Thursday, 26 January 2012

Australiëdag

Hierdie is sommer 'n mid-week blog, want die naweek behoort heeltemal te besig te wees.
Dis môre Australiëdag in Australië! (26 Januarie 2012) wanneer Aussies alles vier wat Australiaans is.

Ek moet dit vir die Aussies gee: hulle is baie groot op eg Australiaans! Hulle weet deur Australiaanse besighede te ondersteun, word werk in Australië geskep en die wins word binne Australië spandeer en so groei die ekonomie.

Ons wag al lankal vir ons vlug na Suid Afrika, maar moet nog 'n dag wag. Ons gaan, soos in die video verduidelik word, 'n "Barbie" op die strand hê. Link

Hier is 2012 se Australiëdag "Lambassador-video". (soos die Braai Day video in Suid Afrika)


Ons is amper oppad! Ons kan maar net hoop dat al die biltong, braaivleis, koeksisters, beskuit, kuiers met vriende en familie ons sal verveel voor ons moet terug keer!

Kan nie wag om julle te sien nie,

Liefde en Groete,

Johann

No comments:

Post a Comment