Verlede naweek was heeltemal te kort. Ten die tyd dat ons klaargemaak het was dit reeds middagete. Ons vat toe maar die boot na die Sydney weergawe van Mariner's Warf, Doyles.
Na 'n onsamehangende preek en doop het die dominee toe ook darm gebid dat mense praktiese eetgoed na hierdie sondag se 167'ste verjaarsdag van die kerk moet bring. Ons was natuurlik in stukke!
Jeanelle was die grootste deel van die week in Adilade en amper vir 'n ekstra dag vasgekeer agv die Chillie Aswolk. Uitslae het minder goed gegaan met 'n her oor 'n paar maande. :-| Ek sal 'n ander taktiek moet probeer.
Verder het ek ook een oggend wakker geword met 'n reeks boodskappe van Absa wat sê dat iemand, op 'n shopping spree in Italië was met my gekloonde kredietkaart. (Net 'n paar 20minute oproepe en emails later is hulle besig met 'n ondersoek.) Dis nadat ek Maandag verwittig is dat ek nou 2 mense se werk moet doen en dat naweke af vir eers weer iets van die verlede is. Dis min of meer toe dat ek ophou oortyd werk het.
Op 'n ligter noot het Jeanelle toe darm kon huistoe kom, ek het sommer begin kyk of 'n ander onderneming my nie meer sal waardeer nie en ons was sopas by 'n Chris Chameleon konsert wat ons sommer baie laat huistoe verlang het.
Hou asb duim vas vir my twee onderhoude Maandag oggend.
Liefde en Groete
Johann