Oppad terug van die berge af, was ons lus vir appeltert. Ons was in die appel area in naby Sydney, maar dit kon ook dalk die reuse 3m deursnee appeltert op die ou Bedford trok langs die winkel gewees het.
Die toneel het ons selfs oorreed om 5km na die naaste kitsbank te ry (want ons gebruik mos nie kontant nie). Na al daai moeite was ons verwagting seker te hoog. Die appeltert het soos warm appel tussen twee snye brood gesmaak. Die plek se deeg is alles behalwe lekker. Dis klip hard, en smaakloos met heeltemal teveel fyn skywe appel binne in die tert. Die koffie was nie te sleg nie. Terwyl ons daar gesit en staar het ne die een muur met die Elvis uitstalling en die ander met die stowwerige Meksikaanse hoede en die ou kersboom, het daar seker nog 6 karre gestop, want niemand kan verby daai trok met die tert ry nie. Meeste van die mense het maar net wegneem koffie bestel en 'n tert, waarna ek hulle sou kon waarborg dat hulle later teleurgesteldsou wees. Dalk is ons net beter tuisgebak/tert gewoond.
Die fokus het dalk verskuif van Suid Afrika, maar ek twyfel of ek nog baie kan leer waar ek nou werk. Talentvolle verkoopsmense verlaat die maatskappy met 'n tempo om by ander plekke te gaan werk vir beter salarisse, sekuriteit en voordele met minder verwagting, druk en stres dat jou werk altyd op die spel is. Naas iemand wat 4 maande voor my begin het, is ek nou die mees ervare lid van ons span. lol.
Om een of ander rede stroom die aanbiedinge nog nie in nie, maar 'watch this space'. Dis seker tyd dat ek my 'Linkedln' update.
Ons het Woensdag ons 4de huweliks herdenking gehad en toe die restaurant waar ons wou gaan eet sê dat ons net een en 'n halwe uur het om te eet, voordat die restaurant (op 'n woensdag aand) vol bespreek is, het ons twee 'full-rack ribs and chips take-away' bestel en by die huis gaan eet. Ons nog een en 'n halwe etes daaruit gekry en baie sleg geslaap as gevolg van al die vleis.
Ons het ook tot die besef gekom dat al al die vroeg opstaan en laat gaan slaap hulle tol begin eis het. Dit help nie om net-net 7 ure slaap in te kry en dan nog onrustig slaap (as jy bv. opstaan in die aand, want jy moet 'n draai loop, want jy is swanger of iets) nie. Al die minute wat jy te min slaap hoop op!
Ons het van Donderdagaand af hard probeer om vroeër te gaan slaap om van die verlore slaap in te haal en ons kan al 'n verskil voel. :-)
Saterdagoggend het ons 6uur opgestaan om na die Olimpiese spele se opening seremonie op die televisie te kyk. Ons het al te lekker gelag toe die Queen daar aankom. Die Britte het GROOT gegaan!
Die blog is nou amper op datum. Ek hoop dit gaan goed met almal. Pas mekaar mooi op.
Baie Liefde en Groete
Johann
No comments:
Post a Comment