Ons het aangebied om pannekoek en wortelkoek en piesangbrood te bak, maar is toe gevra om net 1kg rys te bring. (As ons maar koek kon vat, want rys sukkel ons nog mee in Australië. Hier is nie Tastic nie, lol.) Ons het toe 1kg rys Vrydagaand gekook. Ons het dit ongelukkig in die pot gelos en dit het alles aan mekaar vasgesit teen Saterdag oggend. Ons het dit probeer red, maar toe maar nog 'n kilogram rys gekook om saam te vat. Toe ons daar aankom het hulle self ook 'n kilogram rys gekook, net ingeval ons nie het nie. :-/
Daar was hope en hope kos (selfs sonder die kerrie en rys wat hulle by die kerk gemaak het). Die gemeente het Engelse, Afrikaanse en Koriaanse dienste en elk het genoeg kos vir 'n skare gebring/gemaak. Hulle kan dit gerus volgende jaar 'n kos-fees noem.
Ons het die naweek ook vir die eerste keer ons Apple-TV uitprobeer. Dit is die toekoms van tv; jy kan kies wat jy wil kyk en teen dieselfde prys as was jy 'n DVD sou uitneem, kan jy ook deur die Apple-TV 'n fliek uitneem en dit vir 48ure, soveel keer kyk as wat jy wil. HD, '5.1 Surround Sound', sonder enige probleem, in die gemak van jou TV-kamer. (Uit vrees dat ek te veel mense aanmoedig om dit te koop, sal ek my kragte liewer spaar vir die nuwe iPhone5 waat glo eerskomende Woensdag bekendgestel word.)
By die werk het ons groot baas Maandag die rooi pilletjies gedrink. (Ons word soos kinders behandel: Oproep hoeveelheid en durasie word nagegaan, ons moes hom email met enige nuwe afsprake wat ons gemaak het, wie ons gaan sien, maatskappy se naam, kontak nommer, adres en waarom jy hulle gaan sien en dan het ons fone ook 'gps' tracking. Vandag moet almal elke oggend in die kantoor wees, môre kla hy oor almal in die kantoor is en nie by vergaderings nie!? Iemand het ook gister bedank en na ons grootste kompetisie geskuif, wat reeds meeste van ons maatskappy se ou en ervare verkoopsmanne in diens het. Gelukkig was ons groot-baas mos die hele week in 'n sprankelende bui. lol) Dit het my net aangemoedig om harder te soek. Oor 4 weke het ek 'n jaar se verkope ervaring. (Tyd vir 'n skuif?)
Een hoogtepunt was toe ek Maandag, na vergaderings terug in die kantoor kom en 'n pakkie op my tafel kry. 'n Kliënt wat 4 masjiene gekoop het, het die kontrak terug gepos. Raai wie was vir die eerste week die enigste een met sy naam op die muur? :-)
Ons het ons uitslae gekry vir die IELTS toetse gekry en ons is altwee met vlieënde vaandels deur. Jeanelle het 8.5/9 en ek het 8/9. Seker oor daardie antwoord wat ek gemis het in die luister toets. Wat beteken die uitslag: "Very Good User. Has fully operational command of the language with only occasional unsystematic inaccuracies and inappropriacies. Misunderstandings may occur in unfamiliar situations. Handles complex detailed argumentation well."
Ons gaan môre tennis speel en braai en beplan om die res van die naweek te spandeer asof ons op vakansie is.
Geniet julle naweek.
Liefde en Groete,
Johann

No comments:
Post a Comment