Saterdag wou ons vroeg reeds na "sculptures by the sea" gaan kyk, maar ons het direk van die bus af eers begin soek vir middagete. Ons 'strike' dit toe lucky; hulle werk aan die treinspoor, en alles word deur busse vervang :-). Ons het ook iewers gehoor dat dit op die 'Bondi to Coogee beach' staproete is, so na so bietjie 'Chinese' (ja, ons het uiteindelik 'n 'Chinese' Resturant gekry wat ook 'Sweet and Sour chicken/pork' verkoop), het ons die stap van Coogee se kant af aangedurf.
Na 1.8 km se stap was daar nog niks. Die 'scenery' was darem mooi.
Sydney se Gordon's Bay - Mense swem tussen rotse. |
Mense wat 'tan' op sement blaaie om die water. Dis amper soos 'n swembad!? |
Vir 'n paar Sydney-ers is dit hul enigste kans vir 'n plekkie by die see. |
Ons was net oppad om vir 'n busstop te soek, toe sien ons die 'sculptures'. Dis toe eintlik net by Bondi en die buur-strand. :-) Teen die tyd was ons al deur geloop en nie regtig vol waardeuring vir kuns nie.
Interessante kunswerke nietemin. Ek het fotos van so 'n paar aangeheg.
Bietjie moeilik om te sien van hierdie 'angle' maar die 'n hout huis (murasie) |
'n 3D-erige kunswerk. (Rikus: moenie eers probeer nie, beweeg aan) |
Ja, dis 'n TV |
Spyker langs die see. |
Sondag was dit kerk en werk. Ongelukkig kon ons nie die Aussie meisiese verjaarsdag mee maak nie. Sy het byna 40 mense genooi om na haar huis te gaan (wat wie weet hoe vêr uit die beskawing is), hulle eie kos te bring (en presente) om haar verjaarsdag te vier!? Ons het heeltemal te veel gehad om te doen.
Jeanelle is so toegegooi onder die werk op die oomblik dat jy net nou en dan 'n hand onder die papiere sien uitkom vir 'n slukkie water. By my was dit soortgelyk. Telesales was maar moeilik hierdie week. Veral Donderdag, toe ek 'n nuwe tegniek probeer, wat mense vra of hulle een van drie probleme ondervind. Ek is bly om te sê dat niemand enige probleme het as hulle deur 'n rep geskakel word nie (nie wat hulle sal erken nie) en ek was nie voorbereid op dit nie, so wat gevolg het was ewe pynlik vir my en die ou in die 'cubicle' langs my om te hoor. Een van my ou kolegas by Apple het altyd gesê: "Fuck me dead", wel, dit was 'n heel gepaste wyse om die dag te beskryf.
Die kersie op die koek, was toe ek vir Jeanelle by die werk gaan haal en ons oppad terug, (altwee moeg en honger, na 'n laaang dag se werk), sonder petrol langs die pad gaan staan. (Ons nuwe kar het 'n 6 segment digitale voorstelling vir die petrol. Wanneer die 2de laaste segment verdwyn, dan begin die laaste segment flikker. Ek sou dink dat mens nog vêrder as 20 km sou kon ry. Veral met 'n kar wat so ekonomies is. lol) Gelukkig is daar toe 'n inham langs die pad (die enigste vir 5 km) en ons was net 200m veby 'n vulstasie. Ek sal later op Facebook 'n foto van my nuwe petrol blik 'post'. Die blik het 3 keer soveel soos die 5l petrol gekos. (ps. temidde van wat op Facebook gesê is, wil ek net van die geleentheid gebruik maak om te sê dat ek nie bestuur het toe ons gaan staan het nie.)
Dit was 'n belaglike week. Ons het heeltemal te hard gewerk. Dit het ook die heel week gereën. Die hele week! Door-to-door sales afwisseling met telesales was geen pret met al die reën nie. Ek het 2 meter agter my 'work-issued' BlackBerry moes aan hol, nadat ek die foon laat val het toe ek uit my bestuurder se kar klim en die foon letterlik met die stormwater, met die straat af, gespoel het. Die BlackBerry werk nog. (vir nou)
Dink ons kort so bietjie son. Dan sal ons sommer beter voel. Het laas son gehad tussen Bondi en Coogee.
Na so 'n week het 'n naweek bietjie van 'n kupstootjie nodig, so ons skop die naweek met pizza en wyn af.
Liefde en groete.
Johann
PS. Ek het vergeet om verlede week te vertel van ons oggend draf. Hier is 'n pragtige padjie, spesiaal vir voetgangers en fietse wat onder die hoofweg kronkel en al die parke konnekteer, waarop ons verlede Vrydag oggend gaan draf het. Nie dat ons gewoonlik die eerdte mense is wat draf nie, maar ons gaan ongelukkig nogals gereeld deur spinnerakke. Jeanelle is al gewoond om te sê:" toemaar, daar is niks op jou nie", maar hierdie keer was dit 'n rude awakening, iets soos:" Toemaar man, daar is niks op jou nie. O shit, Bokkie!..."
Eerstens... Jy het al die pad van jou werk af, deur die stad, verby dosyne vulstasies, gery tot by my werk. Ek het omtrent 2km op die beisgste pad in North Sydney gery. Mmmm... dink nie hierdie ene is my skuld nie?
ReplyDeleteEn tweedens, ek het jou gered van 'n oerslike spinnekop (lyf so groot soos 'n suigstokkie). Jy moet nice wees, volgende keer los ek jou om hom te abba huis toe.