Friday, 2 December 2011

Work, work and no play...

Ek skryf hierdie blog vroegtydig, nadat ek moelikheid gekry het oor ek op Vrydagaande blog. (Regstelling: as gevolg van verbeterings aan die app waarmee ek blog, wat nog nie 100% is nie, kon ek dit net half voltooi op Donderdag aand.) Gelukkig, vir die blog, (ongelukkig vir my) werk Jeanelle vanaand so bietjie laat om 'n herhaling van verlede naweek te voorkom. Dit was 'n relatiewe stil week by ons op die pret frond. Ons het Saterdag en Sondag gewerk. Jeanelle het gewerk en ek het haar so bietjie gehelp en hope 'training' oor van ons produkte gedoen. My HR manager was darem baie beindruk gewees met my moeite. (zoep zoep)

Jeanelle was op Maandag en Dinsdag vir die eerste keer in Christchurch, New Zealand. Byna 10 maande na die aardbewing in Februarie, is hulle steeds besig om geboue in die stad te sloop. Daar is nog oral tekens van die verwoesting. Hulle het in die middestad 'n 'container mall' vir al die winkels, wat voorheen in die omgewing besigheid gedoen het, maar nou, as gevolg van steeds ontruimde geboue en afgeskorte strate, nie na hulle ou eiendomme kan terug keer nie. Gelukkig is die inwoners almal baie optimisties oor die toekoms. Interessante feit: Daar is meer as 60miljoen skape in New Zealand.
Ek het Dinsdagaand, in my ewige soeke na meer kennis en raad oor verkope, 'n seminaar bygewoon van een of ander Sales Guru. Die seminaar was verniet, maar die enigste parkering wat binne 5 blokke van die hotel was, het my $30 vir 3 ure gekos. (Ek is nou opsoek na iemand wat 'n 3x2m stuk grond wil verkoop in daardie area, want ek dink dit kan 'n goeie belegging wees.)

Op die verkope noot; ek het iewers hierdie week, die volgende gehoor wat nogals waar is:" Sales is the oldest profession in the world. Some people think it is something else, but that is just a subdivision of sales."

Ons het al amper vergeet van die kaartjies, maar ons gaan Sondag middag/aand, Elton John se konsert kyk. Dis in die buitelug op 'n wynplaas, iewers in die Hunter Vallei(Sydney se wynlande). In 'n stad waar ek hierdie week al gesukkel het om te slaap, omdat dit so warm was, en later, op dieselfde dag, koud gekry het, weet ek glad nie hoe om vir die konsert voor te berei nie. Ek hoop maar net Elton John kan ook klavier speel in sy geel reenjas.

Met kersfees om die draai en ons kersboom uiteindelik opgeslaan, dink ons die heeltyd aan ons vriende an familie. Ons mis julle elke dag.

Liefde en Groete,
Johann



No comments:

Post a Comment