Ek kan nie onthou wanneer laas ek so moeg na 'n week was nie. Fisies en verstandelik.
Verlede naweek het met 'n kort rukkie se werk by Jeanelle se kantoor begin, waar ek uitgevind het dat die kombuis koekies het. (Gehad het.) Na so 'n paar ure se werk, was dit uiteindelik naweek. (Vir die eerste keer in 2 weke).
Ons wou Sondag vroeg ry na die wynlande, maar moes eers 'n draai in die winkels maak. Daar was gelukkig nog tyd vir die Tourist Route. (Dit voel heeltyd asof mens op 'n pas ry. Die pad het deur die Sydney platteland gebiede gekronkel en dit het heelpad gereën). Ongeveer halfpad het ons b 'n padstal/drinkplek gestop vir 'n koffie. Dit het vir die eerste keer gevoel of ons van 'n meer ontwikkelde plek af kom. (Ons weet reeds ons kom van 'n meer beskaafde plek.) Na ons koffie in 'n onpaar koppies is ons weer verder.
Volgens ons weervoorspellings shou dit niks reën na 17:00 nie. Dit het toe al die tyd tot 16:55 gereën. Daarna het die son onder gegaan en 'n woeste wind het begin waai. (Dit was yskoud, selfs met 'n trui en 'n baadjie). Die Show was baie goed. Die ouens wat vir Elton John die konsert geopen het kan ek nie in fotos beskryf nie. Hulle is nogals uniek. Sien die video: (Dit mag dalk so lyk, maar dis nie 'n piret sjinese film nie, dis 'live'.)
Volgens ons weervoorspellings shou dit niks reën na 17:00 nie. Dit het toe al die tyd tot 16:55 gereën. Daarna het die son onder gegaan en 'n woeste wind het begin waai. (Dit was yskoud, selfs met 'n trui en 'n baadjie). Die Show was baie goed. Die ouens wat vir Elton John die konsert geopen het kan ek nie in fotos beskryf nie. Hulle is nogals uniek. Sien die video: (Dit mag dalk so lyk, maar dis nie 'n piret sjinese film nie, dis 'live'.)
Ek het nou nie beskrywings by gesit nie, julle kan sien wat ek bedoel met nie vandag se kinders nie.
Die vervoer was bietjie van 'n nagmerrie. Daardie wynland paadjies is nou nie juis vir 20 000 karre gemaak nie. Ons het nog gedink ons parkeer naby die uitgang, toe span hulle dit af en eindig ons heel agter in die string karre wat aan die 'doerkantste' uitgang moet uit.
Die show was 23:00 klaar. 01:30 was ons in die bed (by die huis). 4:30 was ons op sodat Jeanelle betyds by die lughawe kon wees. (Ek kon darm nog 'n uurtjie in kry, nadat taxi vertrek het, maar...) Dit was heeltemal te min. Maandae is my fone dag en dit was 'n slagting, by Jeanelle was dit niks beter nie, sy moes reel om 'n ekstra dag in Adelaide te bly. Ons werk nogsteeds daaraan om daardie slaap in te haal.
Die week het nogals 'n leer-kurwe gehad. Ek besef dat almal nie nou die produk wil hê nie, maar dis baie makliker om mense te bel en te hoor of hulle belang stel, as om deur tot deur te gaan. (Wat ek ook probeer het. lol)
Volgende week gaan Jeanelle weer Adelaide toe. (Ma-Do) Maar voor dit het ons hierdie naweek vir die eerste keer in byna 1.5 jaar weer mense genooi vir ete by ons plek. Ons het natuurlik net 8 van alles, maar hier kom Saterdag 8 mense vir 'n egte Suid Afrikaanse braai. (Nie BBQ nie.)
Ek moet net gou nog tjops gaan kry, omdat ek vergeet het om ons ook te tel. Weer nie waar almal gaan sit/staan nie, maar ek glo dit gaan lekker wees. (Sonskyn sal 'n bonus wees, want as dit reën, dan word my stoep 'n swembad.)
Ons verlang baie na al ons vriende en familie wat al by ons gebraai/geëet het. Hier moet nou ernstig gebak word. Die Marmite(Vegimite)-tert gaan nie homself maak nie.
Hoop julle geniet die naweek en gooi self 'n vleisie op die vuur.
Liefde en Groete
Johann
No comments:
Post a Comment