Friday, 17 June 2011

Sonskyn

Na 21dae se reën het die son uiteindelik weer vandag geskyn.

Hoewel dit nie so voel nie, was dit 'n kort week met Maandag wat 'n vakansie dag in OZ was(agv. Queen se verjaarsdag (dis nou nie die sanger nie, maar Australië/Britanje s'n)).
In ander verwikkelinge het die DeVillierse weer by 'n gym aangesluit. Alhoewel hier mooi draf en fietsry roetes is, verkies ek om droog en warm te bly tydens oefening. Die gym is letterlik 24/7 oor en reg oorkant die pad van ons apartment, so ons het nou geen verskoning om nie te oefen nie. (lw. Gym maak gelukkig eers 1Julie oop, so ons het tyd om onsself geestelik voor te berei en energie op te bou.) Staan nou vir Jeanelle en wag by die stasie, met warm pizzas(hulle wa warm 5 minute terug).
Net tyd vir 'n vinnige grappie:

'n Ou oom staan in 'n trein en kyk hoe 'n jong vrou sit en borsvoed.
Haar baba weier om te drink.
Sy dreig hom: "As jy nie drink nie, gee ek dit vir die oom!".
So gaan dit aan en aan.
Weer weier die baba en weer dreig sy... Tot die oom sy gat wip en se:
"Daai baba moet nou sy mind opmaak... Ek moes al 4 stasies terug afgeklim het!"

Lekker naweek hou!
Liefde en Groete,
Johann

1 comment:

  1. Albaster de Villiers, jy het seker al begin dink almal hier het omgekom of iets. Al jou blog posts val op dowe ore! Ek was die afgelope ruk die heeltyd so besig op n rekenaar by die werk dat ek nie n komma of n punt van my eie kon inkry nie. Aan hierdie kant gaan dit goed, volstoom aan die gang. Babas word groter en ek het darem nou die Comrades finaal uit my sisteem. Stuur Groete aan daardie kant aan almal wat vra, as hulle nie vra nie, se hulle sommer!

    Albaster Moolman

    ReplyDelete