Saturday, 22 September 2012

Mense wat die lewe smaak

Ek wou hierdie week by my Australianse steriotipe las deur te blog oor Australianers se smaak in voertuie, maar daar's nie plek nie. Ek deel wel graag met julle hierdie advertensie:

Ons het verlede naweek ons laaste tennisles gehad en behoort nou self 'n potjie tennis te kan speel.
Na die tennis het ons ons eerste babakamer-meubels gaan aanskaf; ons het nou 'n kot. (Ek was bang dat dit nie weer in die volgende 18 weke op uitverkoping is nie. Die spesifieke kot was nie regtig op die uitverkoping nie, maar ons het die vrou so deurmekaar gehad, dat ons byna 15% afslag op enige iets in die winkel kon kry.)

Sondag het ons saam met mede Suid-Afrikaners die pad aangepak na Sydney(Penrith) se Spur. Dit voel kompleet of 'n mens in Suid-Afrika se spur sit. Die dekor en kos is presies dieselfde, ons glo dat die resepte saam met die 'franchise' gekom het. Hulle het ook pienk-sous('chip-basting') en spur-'bbq'-sous.

Daar is minder as 15 weke van die jaar oor. (Useless information)

Ons het ook verlede naweek pos uitgehaal, (ons doen dit nie meer daagliks/gretig nie, want die winter se kwartaalikse elektrisiteits rekening moet nou enige dag kom,) net om 'n brief van die agente te kry wat sê dis tyd vir 'n inspeksie, Vrydag. Nog 'n spring-clean het die res van die naweek in beslag gelê voordat Jeanelle Dinsdagoggend tot Vrydagaand na New Zealand was.

Dit was 'n rustige week vir my terwyl ek die huis probeer skoon hou het.
Onderliggende stories by my werk is dat die groot-baas opgehou het om groot-maat aankope by die verskaffers te doen en winsgrense val want ons kompeteer teen ons eie verskaffers. (Daar het ook nog 2 mense hierdie week bedank. Klink nie goed nie. :-| ). Ek was redelik op auto-pilot by die werk hierdie week en ek dink dit mag dalk 'n goeie idee wees om te spring voor die boot sink. Ek het 'n werksaanbod gehad maar PR was een van die vereistes. Meeste van ons papiere vir PR is reg, maar ons het hierdie week uitgevind ons gaan geboortesertifikate en 'n huwelikssertifikaat moet indien. Dit kan tot 6 maande neem deur die 'SA High Commission'! (Dankie Wes met die hulp om dit te 'fast-track'.) As alles glad verloop behoort die aansoeke binne die volgende week of wat in te kan gaan. Watch this space.

Voorbereiding het Donderdagoggend so bietjie 'gelaps'; my elektriese skeermes se battery was pap, hemp was nie gestryk nie... Ek het gelukkig iewers 'n skeermes gekry wat ek lank terug gebruik het, maar toe is Jeanelle se skeerskuim op. Ek het halfpad kantoor toe ophou bloei.

Mede-'geeks' oral in die wêreld sal hulle koppe skud as hulle hoor dat ek tot Dinsdag gewag het, drie dae nadat daar 2 miljoen bestellings in die eerste 24 uur vir die iPhone5 gemaak is, voordat ek my nuwe foon bestel het. Ek het gedink hulle gaan baie papierwerk vereis en ek het nie nog kans gesien vir vorms en afdrukke waarmerk nie, maar dit was letterlik net 'n paar knoppies op die Virgin mobile webblad...ek het vandag reeds my 'tracking-number' gekry. :-)

Geluk aan Hein en Tans met julle huweliksherdenking. Soos Dr Schomer sê "Do remember that sex is a form of exercise. 15 Minutes of sex per day would burn the equivalent amount of calories of a full Big MacMeal, ...every two weeks."
4769kJ

My oefening(draf) kom nou al amper in 'n mooi roetine van 1 keer per week (elke Maandag oggend). :-)

Ons is Sondagoggend genooi na een of ander gedenkdiens by die ou Engelse kerkie in North Sydney. Ek sal my vrou se magie vir al die ou tannies kan wys. lol.

Dis lekker om weer 'n vrou te hê. ;-)

Hoop julle het 'n lekker naweek en week.

Liefde en Groete,

Johann

No comments:

Post a Comment