Ek het hierdie week tot die besef gekom: Ons werk te hard, en ons drink te min.
Ek het agter gekom dat ek baie min van my eie werk op Sondae gedoen kry en net oral uithelp om die huidige "understafred" probleme uit te sorteer. Niemand waardeer die opoffering elkgeval nie. Dit het min verduideliking gevat om my kolega(wat saam met my skofte roteer) te laat insien dat sy vrou ook dit sal geniet as hy 'n hele naweek kan af hê, teenoor Sondag-Maandag of Vrydag-Saterdag. Om 'n lang storie kort te maak: Ek werk nou net elke tweede Saterdag en nie meer op Sondae nie.
DIs leeukop koud in Sydney! En dit reën! Die heater word skaars self warm.
Ons ADSL lyn is vandag geïnstalleer. Na vele frustrerende Skype gesprekke is ons nou op spoed.
Ek lees op die oomblik 'n skreeu snaakse boek: The racist's guide to the people of South Africa. Simon Kilpatrick noem nogals 'n graaf, 'n graaf en spot met almal se stereotipes. Dink dit sou interessant gewees het om so 'n boek oor Australië te kon lees.
Friday, 10 June 2011
'n Gejaag na wind
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment