Nuwejaarsdag het verby geblits. Ons het die grootste deel van Maandag 2 Januarie om getreur, omdat ons kort vakansietjie/breukie tot 'n einde gekom het en ons Dinsdag weer moes gaan werk. Die Bothmas het die koerante gehaal, sien uittreksel in Beeld - 2012-01-02. (As jy nie die hele berig wil lees nie, hulle word in die laaste lyn genoem.)
My kar, in die werk se parkering. (Heel links)
Dit lyk vir my of die jaar maar so 'n week of wat gaan vat om aan die gang te kom. Baie plekke is nog hierdie week toe. Ek was deel van die ghost-staff hierdie week. Dit was net ek en een ander verkoopsman wat die fort moes hou. Die goeie ding daarvan was dat ek ook van die 'leads' kon kry, wat my kanse op verkope verhoog het, maar dit was nogals woes aan die diep kant. Skielik moes ek self onderhandel. Ek kan net sê: dit het goed gegaan, maar ek het nog baie om te leer. Drie voornemende kliënte het ingebel: Sam, Adam en Mark. Met Mark het ek, te gou, 'n spesiale aanbod aanbeveel wat toe te duur is in vergelyking met die opposisie, agv al die 'free' giveaways en Sam wou alles verniet hê en kon toe steeds nie kwalifiseer vir finansiering nie. Mark het darem die forms geteken, maar ek is onseker of hy alles reg verstaan het, agv die Sjinese kommunikasie gaping, so hy moet nog ja sê as finansies hom Maandag skakel. (Hou maar duime vas, dis dalk my eerste 'sale'. Lol.)
Vrydag aand het ons Mission Impossible gaan kyk. Dit was baie goed. Dit was soos een lang BMW, Mini en Apple advertensie. Gepraat van advertensies, hier is ook een van die advertensies wat tans by die fliek en op Australianse TV vertoon.
Ongelukkig was ons altwee hierdie week siek, ek het verkoue gehad en Jeanelle keelseer.
Vanoggend (Saterdag) het ons darem altwee beter gevoel (moontlik agv 'n goeie nagrus, maar ek kan nie te veel oor slaap kla nie, want ek glo die Bothmas kry op hierdie stadium baie minder slaap as ons in. :-) ).
Dis 'n pragtige dag in Sydney en ons het hier in ons ou woonbuurt, langs die Harbour Bridge, kom piekniek hou met ons fietse. Dit was nogals 'n groot trek; met Kindle vir Jeanelle om te lees, iPad vir blog, kos, bier, water, komber, boek vir my en Monopoly vir ingeval ons verveeld raak. Hier was ook 'n troue langs die water, tradisioneel in Australië, dra die bruidegom 'n donkerbril. Díe word dan ook op meeste van die troufotos ook op gehou!? Ai!
Sterkte aan almal wat hierdie week weer begin werk. Jeanelle begin ook weer 'travel' en dis hierdie week NewZealand, onder andere. Ek hoor dis darem nog net 18 slapies voor ons kom kuier!
No comments:
Post a Comment