Saterdag oggend was ons saam met 'n groepie mense van Jeanelle se werk by 'n bakkery vir ontbyt. Hulle noem hulself die "Brunch"-Groepie en het nogals ons oë oopgemaak na al die klein lekker plekkies waar mens kan ontbyt eet. Toe ontdek ons 'n Greys anatomy series en die res van naweek was geskiedenis.
Ons dink ons het dalk nou by die regte kerk uitgekom. Ons het nagmaal met wyn gehad. Ons moet nog by die dominee hoor watter wyn ditwas, want as ek nie so ordentlik was nie, sou ek wraggies vir nog 'n glasie gevra het. (Ek het juis gesien daar was nog so bietjie in my glasie oor, maar daar was te min mense om iets ongesiens te doen) As almal weg bly oor daar so min mense is, dan gaan die plek nooit groei nie, so ons gee dit 'n kans.
Maandagaand was ons by "The World Pub" in Kings-Cross, naby die Sydney rooi-lig area. Die snaakste mense in die strate; as ons darem maar 'n kamera by ons gehad het, sou ons sekerlik 'gepieter' geword het. Daar was 'n Jazz night en een van Jeanelle se werksmense het daar gesing. Interresante opset; enige iemand wat 'n instrument wil speel of sing, kan hulle naam op die lys sit en is welkom. By tye was ek onseker wie hou die wysie nou eintlik. Nodeloos om te sê, maar Dinsdag was dit maar moeilik om wakker te bly by die werk en Jeanelle het sommer verkoue ook opgetel.
Jazz Night @ World Pub (Kings Cross) Bo die kroeg hang daar 'n klomp tee-potte, wat hulle vir 'coctails gebruik' |
Ek kan 'n 8ure nagrus vir enige iemand aanbeveel. Ek het 5vm sommer uitgerus gevoel, veral nadat ek gewaar het dat die werkopdrag se afsnydatum ook Woensdag is. Na nog 'n laat aandjie, werkopdrag betyds in, was Donderdag dieselfde as Dinsdag; lank.
Daar was na 'n aand van 130mm reën, oral in Sydney, Donderdag, "Flash flooding", strate was vroeg oggend riviere en verkeer sou makliker met 'n boot gewees het. Die weer het gelukkig opgeklaar na die naweek en ons kon Saterdag onsself toeriste hou en op 'n Sydney fiets-toer gaan met Bonza Toere. Dit was baie lekker, ons moes dit net lankal gedoen het. Baie/meeste van die goed het ons nou al geweet na byna 2 jaar hier. Ons het wel 'n heerlike pub ontdek en nog 'n paar plekke waarheen ons wil gaan.
Oppie Bonza Fiets-Toer |
Ek het vergeet om te noem, maar ek het ook by die werk, my tweede sale gemaak!
Dis glad nie gerusstellend as die groot-baas vir jou sê: "Well done Johann, you saved your job" nie, maar dankie tog. Dit gaan andersgoed by die werk. Die Maandag oggend "Sales meetings" is bietjie duister, want al wat ek kon wegneem van die afgelope twee vergaderings was: "Life is all about knobs!" en "Don't screw the telemarketers!"
Queen Mary 2 (Grootste 'Ocean Liner'): in Sydney Queen Mary 2 Wiki Page |
Fat Yak Bier advertensie. :-) |
Eerste Mini-Roadster wat ek sien! |
Voor Vrydag aand se fliek-marraton (1x by Flieks, toe 'n DVD en toe nog 'n vliek op TV) |
Ons sien uit na "Love never dies" (Phantom of the Opera se opvolg) wat ons eerskomende Donderdag gaan kyk.
Baie geluk aan Wian en Leoné met julle nuwe motor, ek glo die gesin sal nou beter pas. Ook vreeslik geluk aan Rikus met sy nuwe werk, hoop jy geniet elke oomblik, bly warm en droog!
Liefde en Groete
Johann
No comments:
Post a Comment