Dit was darem 'n kort week met Donderdag en Vrydag verlof, vir onderskeidelik leer en eksamen skryf.
So Jeanelle moes net vir 3 dae vir my hare teken (die streep inkleur) waar die hap ingesny was. Gelukkig groei die bietjie hare wat ek het vinnig. Al opmerking was toe ons Maandag oggend 10:30, in die middel van die foon-sessie gaan koffie drink en my bestuurder in sy engelse aksent sê: " I see you cut your hair...", "It is not very even, did you cut it yourself? " lol
Goeie nuus is dat Jeanelle se werk voorlopig ingestem het om ons PR (Permanent Residency) te 'sponsor', so ons sal nie meer baie langer soos indringers behandel word as ons vir motor/huis lenings aansoek doen nie.
Nog goeie nuus was dat sy van die huis af mag werk (wanneer sy nie travel nie natuurlik). Hulle het nog gesukkel om die printer op die laptop te install, toe is Jeanelle se hele kantoor al opgepak en in die kar. Sy het sommer Vrydag amptelik van die huis af begin werk en die spaarkamer is nou in 'n 'make-shift' kantoor omskep.
Bygesê; volgende Vrydag sal net die 2de dag wees wat sy tuis werk, omdat sy volgende week Maandag tot Donderdag travel. :(
Donderdag was seker die kortste dag ooit en ek moes spartel om al die leerwerk af te handel. Dit voel of ek, elke keer as ek vir hierdie vak leer, iets nuuts by-leer. Ons sal maar sien wat die uitslag is, maar dit het vir die eerste keer gevoel of ek 'n kans het. Ons hou nou maar duime vas.
Saterdag het ons(royal plural vir ek), na tennis, verkeerd gery en na 'Kitchen by Mike' verdwaal vir middagete. Dit het sommer weer Jem & Joe restaurant/bakkery-drome wakker gemaak.
Tuis gemaakte botter en heuning koek op tuisgemaakte brood Daar was ook pap en heuningkoek op die ontbyt spyskaart. |
Sondag, na kerk, is ons oppad huistoe eers gou apteek toe vir 'n swangerskap toets om te sien of dit dalk kon verklaar waarom Jeanelle die afgelope week so bietjie onder die weer was. Ons gryp sommer 'n 3-pak, vir ekstra waarde en 2 bottels KWV Pinotage by die drankwinkel langsaan.
Terug by die huis sit ons en wag vir strepies om te verkleur...
Liefde en Groete
Johann
No comments:
Post a Comment