Friday, 3 June 2011

Liewe Broers, Vriende en Moffies
Ons kry nie elke dag/week tyd of kans om te praat nie. Met die tydverskil is iemand gewoonlik besig om te slaap. So ek dien 'n beroep op almal om boodskappe op hierdie blog te los. Maak nie saak hoe 'gay' dit voel nie!
Dit sou 5 minute gevat het om 'n vinnige foon-oproep te maak, maar in die plek daarvan, los gou 'n 2 minute boodskap. Laat weet hoe dit gaan. Wat maak julle die naweek? Stuur 'n foto!

Alternatiewelik sal ek maar 03:30 (SA-tyd) bel vir 'n vinnige 5 minute oproep!

Wian, hoe gaan dit met dir hondjies? Lafarge, kan jy al weer loop na die Comrades? Ek sien al hoe ons ander jou op die ouetehuis se stoep los terwyl ons alleen gaan stap, want niemand is lus om jou rolstoel teen die bult uit te stoot nie. Rikus, hoe vorder die Kanada planne.

Hier in Sydney het ons nog net een keer met ons nuwe fietse gery, want dit reën al vir 'n hele week. Dit lyk of daar vandag 'n 20% kans vir sonskyn is. Voel of ons ons dood werk. Jeanelle was die afgelope week in Brisbane, Adilade, Coffsharbour, Perth...en hopelik is sy nou oppad terug Sydney toe.

My oomblik van die week moet wees toe ek gister oor die straat loop om by die werk te gaan. Ek val toe by die voet oorgang agter 'n ou man met 'n kierie in. Links van my is 'n vrou (natuurlik sjinees) met 'n waentjie(die tipe waarmee ou tannies soms hul pakkies dra, maar wat alle sjinese blykbaar vir hul 21ste verjaarsdae kry). Regs van my is nog 'n vrou met (you guessed it) ook 'n waentjie. En regs van haar is iemand wat sy fiets oor die straat stoot. Ek is in geboks en ek wonder of hulle agterkom dat hulle ook besig is om nat te reën.

Hierdie trein-trippie was net so lank. Nou moet ek eers weer kyk waar om te loop tussen al die sjineese.
Ons praat later.

No comments:

Post a Comment