Sondagoggend 06h50 het Jeanelle besef dat die hoofpynpille op is en daar 'n migrane op die horison is.
Tot my verbasing vind ek toe uit dat daar nie 'n apteek in Sydney is wat voor 08h00 op 'n Sondag oop maak (waarvan ons weet) nie. Dit het ek uitgevind nadat ek wyd en suid, heen en weer gery het opsoek na een. Die Sondag wat ons beplan het is toe ('needless to say') uit by die deur.
As jy op die sypadjie loop en jy sien iemand wat bruin skoene by sy grys pak aanhet (...dan is hy seker blind?!?...) kan jy maar weet dat hy sy pers hemp aan het!?
Net toe ek vandag op die trein sit, en staar na die man met die pin-stripe suit en die rooi-raam brille wat op sy pienk iPad werk!? wonder ek of ek nie dalk te hard op die styllose Australianers is nie, toe 'n Australiaanse vrou agter my 'n sjineese vrou uittrap omdat sy haar naels op die trein sit en sny. Dis nie die eerste keer dat ek hierdie week so iets sien nie; vroeër die week het ek gou by 'n maatskappy ingeloer, toe ek gegroet word deur 'n man wat net gou sy toonnaels sit en knip. (Asof door-knocking nie 'awkward' genoeg is nie.) Ek weet van iemand in Suid Afrika wat dadelik sy bewussyn sou verloor. Hier is iets wat ons week opgekikker het:
Baba-nuus: Die outjie het begin skop. Dis nog baie liggies en gee Jeanelle sommer 'n glimlag elke keer as sy dit voel.
Oefening gaan maar power. Ek het Maandag oggend met die hulp van my 'app' begin, maar selfs die 30 minute oefen sessies het nie sommer net 'n gewoonte geword nie. Ons probeer maar eerskomende Maandag weer. :-)
Apple het ook die nuwe iPhone5 aangekondig. 'n Goeie stukkie ingenieurswerk. Ek het bietjie oor myself begin 'worry' toe ek, nadat ek die video op my foon gekyk het, dit weer op my iPad gekyk terwyl ek reggemaak het vir werk, net om seker te maak dat ek nie iets gemis nie. Die aand toe ek by die huis kom het ek die volle bekendstelling op die Apple TV begin kyk en dit baie interessant gevind. (Baie 'sad', ek weet.)
Die hierdie naweek ons laaste tennisles vir die kwartaal. En ons verlang genoeg huistoe om die 70km afstand na ons naaste Spur Restaurant af te lê. Dit is op Sondag se agenda.
Ek hoop dat Wian, Leoné en Simoné Mauritius baie geniet. Ek dink ook aan my Ouers de Villiers wat na die 8 worshonde moet kyk. (Chockie, Lulu, Mollie, Stompie en die 4 kleintjies) lol.
Hoop julle het 'n lekker week wat voorlê.
Baie Liefde en Groete
Johann
No comments:
Post a Comment