Ek het heeltemal vergeet om dit verlede week te noem, maar dit was op Dinsdag 1 November die jaarlikse Melbourne Cup. Die hele Australië kom tot stilstand. 15:00, en by Jeanelle se werk, sit sy en sjampanje drink. Ons kantoor is ook almal in die tee-kamer, besig met bier en snacks, terwyl ons die resies kyk. Vir ons is dit weer terug werk toe daarna, maar Melbourne se provinsie/staat, het sommer vakansie dag. Dis Melbourne Cup dag.
Dis seker die Melbourne cup wat dit aangehuts het, maar Saterdag oggen vroeg, het ons saam met een van ons Suid-Afrikaanse-Aussie vriende gaan perd ry. Die plaas het honderde perde, dis nogals groot skaal. Ongelukkig is die enigste foto wat ek geneem het, van die groen pappegaaie.
Die perdry was maar stamperig. Dit was net my derde keer op 'n perd, maar ek raak nou mak. Bygesê, ek het heelpad langs Jeanelle probeer ry, maar my perd, Niekie, wou niks weet nie. Die perde is so gewoond om in 'n ry te loop, jy kan eintlik maar die leisels los. Terwyl ons perd gery het, het die gids ons ook die hindernisse gewys vir 'n hindernis pretloop wat hulle binnekort daar gaan hou. Daar is 15 obstruksies in 5km. Hulle het ook 'n nuwe gebruik gevind vir 'n elektriese heining 'converter', dis glo die laaste obstruksie, waar jy glo op 'n groot stomp moet loop, terwyl jy tussen die drade deur vleg?! Dankie, maar nee dankie. Die afstand sou genoeg gewees het vir my.

Ek hoop die foto lyk beter op julle skerms. Anders: die groen goeters is voëls, (pappegaaie), die rooi-bruin kolle is duiwe.
Ons het tot ons spyt, Sondag middag gaan fiets ry en agter gekom dat 'n fietssaal en 'n perdesaal, min of meer op die selfde plek druk.
Jeanelle is Donderdagaand Adelaide toe, maar nie voordat ons die Business Lounge misbruik het nie. Ek moes dalk maar nie nog die Korma Chicken ook geeet het toe ek reeds propvol was nie. Mens sou sweer ek is bang ek kry eers weer kos as my vrou terug kom. (Wat ek aan aandete (en soos ek geeet het, ontbyt en middagete) gespaar het, het ek aan parkering betaal toe ek weer huistoe is.)
Die week was bietjie van 'n wipplank by die werk, my 'training' het klaar gemaak. Ek sou nie omgee vir nog so bietjie nie, maar nou is ons (nuwe reps) saam met meer ervare ouens op die pad, om te sien hoe dit gedoen word.
Hierdie naweek word daar hoofsaaklik geswot in hierdie woonstel, met die uitsondering van Saterdagaand, wanneer ons op 'n 'dinner-Cruise' gaan, met Regge musiek? (Solank dit nie Kwaito is nie, kan dit seker nie te sleg wees nie).
Ek kry ook van volgende Maandag 'n ander 'desk'/'cubicle' bietjie verder van die baas se deur af, so dit behoort ietwat rustiger te gaan.
Dis amper ook naweek in Suid Afrika. Ek is net bly dat ek nie( in Kanada is en) nog 'n dag moet werk voor ek naweek het nie. Weet nie of ek dit sou kon maak nie.
Aandete het my verewig gevat. Ek wou nie Pizza plek toe gaan nie, aaJeanelle hou te veel daarvan, sal eerder saam met haar daar eet. Die Thai plekkie adverteer gesonderige kos, maar het nie kaart fasiliteite nie, wat my sommer dadelik afsit. Die ander Thai plek, op in die straat, kos dubbel en uit beginsel uit, is hulle nie 'n opsie nie. Na ek met die kafee moes onderhandel vir my roomys, wat ek oppad na Grill'ed('n lekker Hamburger plek, 6 blokke verder) wou eet, omdat hulle nie regtig kaarte aanvaar vir transaksies onder R80 (have you ever) nie, het ek besluit om maar by die 'Vis en Tjips' plekkie 'n burger te koop (ja, tradisioneel Australiaans, met 'n skyf Beet). Ek kry toe maar 'n koeldrank want aleen drink is die begin van vreeslike dinge. Ek het net gesit, toe is aleen by tafel sit nie cool nie. En terug by huis het ek besef, dat dit ook te stil is. Burger was lekker.
Ek gaan nou gou my vrou op die lughawe haal. Alles sal dan beter wees.
Liefde en groete vir julle,
Johann
No comments:
Post a Comment