Dit was heeltemal te kort om almal (lank genoeg) te sien.
Baie geluk aan Kobus en Cecile met julle huwelik, ons wens julle alles wat mooi is toe.
Baie dankie vir al die kuiers en bederf. (Voel of elke kuier ook 'n ete was en elke ete was sowaar 'n fees.) .... Dit gaan 'n rukkie vat om weer 'in shape' te kom, maar dit wys net hoe baie ons dit geniet het.
Ons het Sondag middag 14:00 geland en Maandagoggend weer begin werk.
'Bad Idea!'
Die eerste week was dit net 'jet-lag', dink ons was op 'auto-pilot' terwyl ons wakker en besig probeer lyk het. Iewers in het ons 'n Roxette optrede bygewoon en ek het al te lekker gesit en visvang. Ek onthou net die skare was byna meer vermaak as die musiek. Die vrou van 'Roxette' het rond gestrompel asof sy 'n paar kappe weg gehad het en 'n paar keer het dit ook gelyk of sy haar woorder vergeet!?
Na die eerste naweek wat ons letterlik deur geslaap het, was ons weer mens, maar dit was 'n geskarrel, want ons onderskeie werke het gedink ons is al 'n week terug en dinge het begin ophoop terwyl ons daar gesit en 'lag' het.
Dit was iewers na die tweede terug naweek, dat ons eers weer traksie gekry het.
DiƩ die vertraging in blogs.
Baie Liefde en Groete
Johann
PS. Ek sal die blog update met baie fotos van Februarie (Die dele wat ons wakker was) so kom maak weer later die week 'n draai.
No comments:
Post a Comment