'Customs' is gesluit vir pos tussen Kersfees en nuwejaar, maar ons is vriendelik verras deur 'n pakkie uit Kanada wat nog deur geglip het met beddegoed en versierings vir klein Divvie se kamer. Dit was dalk net die aanmoediging wat ons nodig gehad het om die kamer reg te kry. Iets wat ons nou al vir byna 7 maande uitstel. lol
Ons moes inderhaas 'n matras vir die kot kry. Die verkoopsdame was nog besig om rond te bel vir voorraad, toe koop ons sommer die een van die 'display'. Jeanelle se kantoor is opgepak en stadig maar seker het die kamer begin vorm kry.
Baba-laaikas |
Dei instruksies. Laat my aan Lego dink. |
Die kot |
Wie lees en wie bou? |
Reg vir aksie! |
Die hawebrug (in agtergrond) vanaf Cockatoo Island. |
Na heerlike 'scones' wat my vrou vir ontbyt gemaak het is ons weer winkels toe op vir die beter deel van ons Sondag (ons kon net nie die 'after Christmas sales rush' misloop nie) want na al die ge-rond-'shop' om die beste waarde babastoeltjie te kry kon dié nie in ons kar pas nie. :-|
Ongelukkig vir Mothercare wat aanbied om enige prys te 'match' en 'n 'voucher' te gee vir die verskil, kry ons toe by David Jones (soos London se Harrods in Australië), na 'n lang dag, 'n stoeltjie wat pas, vir $100 minder as by Mothercare. $$-)
Ons spaar nog 'n verdere $40 deur die stoeltjie self te installeer, soos net twee handige, besorgde ouers kan. (Alternatiewelik kon ons iemand betaal om die instruksies te lees en dit dan vir ons te doen.)
Voordat julle die "Ai Johann, dit is verkeert om"-'comments' stuur: die stoeltjie moet 'rearward facing' wees vir babas van 0 tot 6 maande. (volgens die instruksies wat ek gelees het) ;-) |
Nuwejaar kon ons nie aan 'n beter manier dink om die laaste dag van vakansie te spandeer as weer die strand nie, gewapen met 'n nuwe sonskerm en 'n 'weather-app' wat bevestig dat die wind nie weer gaan opkom nie. (Ons is hoeka die witste mense daar. En ek bedoel dit nou uit 'n sonbrand oogpunt, 'or lack thereof').
Terug by die werk was dit heel rustig. Te rustig. Ek moes myself besig hou, want die meisie wat ons 'training' doen is te besig met voorbereiding vir haar werkswinkels om om te gee oor die nuwe mense. Daar was gelukkig 3 toetse wat ek kon doen, maar dit het my net vir 3 ure besig gehou. Niemand weet wanneer kom die ander mense of die bestuurders van verlof af nie en die fone lui, almal gaan gelyk op middagete, maar ek mag nog nie die fone optel nie. Ek kan maar net hoop dat daar binnekort 'n bestuurder van verlof af terug kom.
Met die einde/begin van die jaar wil ek net van die geleentheid gebruik maak om 'n paar goeie apps te noem wat ek in 2012 gebruik het:
Noemenswaardige Apps van 2012 |
DragonBox+: is 'n app/speletjie wat kinders/enige iemand leet hoe om algebra te doen. Baie interessant, maar teen $6 'n bietjie duur, veral as jy die hele spel kan klaarmaak in 20 minute. Nietemin, 'n goeie idee om kinders aan algebra bekend te stel.
He-Man: 'n ware 'classic'. Ek moes net. Nou spring daar elke paar dae 'n boorskap op my foon op dat ek dadelik die wereld moet kom red teen Skeletor. lol!
Pocket-Whip: Nie noodwendig 'n gebruiklike app nie, maar dit het vermaak verskaf; Ek kan nog onthou toe ek hierdie app gebruik het om vir my ma te wys hoe om iets eenvoudigs van die appstore af te laai met die iPhone en sy 'n paar dae later vir Wian vra: "Wat doen 'n mens met hierdie app?"
Ons klim nog heen en weer oor die 'babatee-in-'n-boks', maar meer daaroor in volgende week se blog.
Alles van die beste en 'n voorspoedige (en vir die vriende: vrugbare) 2013!
Liefde en groete,
Johann
Couch-to-5k: Ek moet weer hierdie een begin gebruik as deel van my nuwejaarsvoornemings . lol (Lees die sersant se uitroep) |
Ons het Woensdag, die 2de, gou stad toe gegaan om vir een van Jeanelle se vriendinne en haar familie wat vroeër die dag van Suid Afrika hier aangekom het, gou 'n paar kruideniers te vat. Dis toe ons voor die woonstel gebou (109 woonstelle) staan met twee pap selfone, dat ons besef ons het net die straatadres en niks anders nie. 'n Nuwe selfoonlaaier later, kon ons darem facebook raadpleeg vir 'n onlangse foto en dis net toe dat ons haar man, met kruideniers op die sypaadjie sien aankom.
Ons 'juicer' word nog gereeld gebruik. Om die waarheid te sê, hy koel skaars af. Die nuutste is: ABC-sap: Appel, Beet en wortel-sap (Apple, Beetroot and Carrot).
Ons klim nog heen en weer oor die 'babatee-in-'n-boks', maar meer daaroor in volgende week se blog.
Alles van die beste en 'n voorspoedige (en vir die vriende: vrugbare) 2013!
Liefde en groete,
Johann
No comments:
Post a Comment