Dis ook nie die eintlike rede nie. Dis ongemaklik om ‘’n gesprek met hom te voer. Dis hartseer genoeg om Kersfees vêr van ons familie te wees. Die gedagte van Kersdag saam met die ongemaklike dominee, sal my hartstogtelik laat begin huil.

Maandag, na nog ’n lang onrustige nag, was ek bang dat dit die dag sou wees dat ek gestraf sou word vir die wit leuentjie oor Kersdag. Groot was my verligting toe die ‘sales’-baas ons herinner dat ek en ’n meer ervare verkoopsman aangebied het om die kantoor weer van die 3de Januarie te beman. Dit beteken dat ek, tenminste nog tot die 3de Januarie, werk het. Ek moet bieg dat ek die res van die week maar baie lig geloop het. Later die dag het ek gesien hoe die baas een van die verkoopsmanne inroep wat byna alleen in die kantoor gesit het, terwyl al die ander ervare verkoopsmanne weg was. Ek het hom nie weer gesien nie en later gehoor hy is ge-‘fire’. Ek het besef dat dit beter is om tenminste besig te lyk, of by potensiële kliënte aan te klop, eerder as om in die kantoor te sit, want dan lyk dit vir die baas of jy sukkel. Van Maandagaand af slaap ek weer vas.

Die een 'sales'-manager het my saam met so klein groepie mense genooi om saam met hulle te gaan golf speel op die laaste oggend, net voor 'n afsluitings-'BBQ' by die werk. Dit was 'n welkome uitnodiging aangesien niemand lus is om op die laaste dag van die jaar enige groot aankope te doen (of vir verkoopsmanne) nie. Die vars lug en son was heel lekker en het my gehelp om 'n laë profiel te handhaaf op kantoor vir die laaste halwedag. 

Ons was baie besig/treurig hierdie jaar en het geen Kerskaartjies gestuur nie. Jammer, ons sal volgende jaar meer voorbereid wees. Dit was ook die laaste kans vir Kers inkopies. Ons koop maar vir mekaar baie geskenke, dan is daar darem iets onder ons boom. Kers inkopies is vir my vrou veroorsaak baie angstigheid. Sy sien al van November uit na Kersfees en geskenke. Ek weet nie eers wat om vir haar te koop nie, maar sy sien uit daarna om te sien wat sy gekry het. Sy wil nie sê wat sy wil hê nie, want dit gaan oor die verrassing!? Die goed wat ek dink sy wil hê, pas nie in die ooreengekome-‘budget’ nie. Daar is nogal ’n paar interessante nuwe items in die winkels hierdie jaar, maar Jeanelle sal maar sukkel om bly te lyk as sy regtig ’n spookasem masjien kry. Dit sal ook heeltemal teveel verwagting skep as daar so ’n groot geskenk onder die kersboom is. lol. (Jeanelle se geskenk het wel vandag hier aangekom, betyds vir Kersfees. Ek het eers gedink dat hulle dalk my geld gesteel het, maar ek sal nou www.simplyelectronics.net aanbeveel vir enige elektroniese goed wat julle wil bestel.)

Ek moet bieg, ek sien meer uit daarna om die uitdrukking op Jeanelle se gesig te sien as sy haar geskenk(e)(ie)(s) oop maak en meer daarna om iets te kry, as na die inhoud. Dit is in elk geval die hele idee: Kersfees gaan oor die geboorte van Jesus (God se geskenk vir die wêreld) en daaroor gee ons vir mekaar geskenke om dit te herdenk. Dit gaan nie oor die waarde van die geskenk of jy die regte geskenk gekry het nie. Dis nie waaroor Kersfees gaan nie. (Hierdie blog het lank gevat om te skryf, want ek moes die preek uitwerk en verkort en self eers weer dink waaroor dit gaan. Ek het alle respek vir Petri, dis harde werk.)

Ons is uiteindelik op vakansie. Dis die eerste keer vandat ons mekaar ken dat ons ’n hele week saam vakansie het sonder dat ons ‘on-call’ is, of moet werk, of bekommerd wees oor ons besigheid. Ons sien uit na baie DVD kyk, strand toe gaan en rus.

Ek wens vir julle almal ’n Geseënde Kersfees en Kers-seisoen mag julle veilig reis en as indien julle so gelukkig is, lekker rus. Geniet dit.

Baie Groete en Liefde,

Johann

Saturday, 17 December 2011

Lughawes, werk en alleen sing


Saterdag vas dit die groot regmaak vir 'die braai' by ons. As gevolg van my verkeerde berekeninge moes daar gou nog vleis gekoop en gemarineer word. Ons het net 8 van alles gehad en sou 10 mense in totaal wees. Ja, dis nogals 'n groot groepie, maar na so 'n lang ruk sonder onthaal, was ons seker 'n bietjie gretig. Gretig en uit oefening. Tien mense is baie om voor voor te berei met 'n kombuis wat uitsluitlik vir twee toegerus is. Dit het tot 14:00 geneem om genoeg eetgerei, glasware, opskep bakke, bestandele ens te koop.
Tussen al die verskeidenheid, was daar op hierdie dag
net 3 opskep lepels om van te kies.
Ten spyte van die bietjie roeserigheid, was die braai baie lekker. Twee mense het nie opgedaag nie, en sal ook nie gou weer genooi word nie. Daar is nogals 'n groot verskil tussen 8 en 10 mense wanneer daar net 9 blokkies tert in 'n bak pas. Met braaivleis, boerewors en Marmite/Vegimite-tert en Malfapoeding met vla, was niemand honger huistoe nie. Ons sal net volgende keer 'n ogie op die tyd hou, om seker te maak dat ons nie nagereg eers teen 23:00, direk na ete, bedien nie. Dis seker omdat dit eers 21:00 hier donker raak. (Ongeag van hoe hoog die son is, is tussen 18:00 en 19:30 'n goeie tyd vir aandete)
Ons was 2:00 in die bed en het die res van die naweek hard probeer om die verlore rus in te haal. 

Daar kan 50 mense sterf as gevolg van iemand wat perongeluk 'n verkeerde knoppie druk, maar as daar nie 'n Australianer in gevaar was nie, dan hoor ons dit gewoonlik nie in hierdie nuus nie. Ek glo dat dit ook net te danke aan die gly-gevaar vir Aussies was, dat ons van hierdie week se oorstromings by die O.R. Tambo lughawe gehoor het.  Dit is lekker om die lughawe 'n bietjie in die nuus te sien. As gevolg van die afgelope paar jare se shuttel bedryf, is lughawens (veral ORTIA) nou nie juis vir my vreemd nie.
Met al Jeanelle se reise, raak ek ook nou al hoe meer vertroud met Sydney se (Kingsford Smith) Lughawe (Vernoem na die eerste man wat in 1928 direk van Amerika na Australia gevlieg het, asof daar nou plek was om te land tussen in). Sy was hierdie week van Maandag tot Donderdag in Adelaide. 

By my werk het die baas hierdie week vier mense in die ander kantoor afgedank. Sedert ek daarvan te hore gekom het, het vrees as aanmoediging, my toegewydhied om te leer en die beste verkoopsman te word byna verbygesteek en waar ek voorheen die teiken van 60-80 oproepe gemaak het, het ek hierdie week 120 gehandhaaf. Seker dìe dat die baas ook 10 van die 15 telesales mense afgedank het. Oor die algemeen begin ek dit nou net regtig geniet en vir Kersfees sal ek tevrede wees as ek net nog my werk het. 

Dit was maar anders 'n lang en alleen week. Ek het nie besef hoe alleen dit was, totdat ek Woensdag alleen na die Engelse Dopper Kerk se Kerssangdiens gegaan het nie. Ek was effens laat, omdat die gemeente hoofsaaklik uit ou (70+) nie werkendes bestaan en hulle reeds om 17:30 op 'n Woensdag middag begin het. Ek moes gaan, want ek moes 'n geskenk oplaai wat 'n tannie (die oudste lidmaat se vrou) vir ons gestuur het. (Gelukkig reis hulle op die oomblik deur Europa en stuur sy dit toe saam met iemand anders, want ek moes vir haar, haar man(die oudste lidmaat, 90, ook nie soveel ouer as die res van die lidmate nie), en 'n ander, dierbare, dowe tannie,  geskenke vat en het in die trein met al die gejaag haar naam vergeet en 'n ander naam op een van die geskenke geskryf.)

Ek het so tussen deur ook vir Jeanelle iets oor die internet bestel, maar weet nie of dit betyds vir Kersfees/ooit hier gaan aankom nie.

Vrydag aand het ons, ons werk (vir die wat toe nog daar gewerk het) se Kersafsluiting gehad. 19:00 tot 24:00 op 'n Vrydag aand, sonder metgeselle. (Dit was nogals moeilik vir iemand wat nog skaars sy vrou hierdie week gesien het.) 'n Spoggerige affêre, met 'n 2 keuse, 3 gang maal, en die ding wat Aussies die meeste waardeer, 'n 'open-bar'?! Seker omdat dit nou hier ($40) R350 vir 24xbiere/'n bottel brandewyn kos. 

Ek hoop dat julle ook stadig maar seker die werk vir die jaar afhandel en bietjie meer tyd saam met vriende, familie en julle gesinne hierdie feesseisoen kan spandeer.

Liefde en groete,

Johann

Agter die skerms/Voor die verhoog - Ongesensord

Voor hierdie week se blog wil en net eers 'n toevoeging tot verlede week pos.
Langs die pad is daar oral Bloekombome, maar nie die reguit stamme wat ons in Suid Afrika gewoond is nie.
Oppad na Elton John, het ons by hierdie plaas-stal/kroegie gestop...
Kroegie langs die pad, tussen Sydney en Hunter Vallei
Klein-huisie by die padstal
Oulike idee vir 'n wynrak
Dit was amper meer vermaaklik om na die mense by die show te kyk as die vertoning. 
Ja, dit was op "Hope Estate". Ek het 'n paar mense afgeneem om vir julle te wys.
 
Met sulke sterk drankbeperkings !?....

....Was die sitplek aanwysings vir sommige mense te moeilik om te verstaan.
(Dit was nou nie juis so ingewikkeld soos Affies se wildsfees lapa aanwysings nie)
Terwyl dit yskoud was en almal in al hulle warmste klere en mooiste swartsakke geklee was,
het die breker in die pienk( of soos Rikus dit sou noem: 'Salmon') hempie seker probeer wys
dat hy nie 'n moffie is nie.
Ek dink hulle was bietjie "over-dressed"

"Even though it looks like I am dressed in a condom, my intentions are mostly pure."
Oom Angus was ook daar
Hierdie gesin het gedink dis 'n kaklykkompetisie.
Links sit die seun wat lyk of hy sy eie hare met 'n knipper gesny het,
maar hy kon nie agter bykom nie.
Regs sit die pa met 'n voël op sy linker arm getattoo. Dis 'n Arend.

Ja meisie, die wolk het op die stoel gek@*. Moenie worry nie, dis net water!
Hierdie mense het almal minder as ons betaal.
Agter hulle was daar nog duisende mense wat op die nat gras gesit  het.
Na al daardie vermaak was die konsert eintlik net 'n bonus.


Friday, 9 December 2011

Elton Konsert

Ek kan nie onthou wanneer laas ek so moeg na 'n week was nie. Fisies en verstandelik.
Verlede naweek het met 'n kort rukkie se werk by Jeanelle se kantoor begin, waar ek uitgevind het dat die kombuis koekies het. (Gehad het.)  Na so 'n paar ure se werk, was dit uiteindelik naweek. (Vir die eerste keer in 2 weke).

Ons wou Sondag vroeg ry na die wynlande, maar moes eers 'n draai in die winkels maak. Daar was gelukkig nog tyd vir die Tourist Route. (Dit voel heeltyd asof mens op 'n pas ry. Die pad het deur die Sydney platteland gebiede gekronkel en dit het heelpad gereën). Ongeveer halfpad het ons b 'n padstal/drinkplek gestop vir 'n koffie. Dit het vir die eerste keer gevoel of ons van 'n meer ontwikkelde plek af kom. (Ons weet reeds ons kom van 'n meer beskaafde plek.) Na ons koffie in 'n onpaar koppies is ons weer verder.

Volgens ons weervoorspellings shou dit niks reën na 17:00 nie. Dit het toe al die tyd tot 16:55 gereën. Daarna het die son onder gegaan en 'n woeste wind het begin waai. (Dit was yskoud, selfs met  'n trui en 'n baadjie). Die Show was baie goed. Die ouens wat vir Elton John die konsert geopen het kan ek nie in fotos beskryf nie. Hulle is nogals uniek. Sien die video: (Dit mag dalk so lyk, maar dis nie 'n piret sjinese film nie, dis 'live'.)
Die mense in Elton John se orkes/"band" is al lankal nie meer kinders nie, maar hulle speel beter as ooit. (So sê hulle. Wat sal ek weet, dis nie asof ek hulle elke jaar sien speel nie.) Hulle het op die beste manier daar opgedaag: met 'n helikopter. (Geen verkeer nie)




Ek het nou nie beskrywings by gesit nie, julle kan sien wat ek bedoel met nie vandag se kinders nie.

Die vervoer was bietjie van 'n nagmerrie. Daardie wynland paadjies is nou nie juis vir 20 000 karre gemaak nie. Ons het nog gedink ons parkeer naby die uitgang, toe span hulle dit af en eindig ons heel agter in die string karre wat aan die 'doerkantste' uitgang moet uit.

Die show was 23:00 klaar. 01:30 was ons in die bed (by die huis). 4:30 was ons op sodat Jeanelle betyds by die lughawe kon wees. (Ek kon darm nog 'n uurtjie in kry, nadat taxi vertrek het, maar...) Dit was heeltemal te min. Maandae is my fone dag en dit was 'n slagting, by Jeanelle was dit niks beter nie, sy moes reel om 'n ekstra dag in Adelaide te bly. Ons werk nogsteeds daaraan om daardie slaap in te haal.

Die week het nogals 'n leer-kurwe gehad. Ek besef dat almal nie nou die produk wil hê nie, maar dis baie makliker om mense te bel en te hoor of hulle belang stel, as om deur tot deur te gaan. (Wat ek ook probeer het. lol)

Volgende week gaan Jeanelle weer Adelaide toe. (Ma-Do) Maar voor dit het ons hierdie naweek vir die eerste keer in byna 1.5 jaar weer mense genooi vir ete by ons plek. Ons het natuurlik net 8 van alles, maar hier kom Saterdag 8 mense vir 'n egte Suid Afrikaanse braai. (Nie BBQ nie.)
Ek moet net gou nog tjops gaan kry, omdat ek vergeet het om ons ook te tel. Weer nie waar almal gaan sit/staan nie, maar ek glo dit gaan lekker wees. (Sonskyn sal 'n bonus wees, want as dit reën, dan word my stoep 'n swembad.)

Ons verlang baie na al ons vriende en familie wat al by ons gebraai/geëet het. Hier moet nou ernstig gebak word. Die Marmite(Vegimite)-tert gaan nie homself maak nie.

Hoop julle geniet die naweek en gooi self 'n vleisie op die vuur.

Liefde en Groete
Johann

Friday, 2 December 2011

Work, work and no play...

Ek skryf hierdie blog vroegtydig, nadat ek moelikheid gekry het oor ek op Vrydagaande blog. (Regstelling: as gevolg van verbeterings aan die app waarmee ek blog, wat nog nie 100% is nie, kon ek dit net half voltooi op Donderdag aand.) Gelukkig, vir die blog, (ongelukkig vir my) werk Jeanelle vanaand so bietjie laat om 'n herhaling van verlede naweek te voorkom. Dit was 'n relatiewe stil week by ons op die pret frond. Ons het Saterdag en Sondag gewerk. Jeanelle het gewerk en ek het haar so bietjie gehelp en hope 'training' oor van ons produkte gedoen. My HR manager was darem baie beindruk gewees met my moeite. (zoep zoep)

Jeanelle was op Maandag en Dinsdag vir die eerste keer in Christchurch, New Zealand. Byna 10 maande na die aardbewing in Februarie, is hulle steeds besig om geboue in die stad te sloop. Daar is nog oral tekens van die verwoesting. Hulle het in die middestad 'n 'container mall' vir al die winkels, wat voorheen in die omgewing besigheid gedoen het, maar nou, as gevolg van steeds ontruimde geboue en afgeskorte strate, nie na hulle ou eiendomme kan terug keer nie. Gelukkig is die inwoners almal baie optimisties oor die toekoms. Interessante feit: Daar is meer as 60miljoen skape in New Zealand.
Ek het Dinsdagaand, in my ewige soeke na meer kennis en raad oor verkope, 'n seminaar bygewoon van een of ander Sales Guru. Die seminaar was verniet, maar die enigste parkering wat binne 5 blokke van die hotel was, het my $30 vir 3 ure gekos. (Ek is nou opsoek na iemand wat 'n 3x2m stuk grond wil verkoop in daardie area, want ek dink dit kan 'n goeie belegging wees.)

Op die verkope noot; ek het iewers hierdie week, die volgende gehoor wat nogals waar is:" Sales is the oldest profession in the world. Some people think it is something else, but that is just a subdivision of sales."

Ons het al amper vergeet van die kaartjies, maar ons gaan Sondag middag/aand, Elton John se konsert kyk. Dis in die buitelug op 'n wynplaas, iewers in die Hunter Vallei(Sydney se wynlande). In 'n stad waar ek hierdie week al gesukkel het om te slaap, omdat dit so warm was, en later, op dieselfde dag, koud gekry het, weet ek glad nie hoe om vir die konsert voor te berei nie. Ek hoop maar net Elton John kan ook klavier speel in sy geel reenjas.

Met kersfees om die draai en ons kersboom uiteindelik opgeslaan, dink ons die heeltyd aan ons vriende an familie. Ons mis julle elke dag.

Liefde en Groete,
Johann



Saturday, 26 November 2011

Wat de Feek, is dit wat jy dink dit is?


Die naweek het afgeskop met Vrydagaand drankies op die vêrste punt van die straat. Ons straat is iets soos Loopstraat in Kaapstad, net minder kuier plekke en meer eet-plekkies. Dis glo een van die grootste konsentrasie eetplekkies in Australië. Ons het besluit om hulle van 'n punt af deur te werk. Eerste plekkie was 'n pub. Lekker kos. Ons het ons sommer net aan die ander mense gesit en vergaap.

Saterdag wou ons vroeg reeds na "sculptures by the sea" gaan kyk, maar ons het direk van die bus af eers begin soek vir middagete. Ons 'strike' dit toe lucky; hulle werk aan die treinspoor, en alles word deur busse vervang :-). Ons het ook iewers gehoor dat dit op die 'Bondi to Coogee beach' staproete is, so na so bietjie 'Chinese' (ja, ons het uiteindelik 'n 'Chinese' Resturant gekry wat ook 'Sweet and Sour chicken/pork' verkoop), het ons die stap van Coogee se kant af aangedurf.
Na 1.8 km se stap was daar nog niks. Die 'scenery' was darem mooi.
Sydney se Gordon's Bay - Mense swem tussen rotse.

Mense wat 'tan' op sement blaaie om die water. Dis amper soos 'n swembad!?

Vir 'n paar Sydney-ers is dit hul enigste kans vir 'n plekkie by die see.
Ons was net oppad om vir 'n busstop te soek, toe sien ons die 'sculptures'. Dis toe eintlik net by Bondi en die buur-strand. :-) Teen die tyd was ons al deur geloop en nie regtig vol waardeuring vir kuns nie.
Interessante kunswerke nietemin. Ek het fotos van so 'n paar aangeheg.
Bietjie moeilik om te sien van hierdie 'angle' maar die 'n hout huis (murasie)

'n 3D-erige kunswerk. (Rikus: moenie eers probeer nie, beweeg aan)

Ja, dis 'n TV



Spyker langs die see.
Sondag was dit kerk en werk. Ongelukkig kon ons nie die Aussie meisiese verjaarsdag mee maak nie. Sy het byna 40 mense genooi om na haar huis te gaan (wat wie weet hoe vêr uit die beskawing is), hulle eie kos te bring (en presente) om haar verjaarsdag te vier!? Ons het heeltemal te veel gehad om te doen.

Jeanelle is so toegegooi onder die werk op die oomblik dat jy net nou en dan 'n hand onder die papiere sien uitkom vir 'n slukkie water. By my was dit soortgelyk. Telesales was maar moeilik hierdie week. Veral Donderdag, toe ek 'n nuwe tegniek probeer, wat mense vra of hulle een van  drie probleme ondervind. Ek is bly om te sê dat niemand enige probleme het as hulle deur 'n rep geskakel word nie (nie wat hulle sal erken nie) en ek was nie voorbereid op dit nie, so wat gevolg het was ewe pynlik vir my en die ou in die 'cubicle' langs my om te hoor. Een van my ou kolegas by Apple het altyd gesê: "Fuck me dead", wel, dit was 'n heel gepaste wyse om die dag te beskryf. 
Die kersie op die koek, was toe ek vir Jeanelle by die werk gaan haal en ons oppad terug, (altwee moeg en honger, na 'n laaang dag se werk), sonder petrol langs die pad gaan staan. (Ons nuwe kar het 'n 6 segment digitale voorstelling vir die petrol. Wanneer die 2de laaste segment verdwyn, dan begin die laaste segment flikker. Ek sou dink dat mens nog vêrder as 20 km sou kon ry. Veral met 'n kar wat so ekonomies is. lol) Gelukkig is daar toe 'n inham langs die pad (die enigste vir 5 km) en ons was net 200m veby 'n vulstasie. Ek sal later op Facebook 'n foto van my nuwe petrol blik 'post'. Die blik het 3 keer soveel soos die 5l petrol gekos. (ps. temidde van wat op Facebook gesê is, wil ek net van die geleentheid gebruik maak om te sê dat ek nie bestuur het toe ons gaan staan het nie.)

Dit was 'n belaglike week. Ons het heeltemal te hard gewerk. Dit het ook die heel week gereën. Die hele week! Door-to-door sales afwisseling met telesales was geen pret met al die reën nie. Ek het 2 meter agter my 'work-issued' BlackBerry moes aan hol, nadat ek die foon laat val het toe ek uit my bestuurder se kar klim en die foon letterlik met die stormwater, met die straat af, gespoel het. Die BlackBerry werk nog. (vir nou)

Dink ons kort so bietjie son. Dan sal ons sommer beter voel. Het laas son gehad tussen Bondi en Coogee. 

Na so 'n week het 'n naweek bietjie van 'n kupstootjie nodig, so ons skop die naweek met pizza en wyn af.

Liefde en groete.

Johann

PS. Ek het vergeet om verlede week te vertel van ons oggend draf. Hier is 'n pragtige padjie, spesiaal vir voetgangers en fietse wat onder die hoofweg kronkel en al die parke konnekteer, waarop ons verlede Vrydag oggend gaan draf het. Nie dat ons gewoonlik die eerdte mense is wat draf nie, maar ons gaan ongelukkig nogals gereeld deur spinnerakke. Jeanelle is al gewoond om te sê:" toemaar, daar is niks op jou nie", maar hierdie keer was dit 'n rude awakening, iets soos:" Toemaar man, daar is niks op jou nie. O shit, Bokkie!..."



Friday, 18 November 2011

Cruising

Hierdie blog is twee keer geskryf en een keer verloor as gevolg van tegnologiese probleme, maar ek het nou 'n makliker app om mee te blog, Blogsy. So kom ons kyk of dit beter werk.
Verlede naweek was hoofsaaklik toegewy aan studies, behalwe Saterdagaand, to ons gaan 'cruise' het. Dit was byna 'n uur se kar-trein-taxi om by die boot te kom. Die boot het net soos op die kaartjie gelyk. Ek het gedink dit is die enigste prentjie wat hulle kon kry, nie 'n direkte uitbeelding van die boot nie.
Die 'cruise' is deur een van my nuwe kollegas gereël. Hy speel self in die Regae orkes. Ons het twee van Jeanelle se kollegas, die Britse meisie en haar New Zeelandse man en een van my ou kollegas, Russiese ou en sy meisie genooi. Nadat die Russiese outjie vir ons vertel het dat dit net 30 minute van sy woonstel tot by die boot is, moes ons vra dat die boot so paar minute langer moet wag vir hulle om te arriveer.
Die musiek was redelik goed. Die kroegman het self bietjie weggelê, en later verniet drank begin weggee. Die buffet aandete het bestaan uit 5 slaaie (tamatie blokkies, koolslaai, pit mielies, Griekse slaai en Griekse slaai met avo in), heel gaar, on-skoongemaakde prons en 'n paar heel gestopte 'rotisserie chickens' waarvan jy jou eie stuk kon afbreek.

Die ding van 'n 'cruise' is; jy is op die boot. Selfs na 20 minute, as jy klaar geeet het en eerder graag sal wil gaan slaap, kan jy nie. Nee. Jy is op die boot. Dis nou nie die tipe skip waarmee die Le Rouxse tans toer nie. Vermaak is redelik beperk. Jy gaan nêrens tot die boot weer laat die aand vasmeer nie. Dit verplig jou half om lekker te kuier, wat ons wel gedoen het. Nagereg was baie gesond. Waatlemoen en Spanspek snye. Ons het dit baie geniet. $55 per persoon baie? Mmmm?!?

Maandag was die groot slagting. Ek het later gewens ek het 'n R50 by my gehad om agter in my antwoordstel te sit. Dit behoort enige Prof/Onnie se salaris te kan verdubbel. Nie die R50 nie, maar as dit 'n 'trend' raak.
Dit was ook die begin van die hormonaalste week wat die weer in Sydney aanbetref. Maandag het dit kompleet gevoel of iemand jou met 'n haardroër in die straat af blaas, so warm was dit buite, al het die wind gewaai.
Teen Woensdag was dit so koud dat jy 'n trui moes dra. Dit het darem teen Vrydag meer gestabiliseer in warm en bewolk, terwyl ek byna 4km tussen afsprake, in die hitte, in my pak klere moes rond loop. Nog niks verkoop nie, maar het al 'n paar lyne in die water.

Hierdie naweek (wat nou al verby is) het ons hard probeer ontspan, maar meer daaroor op Vrydag. Sal harder probeer om my Vrydag Blog op Vrydag te doen.

Geniet julle week. DeVilliersies, geniet julle vakansie. Le Roux's geniet julle cruise. Moolmans, geluk met die lening!
Bothmas, ek hoop die voorgeboorte klasse kom goed aan en dat julle die toetse sal deur kom. Bothas, julle kan ook nou maar begin werk, neem aan dis darm amper Maandag by julle. Vir die res, Groete en liefde.

Johann

Friday, 11 November 2011

Tyd galop verby...

Ek het heeltemal vergeet om dit verlede week te noem, maar dit was op Dinsdag 1 November die jaarlikse Melbourne Cup. Die hele Australië kom tot stilstand. 15:00, en by Jeanelle se werk, sit sy en sjampanje drink. Ons kantoor is ook almal in die tee-kamer, besig met bier en snacks, terwyl ons die resies kyk. Vir ons is dit weer terug werk toe daarna, maar Melbourne se provinsie/staat, het sommer vakansie dag. Dis Melbourne Cup dag.

Dis seker die Melbourne cup wat dit aangehuts het, maar Saterdag oggen vroeg, het ons saam met een van ons Suid-Afrikaanse-Aussie vriende gaan perd ry. Die plaas het honderde perde, dis nogals groot skaal. Ongelukkig is die enigste foto wat ek geneem het, van die groen pappegaaie.

Die perdry was maar stamperig. Dit was net my derde keer op 'n perd, maar ek raak nou mak. Bygesê, ek het heelpad langs Jeanelle probeer ry, maar my perd, Niekie, wou niks weet nie. Die perde is so gewoond om in 'n ry te loop, jy kan eintlik maar die leisels los. Terwyl ons perd gery het, het die gids ons ook die hindernisse gewys vir 'n hindernis pretloop wat hulle binnekort daar gaan hou. Daar is 15 obstruksies in 5km. Hulle het ook 'n nuwe gebruik gevind vir 'n elektriese heining 'converter', dis glo die laaste obstruksie, waar jy glo op 'n groot stomp moet loop, terwyl jy tussen die drade deur vleg?! Dankie, maar nee dankie. Die afstand sou genoeg gewees het vir my.

Ek hoop die foto lyk beter op julle skerms. Anders: die groen goeters is voëls, (pappegaaie), die rooi-bruin kolle is duiwe.

Ons het tot ons spyt, Sondag middag gaan fiets ry en agter gekom dat 'n fietssaal en 'n perdesaal, min of meer op die selfde plek druk.

Jeanelle is Donderdagaand Adelaide toe, maar nie voordat ons die Business Lounge misbruik het nie. Ek moes dalk maar nie nog die Korma Chicken ook geeet het toe ek reeds propvol was nie. Mens sou sweer ek is bang ek kry eers weer kos as my vrou terug kom. (Wat ek aan aandete (en soos ek geeet het, ontbyt en middagete) gespaar het, het ek aan parkering betaal toe ek weer huistoe is.)

Die week was bietjie van 'n wipplank by die werk, my 'training' het klaar gemaak. Ek sou nie omgee vir nog so bietjie nie, maar nou is ons (nuwe reps) saam met meer ervare ouens op die pad, om te sien hoe dit gedoen word.

Hierdie naweek word daar hoofsaaklik geswot in hierdie woonstel, met die uitsondering van Saterdagaand, wanneer ons op 'n 'dinner-Cruise' gaan, met Regge musiek? (Solank dit nie Kwaito is nie, kan dit seker nie te sleg wees nie).

Ek kry ook van volgende Maandag 'n ander 'desk'/'cubicle' bietjie verder van die baas se deur af, so dit behoort ietwat rustiger te gaan.

Dis amper ook naweek in Suid Afrika. Ek is net bly dat ek nie( in Kanada is en) nog 'n dag moet werk voor ek naweek het nie. Weet nie of ek dit sou kon maak nie.

Aandete het my verewig gevat. Ek wou nie Pizza plek toe gaan nie, aaJeanelle hou te veel daarvan, sal eerder saam met haar daar eet. Die Thai plekkie adverteer gesonderige kos, maar het nie kaart fasiliteite nie, wat my sommer dadelik afsit. Die ander Thai plek, op in die straat, kos dubbel en uit beginsel uit, is hulle nie 'n opsie nie. Na ek met die kafee moes onderhandel vir my roomys, wat ek oppad na Grill'ed('n lekker Hamburger plek, 6 blokke verder) wou eet, omdat hulle nie regtig kaarte aanvaar vir transaksies onder R80 (have you ever) nie, het ek besluit om maar by die 'Vis en Tjips' plekkie 'n burger te koop (ja, tradisioneel Australiaans, met 'n skyf Beet). Ek kry toe maar 'n koeldrank want aleen drink is die begin van vreeslike dinge. Ek het net gesit, toe is aleen by tafel sit nie cool nie. En terug by huis het ek besef, dat dit ook te stil is. Burger was lekker.
Ek gaan nou gou my vrou op die lughawe haal. Alles sal dan beter wees.

Liefde en groete vir julle,

Johann

Sunday, 6 November 2011

Ons eerste gas...

Dit was 'n besige 2 weke met die opwagting van ons eerste gas (daarom die onderbreking in blogs).

Na my laaste blog het ons gaan Braaier soek. Hier is 'n groot verskeidenheid braaiers of "BBQs", soos die Aussies dit noem. Hulle het selfs 'n paar ontwerper braaiers, wat bv. soos enjins lyk, in 'n verskeidenheid winkels waar daar net braaiers verkoop word. Ek het geen idee hoe ons oorleef het sonder 'n braaier vir so lank nie. Kom ek sê maar net dat die nuwe braaier ietwat van 'n belegging is. Hy behoort byna verewig te hou en is lig genoeg om enige plek in die werêreld saam te toer.

Die braaier was ook net deel van die voorbereiding. Ons moes ook gou 'n bed en bedkassies aanmekaar skroef. (Dankie vir Ikea wat die bed voor-verlede Sondag oggend afgelaai het.) Dit was net 'n swaar boks met 'n paar planke en 'n sak skroewe. Die matras kom van die bedwinkel, so 6 blokke op in die straat. Na 'n groot gestry het die verkoopsman sy bestuurder gaan vra wat toe ook saamgestem het dat ek die matras op die display bed kon koop. Tot sy vermaak, kon ek toe nie die 10" Queen sponsmattras plat vou en agter in die Yaris pas nie. Hulle kan eers dié Vrydag aflaai, 4 dae te laat vir Wessel. Die enigste bakkie wat ek toe kon huur, was aan die ander kant van Sydney en die winkel maak oor 3 ure toe, maar ons het gaste vir tee genooi.
Gedurende ons trek-naweek, het ons vergeet dat die "Presbyterian" Kerk se oudste lidmate ons vir aandete genooi het. Hulle het iewers later in die week geskakel om te hoor of ons nog "ok" is. Uit skaamte nooi ons hulle toe ook die Sondagmiddag vir tee. Dis nou nie een van daai vinnige-tees nie, hierdie is nou meer soos 'n toemaar-die-aand-diens-begin-eers-7uur-vanaand tee.
Toe hulle 'n uur later nog nie opgedaag het nie, toe ry ek gou stasie toe, om 'n trein te kry na die bakkie (Ute) wat ek gehuur het. Net toe ek op die trein klim, toe kom die mense by ons woonstel aan.
Lang storie kort einde: Die tannie het ingestem om die 95 jarige oom by Jeanelle te los, terwyl ek en sy gou die matras by die winkel gaan haal, met hulle Honda SUV. Ek dink as ek so hard gedruk het om die matras in die Yaris te kry, dan sou dit dalk ook gewerk het, maar "hy moes in". 

Jeanelle het die week af gevat om Wessel se toergids te wees en bedags het ek probeer wakker bly in die 'training' by die nuwe werk, terwyl ons by die soveelste oefen kwotasie doen sodat die stadiger leerders dit ook kan snap.
Die 'itinerary' het heel goed gewerk, Jeanelle en Wessel het 'n stap toer van Sydney gedoen, (ongelukkig meestal in die reën). Sommer in die eerste dag 'n hele rits dinge beplan vir die Saterdag wat hulle eerder saam met my wou doen. Donderdag was dit Featherdale, amper soos die leeu park, net sonder leeus/enige iets gevaarlik. Die Gids het hulle wel gevra of hulle al van al die erge stories van Dingo's gehoor het. Lol! Daar is ook Kangaroos en Koalas en 'n klompie ander vreemde goed. Die aand het ons "The Merry Widow" by die 'Sydney Opera House' gaan kyk en koffie gedrink by Guillaume at Bennelong, 'n restaurant wat in een van die drie skulpe/koepels van die Opera House is. Vrydag was dit Bondi Beach en die aand het ons bietjie rustiger verkeer, want ... Saterdag was dit Sky Tower (uitsig van 304m hoë toring), Sydney Fish Market (waar ons 5D lunch gehad het)...

Die 5D Lunch: Ons 3 het natuurlik by die Fish Market se agterkant (by die asblikke) in gegaan (to set the mood). Met die reuk van vis en klank van die see, proe ek die wasabi, terwyl ek sien hoe die vars oester nog beweeg en voel hoe hy in my keel af gly, (en my ingewande bakly om alles in te hou), ek moet sê dat die vars coconuts lekkerder sou gewees het as dit nie met die oesters moes meng nie. Ons seafood platter  was gevul met alles van kalamari tot soft-shell crab. 

... Ons is ook na die Aquarium (met onder water glas tonnels waardeur 'n mens die visse kan sien terwyl jy onder deur die tenk loop), en die aand het ons by die Hard Rock Cafe 'n bietjie stabiele kos geniet.

 Sondag het afgeskop met 'n vinnige Jet Boat toer van die hawe en toe 'n bietjie swem by Manly strand. Wessel moes amper 'n bietjie langer bly, want Qantas wou strike, maar na so 'n lang tyd weg van sy vrou af, was hy reg om die Jet Boat te charter om hom terug te vat huistoe.

Maandag was baie hartseer om vir ons eerste gas totsiens te sê. Ons mis hom alreeds.
Dinsdagoggend was ek weer vir die eerste keer in 'n week by die werk in vlees én gees. 

Die normaliteit was van korte duur toe ons Donderdag oggend besluit dat Jeanelle, eerder as net stasie toe gaan, my moet aflaai by die werk en self Wollongong to ry (1.5uur Suid van Sydney/2 ure met trein). Daar ry sy toe met al ons sleutels. Ons maak toe die beste van die geleentheid en ek ry na werk toe trein soontoe en vat die kar terug werk toe Vrydag. Vrydagmiddag was bietjie deurmekaar, toe ons byna gelyk by die huis aankom. Dis nog deurmekaar van die Donderdag se gejaag. Die Online Shopping is Donderdag oggend alreeds afgelaai voor die deur en ons een vissie is dood. Joy!

Hierdie naweek was perdry en rus op die spyskaart, maar meer daaroor in Vrydag se blog!

Liefde en groete

Johann




Sunday, 23 October 2011

Kom skat, ons trek II

Ek is nie 'n week vroeg nie, die vorige blog was 'n week laat, agv. die belaglike week.
Ons het verlede Vrydag tot 0:30 gepak. Na 'n kort laaste slapie in ons ou woonstel was ons vroeg weer op om yskas uit te pak, ens. Die ketel was klaar gepak, gelukkig is daar 'n plekkie op in die straat met vars Croussante en Pan au Chocks. Die 2 outjies en hulle trokkie (darm nie die op die foto nie) het klokslag 07:00 daar aangekom. Ek dink nie hulle het verwag dat alles, selfs die klein goetertjies in sakke en bokse verpak sou wees nie. Dink dit sou ons 2 weke gevat het om alles te trek. Hulle het 4.5 ure getrek, toe is alles in die nuwe plek. Hulle was sopnat gesweet, maar met hulle 'Colgate smiles' en "we've got it all this morning" energie, is hulle daar weg, oppad na hulle volgende trek.
Daar was nie veel tyd vir skoonmaak voor die tyd nie, so daar was 'n klompie rond skuif betrokke. Die vloere was maar net die begin. Ek deel 'n Before en After foto met julle.

Let wel dat hierdie vloer nie homself geskrop het nie. Ek het met 'n dek-borsel aan 'n stok, een vir een teel en 'grout' moes skrop. Ons het soos goedkoop arbeiders gewerk. Ek het 'n $200 vloer polisher gekoop met die hoop dat die borsels sou help met die skrop, maar dit was 'n speelding. Dankie tog vir die Australianse verbruikerswet wat sê dat jy enige iets mag omruil binne 14 dae as dit nie vir jou werk soos jy gedink het dit sal nie. Ek verwag nie om gou weer afslag te kry by daardie verkoopsman nie.
Dit het ongeveer 4 ure se skrop geneem voordat ons besluit het dat daar 'n makliker manier moet wees om die sement weer wit te kry. Mr.Muscle was uiteindelik tot die redding. Ewe skielik kon ons met 5 trekke van die besem, net soveel vuilheid af kry soos 10minute se geskrop. Ek was redelik ontsteld oor ek eers na 4 ure se skrop daarvan uitgevind het. Dit was ook nie so 'n goeie idee om kaalvoed en sonder handskoene te werk nie.
Dit het baie room gekos om ons hande en voete weer reg te kry na al die 'heavy duty' seep, maar teen Dinsdag was die swellig darm minder.
Vir die res van die week het ons soms moes kies tussen slaap en nes skrop. Ek het perongeluk ons, 75cm deersnee, ronde, sfeer, glas, visbak gebreek, so die vissies is nou in 'n baie kleiner bakkie in die kombuis. Al die lego pas ook nie meer in die bak nie, die fake plant moet nou maar doen.

Teen Donderdag het ons sterk verlang na, die grillerige, gedeelde wasgoed geriewe van die vorige woonstel. Winkels is net van 9 tot 5 oop en as jy van 8:30 tot 17:30 werk is dit moeilik om wasmasjiene te koop. Donderdae is winkels darm tot 21:00 oop, maar ek was reeds op 'n pers hemp en pers das met donker blou sokkies by my swart pak. Ek het sommer gou in my middagete gereel dat die winkel daardie aand nog ons wasmasjien en droër moes aflaai.
Teen middernag, het ek weer wit hemde en swart sokkies gehad wat skoon en droog was.

Die woonstel is noi redelik skoon. Dit lyk al of hier mense woon. Dis nog nie perfek nie; tv antenna werk nie, hier en daar is nog 'n spinnerak, 'n paar fotos hang nog nie, maar ons werk daaraan.

Hierdie naweek moet daar bed gekoop word, sodat ons eerste gas, hierdie week, plek het om te slaap. Ons soek ook 'n braaier, want ons het amper verlede Saterdag, met die rugby, in ons eie spoeg verdrink toe almal om ons braai. Ek weet nie hoe ons so lank sonder 'n braaier/stoep kon oorleef nie. Sit maar 'n ekstra tjoppie op die rooster hierdie naweek en dink aan ons.

Liefde en groete,

Johann

Friday, 21 October 2011

Kom skat ons trek I

Verlede Saterdag was huis soek Saterdag. Ons was 07:00 al op. Eerste apartment was al 09:00 op skou. Dit was 1 van 12, of so iets. Dis nou die wat beplan was, die ander het ons sommer raak geloop of gesien terwyl ons gewag het. Ons was vasbeslote om die regte plek te kry, maar na die eerste 4 plekke was ek reg om in die ou woonstel te bly. Ons moes by tye na verskillende woonstelle gaan kyk want hulle was gelyk op skou.

By ander tye, was ons besig om tussen woonstelle te jaag, met 3 bestuurders in die kar; ek, die GPS en Jeanelle. Die probleme kom in wanneer ek nie na die GPS luister nie. Gelukkig het die tweede helfte van ons dag, 12:00 tot 15:30 beter verloop en ons het 3 plekke gehad waarvoor ons aansoek gedoen het.

Verlede Vrydag het een van die ouer Sales ouens by my werk gesê dat die baas al iemand ge'fire' het net oor hy laat gekom het vir die Maandag oggend 08:30 Sales meeting. Maandag oggend is ons kar vir die eerste keer gediens, net 'n check up. Die ekstra uur wat ek gedink het voldoende sou wees is gou verby. Eers vat die GPS my op 'n joy-ride, nadat hy my verloor het. Ek moes eers langs die besigste snelweg, oppad lughawe toe, stop om die GPS aan en af te sit. Toe is ek weer oppad, op die ompad. By Toyota aangekom was ek natuurlik 15minute laat vir my diens waarna die nuwe trainee my probeer in-book het op die vreemde sisteem. 08:00 het hulle geoffer om vir my 'n taxi te bespreek. 15 Minute later het ek nog gewag. Die kantoor was net 1km in die straat af. 08:30 was ek besig om 'n kredietkaart te soek, waarvoor ek nog die pin onthou, om die taxi te betaal.
Ek het nog my werk...

Die agent het eers teen Dinsdag oggend laat weet ons het wel ons eerste keuse plekkie gekry. Trek mense"Best movers" is gereël. Ons vat nie weer kanse met hernias en bokse optel nie. Hulle het Vrydag middag gebel om te hoor of hulle 07:00 kan begin trek.

Liefde en groete,

Johann

Friday, 7 October 2011

Nuuskierigheid, Afskeid en Kort wekie

Ek voel eintlik skuldig as ek sê "ek is moeg", omdat ek net 'n 4 dag week gehad het. (Dit was Maandag 3 Oktober, Labour Day in Australië, 'n vakansie dag en hoewel ek tegnies werkloos was, kry ek by my nuwe werk vakansie dae af).
Boonop het my naweek ook al begin, toe meeste van julle nog oppad werk toe was. (Verlede naweek het ons "daylight saving" begin, daarom is ons nou 9ure voor Suid Afrika en om 8:30 SA-tyd is dit dus al 17:30 in Sydney).
Die daylight savings maak dat ons nou weer in die donker opstaan, maar 20:30 nog in die buite lug kan sit en lees.

 Verlede naweek het ons hoofsaaklik, vir my, werksklere gekoop. Natuurlik nou op 'uitverkoping' teen 2 maal die prys wat dit 3 maande gelede was. Op dieselfde dag was ons ook by DFO, 'n "factory outlet" waar alles op 70% afslag is, maar nogsteets, na afslag, dieselfde kos as in die groot winkelsentrums in Sydney. Weet nie wat hierdie winkels se definisie van "Special" en "Sale" is nie.

Sondag was ons eers by ons Kerk-afsluitingsdiens gehou. Dit was nag. Sommer 'n doop en nagmaal en een lang uitgerekte 1.5ure diens in een, waarin al die kinders gelyk begin huil het, toe ek uit die bybel moes voorlees. Teen daardie tyd, het die vrou wat vir 2 minute gesukkel het, darm haar kind se pakkie tjips oop gekry. Die man voor my met die 3 kinders het heeltyd sy donkerbril op sy kop gehad. Na die diens het ek gedink ek moet ekstra geld in die kollekte sit, omdat ek darm ook 'n sirkus vertoning addisioneel gekry het. Afskeid was natuurlik nog 30 minute se na-erediens-tee by die tyd gevoeg.

Die res van die Sondag. (Dit wat daarvan oor was) het ons bietjie "home shopping" gaan doen.
Dit lyk nou of hier mense bly. En ons het 2 visse gekry.... lang storie.

Eerste paar dae by die werk was heel lekker. Ek het die dag voor die tyd gevoel soos iemand wat vir die eerste dag skool toe gaan. Die gemerde sokkies het heel goed gewerk, behalwe dat ek elke dag deur al die sokkies moes soek vir die degte paar, omdat dit die weeksdae se name op het.
Met die inval was daar 'n sales-meeting. Het oorspronklik gevoel of ek tussen 'n klomp veg-honde sit, terwyl die baas almal aan gemoedig het om verkope te verhoog voor die stiller kers-seisoen. Verder het ek baie geleer oor die produkte, bietjie bygesit by die Telle-sales span, (ek het respek vir wat hulle daagliks doen) en ook, saam met een van die reps, kliënte gaan sien. Dit lyk nogals na 'n belowende werk. Ek het al 4 dae oorleef.

Ons het ongelukkig hierdie week uitgevind dat ons nou eers 26 November kan intrek in die nuwe plek. Na ons daarheen gery het om weer te kyk, was ons nie so seker of dit die wag werd is nie. Ons gaan môre, gou weer, 'n string plekke kyk. Hierdie keer sal ons hard probeer om nie weer dadelik op die eerste plek verlief te raak nie.
Jeanelle was gou Donderdag in Adelaide en gelukkig is Quantas se strike uitgestel, so sy kon darem betyds huistoe kom.
 Sterkte aan afstand-weduwee Bothma, ons sal mooi na jou man kyk as hy later (na die rugby) hier langs kom. Ons wens hy het jou ook saam gebring. Mr. Le Roux, wat maak jy alleen in die Karoo? Lafarge, ek is nog besig om seker te maak dat jou verjaarsdag net een keer per jaar op ons kalender is, maar hoop dis 'n vrugbare jaar.

 PS. Uit 'n ander venster: Die woonstelle hier in North Sydney is so naby aan mekaar, dat ek net my kombuis venster kan oop maak en suiker by die buurvrou in die blok langsaan kan leen. (Of sommer myself kan help as sy dit op haar kombuiskas los). Onder my buurvrou, wat ook op die tweede verdieping woon, woon daar 'n ou tannie. Hierdie tannie staan elke oggend 5uur op. Sy droog af met haar badkamervensters wa-wyd oop. As ek die ketel by die kraan gaan vol maak, my oë fokus gelukkig nog nie, dan loer sy gewoonlik uit. Uit en op, na my 2de verdieping, want my kombuislig vang seker haar oog. Ek weet nie of ek moet bloos, waai, om verskoning vra of in die aand reeds die ketel moet vol water maak nie. (Ek het altyd gedink gordyne is sodat mense nie kan in sien nie, maar ek sal nogals nie omgee om gordyne aan ons kombuisvenster te hê nie.) Nadat sy droog is, kan jy haar gewoonlik van so kwart voor ses, tussen die twee woonstelblokke se ingange kry, besig om haar hare uit te borsel. Ja, sy weet alles van almal, in altwee komplekse. Jou hond kan nie hier op die gras bol, sonder dat sy dit weet nie. Ek heg 'n foto aan van haar vensters, nadat sy my gewaar het. (Anders was hierdie nou dalk 'n porn site, lol.)

Thursday, 6 October 2011

Steve Jobs 1955-2011


Hierdie is nie my weeklikse Blog nie. Dis meer 'n tipe lofrede.
Die volgende 'link' het onder my aandag gekom na Steve Jobs gister oorlede is. Dis 'n toespraak wat hy in 2005 by Stanford Universiteit gelewer het.

'n Uittreksel vir die wat nie nou dadelik tyd het om alles te lees nie: (Onthou dan om die res te kom lees/luister/kyk wanneer jy meer tyd het. Dis nogals inspererend.)

 "If you live each day as if it was your last, someday you'll most certainly be right."..."Remembering that I'll be dead soon is the most important tool I've ever encountered to help me make the big choices in life. Because almost everything — all external expectations, all pride, all fear of embarrassment or failure - these things just fall away in the face of death, leaving only what is truly important."


Hier is die volledige Video vir dìe wat wil kyk/luister en die Geskrewe toespraak vir dìe wat wil lees.

Dit pas ook nogals mooi in by die onlangse "Little Miss Mentor" blog inskrywing oor "Wat is geluk" en die "white picket fence".

Liefde en Groete

Johann

Saturday, 1 October 2011

Sokkies, mode en Opera

Ek wil net eers om verskoning vra vir hierdie laat inskrywing. Ek het, na hierdie dol week, 'bloggers-block' gehad, maar sal bietjie my sokkies optrek. Gepraat van sokkies... wanneer mens elke dag 'n denim werk toe dra, en meer so wanneer jy meer as een paar van 'n sekere kleur sokkie in die was het, raak dit met elke was moeiliker om pare bymekaar te kry. Veral wanneer dit net die hoeveelheid wasse is wat sommige sokkies se kleur variasie veroorsaak. Dit help ook as daar nie na 'n was 3 onpaar sokkies oor bly nie. Vir my is dit nou, gelukkig, vir eers, die einde van hierdie probleem.

Blou Sokkies
Galaxy Pants
Dit was Vrydag my laaste dag by my ou werk. Op die eerste dag, klap al die huidige werknemers hande, wanneer nuwe werknemers vir die eerste keer deur die winkel na agter loop. Let wel dat daar tot 50 mense op 'n keer aan diens kan wees en dat kliënte(ook altyd 20+) gewoonlik heel verskrik rond staan. So het ek ook die hele winkel tot stilstand gebring met my 'departure'. Ek neem afskeid van 'n baie diverse groep talentvolle, en in baie gevalle onderbetaalde mense en neem saam met my vele lesse, wyshede en gelukkige tye.

Ek deel ook 'n foto wat ek met my nuwe "Top Spy" app geneem het, terwyl ek nog daar gewerk het. (Die App laat jou toe om fotos te neem sonder dat dit dit lyk of jy fotos neem. Hopelik kan ek nou baie meer met julle deel.) Die foto is van een van die meisies wat by die winkel werk se 'intergalactic galaxy tights'. Dit staan nogals uit. Skoene pas nie daarby nie, maar dit raak mens gou gewoond hier, waar mense so bietjie modieus uitgedaagd (challenged) is. Sy hoef darem nie soos ek te sukkel met onpaar sokkies nie. En ja, hulle moet dit eintlik net in S en XS grotes verkoop.

Ons nuwe kar ry baie lekker, of so sê Jeanelle. Ek kon nog net 20km vêr bestuur, voordat sy hierdie week na Newcastle en Wollongong toe is, 2 stede, 200km noord en 100km suid van Sydney.

Ons nuwe verhurings agent het laat weet dat ons nou eers 20 November kan intrek, omdat die sement-kanker erger is as wat hulle oorspronklik gedink het. Joy. Nou staan ons maar bakhand en vra of ons nog so 5 weke langer in die huidige woonstel kan bly. Natuurlik teen die verhoogde prys, waarvoor hulle na 3 weke se skou, nog nie huurders kon kry nie. Ons bure is seker nou al net so moeg vir hierdie weeklikse 07:00 Saterdag oggend stofsuig soos ek. 

Ons planne vir die naweek: Na huis skoonmaak, gaan ons eers fliek. Crazy Stupid Love, vir bietjie mode inspirasie. Daarna gaan ons werksklere koop.
Stuur maar gerus vir Jeanelle al julle simpatie boodskappe. Ja, ek moet nuwe skoene ook kry. :-)

Na al die afskeid, slegte nuus en alleen aande van hierdie week, het ons dit darem, op 'n hoë noot, afgesluit met 'n Placido Domingo konsert. 'n Ware belewenis, so op die 50ste herdinking van die man se opera loopbaan.
Placido Domingo and Katherine Jenkins
Baie geluk weereens aan Wian en Leoné wat Sondag vir Simoné doop. Ons harte is by julle. (Wens ons kon die dag met julle deel. Weet net dat julle die heeltyd in ons gedagtes is.)

Amper vergeet ek dat die Dopper kerk ook môre vir ons afskeid hou, omdat ons mos, vir alle praktiese doeleindes, hierdie week trek.

Ek is so bietjie benoud maar opgewonde oor wat hierdie week en my nuwe werk alles mag inhou. 

Hoop julle het 'n lekker naweek en week wat voorlê. 

Liefde en Groete,

Johann

Friday, 23 September 2011

Daar is 'n vurk in die pad...


Ek kan nie anders as om hardop te lag wanneer ek terugkyk na hierdie week nie.
Is daar 'n vurk in die pad,
of is dit dalk 'n telepel op die sypaadjie

Verlede Vrydag aand het ons tot 23:00 huis aan die kant gemaak. Nie dat dit nou regtig vuil/deurmekaar was nie, maar toe ons klaar was, het dit gelyk of Sneeuwitjie en die sewe bediendes hier deur is. Ek het selfs oorweeg om weer die plek te huur.

Saterdag nadat die huis geskou is, het ons gebruik om kar te soek, maar gou uitgevind dat dit nie gaan maklik wees om finansiering te kry nie, omdat ons visums in 13 maande verval. Verder het ek net aan Maandag se bedanking gedink en die groot besluite wat voorlê. Sondag se Not-so-fun-9-km-run was nogals 'n entjie. Dit het nie gehelp dat dit 9:00 op 'n warm sonskyn dag gehou is nie. Daar was soveel deelnemers dat dit 10 minute geneem het om oor die wegspring te kom. Ek het ook die oggend voor die wedloop verneem dat net die hardlopers wat in die eerste uur en 'n half klaar maak, medaljes kry. (En medaljes is nie vir my onderhandelbaar as dit by hardloop kom nie) So toe moet ons dit in 1 uur en 16 minute voltooi.

Ek het my bedankings brief vir die eerste bestuurder wat ek Maandag oggend kon kry gegee. Hy was heel gereserveerd en ek was net besig om te wonder of hulle my darem gaan mis, toe die ‘winkel bestuurder’ my inroep. Dis nogal lekker om te weet dat my harde werk raakgesien is, net jammer ek vind toe eers daarvan uit. Ek moes lankal vir ’n verhoging gevra het!

Soos Leon Schuster in die film “U.N.T.A.G.” gesê het: “There are no best roads here... they’re all bloody bad...”, kom elke besluit met sy voor- en nadele en dit help nie om jouself blind te staar teen uitdagings en nie geleenthede raak te sien nie. (Net soos Ds. Niekie se preke, dink nie nie dit het enige iets met die aanhaling te doen nie, maar dis 'n cool aanhaling.)

Te midde van die vriende wat ek gemaak het, werk wat ek goed gedoen en verstaan het, ’n fantastiese bestuurder, die offer van ’n verhoging, die vrese van nog ’n dreigende resessie, opgehoopte verlof wat jy nie dadelik by ’n nuwe werk mag vat nie, die feit dat ek ’n kar nodig het vir die nuwe werk en die feit dat ek glad nie weet wat om te verwag nie en dat ek die iPhone5 se bekendstelling gaan mis, is dit ’n nuwe uitdaging. Dit maak nie nou heeltemal mooi sin nie, maar as ek nie probeer nie, sal ek nooit weet nie. Dis hartseer om te groet en verseker nie ’n maklike besluit gewees nie, maar ek gaan hier vir persoonlike groei en 'n geleentheid om nuwe vaardighede te leer.

Terwyl ek nog besluit het, was ons hard aan die kar soek. Ons is terug gepluk grond toe van die 120d BMW wat ons Saterdag oggend toetsbestuur het, na iets wat ons sonder ’n lening kon bekostig.


Jeffrey (aka 'Chopstick')
Met groot hulp van ons ouditeur, kon ons darem finansiering by Toyota kry. Dis nou nie eintlik 'n kar waarvan ek die verskillende reekse ken nie, so ek het eitwat dom gevoel toe die finansierings dame na my draai en vra watter kar ek wil hê. Ek glo nie dat daar 'n Toyota bestuurder daar buite is wat in sy/haar droom-kar ry nie. Ons sal nog eendag (binne kort) weer iets Duits ry, maar vir nou is dit 'n slim finansiële koop.


Ewe skielik is ons wêreld nou groter. As dit nie vir die naweek se werk was nie, sou ons behoorlik die karretjie uitgetoets het. Die afgelope paar weke het ek 'liberties' getrek en nie naweke gewerk nie, maar omdat ek weg gaan, begin ek môre oggend my 7 dae-aanmekaar skofte, om soveel as moontlik kennis van my werk oor te dra aan die vervanger. Andersins behoort die week wat kom, die stilte voor die storm te wees en volgende naweek is dit reg maak vir my nuwe werk. Ja, dis tyd om die jeans en tekkies te verruil vir 'n suit.

Ek bring elke dag 'n boks of twee saam van die werk af, vir ons trek. (Dis nou geskuif na die 14 de) Ons kan nie meer wag nie.

Liefde en Groete
Johann

Friday, 16 September 2011

Dak-, Werk- en Karloos

Ek kan nie anders as om met 'n glimlag terug te kyk na hierdie week nie en ek moet myself betoom om nie ‘n boek daaroor te skryf nie.


Ons het verlede Sondag gaan rugby kyk by vriende, hulle het Foxtel en dit is glo al hoe mens rugby wêreldbeker in Australia kan kyk. Hulle kan ‘live’ televisie ‘pause’, opneem en weer speel, so ons kon selfs tussen wedstryde, nog ou wedstryde kyk. Ons was 4 couples; Ons, Aussies, SA expats en NZ/UK couple, by wie se plek dit gehou is. Dit was ons werk om koek te bring maar ons is vroeër die week na ‘snacks’ ge-demote. Om nie af te steek by die ander nie het ons vroeg Sondag oggend ‘n kar gehuur om te gaan biltong koop. Saam met die dips, skyfies en sjokolades, sou dit goedkoper gewees het om net die vleis vir die geleentheid te borg, maar dit was nietemin spoggerig.


Die Aussies het met die hele groot trek opgedaag; kind, hond, drie doeksakke, die kind se voeding stoeltjie en ‘n stootkarretjie wat so groot is dat dit lyk of die hele gesin daarmee in die wildtuin kan gaan kamp. Hulle moes twee keer kar toe loop om alles weer in te laai. Dan het dieselfde mense nagereg gebring… (Ek hoor al hoe my toekomstige uitnodigings teruggetrek word uit.) Kaaskoek. Sy was baie trots om te vertel hoe maklik dit was om te maak, nadat ek reeds een sny ingehad het. Dis basies net koekies, botter en roomkaas(gemiddeld 35% vet vir die wat gewonder het), met nog room bo oor vir versiering. Jeanelle het Maandag siek verlof gevat en my konstitusie het eers weer gisteraand gestabiliseer.
Dit was Maandag een jaar serderd ons in Australië aangekom het.


Die agent van ons nuwe woonstel het gereël dat die nuwe woonstel uitgeverf word en nuwe matte kry, maar onder die ou matte ontdek hulle toe dat die vloer se ysters binne die sement roes (Sement-kanker) en hulle moet dit nou eers reg maak. Na twee dae se gesukkel het ons, ons huidige agent in die hande gekry en kon ons darem ons huidige huur verleng vir nog 'n week, natuurlik teen die verhoogde huur. :-)

Woensdag middag het ek gou 'n onderhoud in gewerk en vanmiddag 'n opvolg. Ek begin 4 Oktober by die nuwe plek. Ook maar goed, want volgens my huidige baas is my hele woonstel se plumbing nou al vervang. (Baie dankie vir al die duime vashou, gebede en sterktes, dit het gehelp.) In my huidige werk het hulle net vertel hoe lekker die werk gaan wees, en dat mense eintlik húlle sal betaal om daar te werk, teenoor die nuwe plek waar hulle beloof om harde werk te beloon. (Voorwaarde:) Ons moet net 'n kar koop in die volgende twee weke, voor ek begin.

Iemand by die werk het hierdie iPhone kassie gekry.
 Dit werk vir iPhone 3 en 4.
Woensdag aand het ons saam met ‘n klomp van my werk-vriende gaan kuier. Dit was ‘n prettige aand, al het ons, onsself 22:30 langs die pad bevind, met twee dooie iPhones in ‘n vreemde woonbuurt. Ons het so benoud gewaai na die eerste taxi wat ‘geokkupeerd’ verby gery het, dat hy later spesiaal terug gery het om ons te kom haal. lol. (Dink nog steeds nie ons het ‘n kar nodig nie.) Die volgende dag was almal olik by die werk. (Deli Belli) (…weer) Ek sal vanaand iets stabiel vir aandete moet maak. Ons het energie nodig om, tussen die sjampanje deur, ons woonstel 100% skoon en netjies te maak, want ons agent skou môre oggend 09:15-9:30.

Ons het al vergeet dat ons, eerskomende Sondag, aan die Sydney Bridge Run deelneem. 9km!? Afsny is na 1.5 ure. (Dit behoort op te maak vir verlede week se kaaskoek.) Ja, vir ‘n medalje. Daarna het ons twee ure om by ons 3D LionKing IMAX uit te kom.

Hoop dat julle almal ‘n rustige naweek het. Ons gaan verseker tussendeur probeer rus, en ons hoop dat volgende week ‘n rustige week sal wees. Hopelik rustiger vir ons, so tussen die kar koop en bedank.

Liefde en Groete

Johann 

Friday, 9 September 2011

Home is where the heart is

Ons het 6 van die 9 woonstelle op die lang kortlys gaan besigtig. Dit het die hele Saterdag geneem. Menigde kilometers gestap, vier keer ferry gery en 'n hele paar keer trein. Een het 'n dooie voël op die stoep gehad en is byna dadelik deur Jeanelle afgekeur, een het soos iets uit 'n moordenaars film gelyk met klein kamertjies en 'n mat wat uitgeloop is soos 'n plaaspad. Dan was daar ook die grot huisie, met een klein venstertjie in die sit-eetkamer. Natuurlik moet jy hier eers aansoek doen as jy belang stel. Ons het vir 2 plekke aansoek gedoen en altwee gekry, eintlik 4 as jy die agente tel wat later gebel het om te hoor of ons nie in hulle woonstelle ook belang gestel het nie.

Ons trek einde van die maand oor die water, na Belmain. Dis net 'n ferrie-rit verder vn die werk af as wat ons nou bly. Dis 'n effens groter plekkie, met 'n bad, waskamer en stoep (vir braai) meer as wat ons nou het.

Gepraat van braai, kyk gerus hierdie video, wat twee Suid Afrikaanse studente vir/van Nasionale Braai Dag gmaak het. Baie goed gedoen. Dit het ons sommer bietjie patrioties gemaak en lus vir braaivleis.

Hier was tot 'n hostage drama een middag. Niks meer as iemamd wat 'n "tantum" gegooi het in 'n stad waar motorongelukke nog die agt-uur nuus haal nie. Toe iemand "bom" skreeu, toe vat dit die hele polisie, brandweer en onderhandelingspan 10 ure om dit uit te sorteer. Niemand weet nou nog wat die man eintlik wou sê nie.
Sterkte aan die Moolmans, julle moet maar geurlose kos begin maak. Geluk aan die Botha's met die visums. Bietjie dae!
Ons het hierdie "African Bath Robes" in die winkels gesien. Alles laat ons verlang en julle is almal elke dag in ons gedagtes.
Hulle het noudie dag hier 'n ou tannie se woonstel oopgebreuk, net om te vind dat sy al vir agt jaar dood is. (Bure het nogals gedink sy is stil.) Dit wys net dat om aan mense te dink nie genoeg is nie, so stuur maar nou en dan 'n epos, sms, skype, gtalk of viber.
Jammer dat ek nie so vinnig reply het hierdie week nie.

Nadat ek letterlik verlede week die "recruitment" websites, met my CV, gespam het, het iemand my darm Woensdag gebel. Na 'n 45 minute foongesprek het ons alles van mekaar geweet en was ek Donderdag vir 'n vinnige onderhoud/inligtingspraatjie, net om seker te maak wat om aan te trek en waarop om klem te sit, wanneer ek volgende week 'n onderhoud met die werkgewer het (eerder as net met 'n recruitment company). Hou maar duim vas.

Ons kyk die begin van die wêreldbeker. Ek glo nie ons nuus/tv is vinniger, omdat dit nader is nie, en ek wil nou nie die 'punch line' weg gee nie, maar Tonga gaan nie hierdie een wen nie.

Ons gaan Saterdag bietjie braai en die Bokke ondersteun met hulle eerste wedstryd.

Liefde en groete,

Johann