'n Mens hardloop nie gou deur Ikea nie. As jy draf, vat dit ten minste 'n uur. Díe dat die middag so bietjie kort was met kerk, en die weeklikse inkopies wat min tyd gelos het vir voorbereiding.
Werk by die nuwe kantoor is rustig... baie rustig. As ek nog iemand sien wat sy facebook 'update' in werks ure gaan ek (soos Nataniël sê:) my bewussyn verloor.
Nuwe Stoeltjies vir die Ontbyt-hoekie |
Die rekenaar is nou bietjie meer in die geselskap, so ons kan nou blog en fotos laai, sonder om ongesellig te wees. |
Selfs die Maandag-'Sales Meeting' het gegaan oor: Voorbereiding, genoeg slaap, griep inspuiting, oefening, gesond eet, (en 'poefters', maar dis 'n laaaang storie).... ek het gewonder of ek by dieselfde plek werk.
Die logistieke werk reeds baie beter. (Dink Jeanelle moet so bietjie bus ry, sodat sy nie heeltemal te bederf raak nie. :-) )
Ek het dinsdag ons eks-tandarts gaan besoek. 'n Uur lange konsultasie met fotos en X-trale van wat hy beoog om te doen, met sommer 'n $2000 kroon daar tussen in. (Man, laat ek eerder nie tik wat ek dink nie). Om toe sout in die wonde te vryf, gaan ek mond-higiënis toe...$220 later is my tande skoner!?! My tandarts in Pretoria het dit verniet gedoen, want sy het, net soos ek, gedink 'n mond-higiënis is sommer 'n luuksheid. Toemaar, mediese versekering het darem $60 daarvan betaal!?!?!?! ($60???)
Ek moet nou eers rond-'shop' vir 'n beter kwotasie, lol. Ek soek 'n goeie balans tussen "No-Gaps Dental" (waar medies vir alles betaal) en tegnologie. Die idee van narkose tydens die prosedures klink baie lekker, maar as ek $2000 kan spaar, dan kan hulle maar sonder Navocane probeer. (Ek kom dalk gou SA toe vir 'n tandarts)
Ons het Donderdag "Love Never Dies" ("Phantom of the Opera" se vervolg/opvolg) gaan kyk. Briljant! Ek wou vertel waaroor dit gaan, maar nadat ek dit gesien het, wil ek eerder hê almal moet dit self beleef.
Die verhoog, kostuums en storie is asemrowend! Geen fotos is in die plek toegelaat nie, maar ek kon hierdie kry...
Het gisteraand saam met ons nuwe dominee en sy vrou gaan pizza eet. Dit was baie lekker en ek is bly dat Chatswood (waar oons oorspronklik 'geland' het, 'n baie Asiese area) nou uiteindelik 'n pizza plek het.
Sondag is ons na 'n doop in ons ou 'dopper' kerk genooi. Ja, die ander jong mense bou aan die ledetal in ons afwesigheid.
Ons het niks opwindend beplan vir die week wat kom nie, maar wie weet wat gaan gebeur?
Baie Geluk aan almal wat die week verjaar, veral Wes met sy 30ste! Ons dink ook aan die Moolmans wat trek na die nuwe huis, sterkte.
Rikus is die enigste mens wat ek van weet wat na 4 dae by 'n nuwe werk, 5 dae vakansie vat. Dis seker hoekom hy so stil is en hard moes werk hierdie week.
Geluk aan Stefan wat binne dae vertrek om te gaan werk in Texas. (Nie Mexico waaroor ons so bekommerd was nie.)
Gelukkige St. Patrick's dag vir almal, (17 Maart) drink 'n guinness en wees vrolik en vriendelik!
Die logistieke werk reeds baie beter. (Dink Jeanelle moet so bietjie bus ry, sodat sy nie heeltemal te bederf raak nie. :-) )
Ek het dinsdag ons eks-tandarts gaan besoek. 'n Uur lange konsultasie met fotos en X-trale van wat hy beoog om te doen, met sommer 'n $2000 kroon daar tussen in. (Man, laat ek eerder nie tik wat ek dink nie). Om toe sout in die wonde te vryf, gaan ek mond-higiënis toe...$220 later is my tande skoner!?! My tandarts in Pretoria het dit verniet gedoen, want sy het, net soos ek, gedink 'n mond-higiënis is sommer 'n luuksheid. Toemaar, mediese versekering het darem $60 daarvan betaal!?!?!?! ($60???)
Ek moet nou eers rond-'shop' vir 'n beter kwotasie, lol. Ek soek 'n goeie balans tussen "No-Gaps Dental" (waar medies vir alles betaal) en tegnologie. Die idee van narkose tydens die prosedures klink baie lekker, maar as ek $2000 kan spaar, dan kan hulle maar sonder Navocane probeer. (Ek kom dalk gou SA toe vir 'n tandarts)

Die verhoog, kostuums en storie is asemrowend! Geen fotos is in die plek toegelaat nie, maar ek kon hierdie kry...
Het gisteraand saam met ons nuwe dominee en sy vrou gaan pizza eet. Dit was baie lekker en ek is bly dat Chatswood (waar oons oorspronklik 'geland' het, 'n baie Asiese area) nou uiteindelik 'n pizza plek het.
Sondag is ons na 'n doop in ons ou 'dopper' kerk genooi. Ja, die ander jong mense bou aan die ledetal in ons afwesigheid.
Ons het niks opwindend beplan vir die week wat kom nie, maar wie weet wat gaan gebeur?
Rikus is die enigste mens wat ek van weet wat na 4 dae by 'n nuwe werk, 5 dae vakansie vat. Dis seker hoekom hy so stil is en hard moes werk hierdie week.
Geluk aan Stefan wat binne dae vertrek om te gaan werk in Texas. (Nie Mexico waaroor ons so bekommerd was nie.)
Gelukkige St. Patrick's dag vir almal, (17 Maart) drink 'n guinness en wees vrolik en vriendelik!
Ek het so paar fototjies by verlede week se blog gesit wat nie afsonderlik gepubliseer is nie, so as jy nog nie gesien het nie, gaan kyk gerus terug op http://skaaptjopsentimtams.blogspot.com/
Liefde en Groete
Johann
Johann
No comments:
Post a Comment