Tuesday, 22 May 2012

Pienk Bulle in Sydney, (Tande trek en soek)

Ons het besluit dat ons maar eers net vir kerk moet probeer betyds wees, dan sal ons vir voorbidding begin mik.
Ek kan nie nou kar was, pasta maak van die meel en eier mengsel wat al vir twee dae in die yskas rus, skottelgoed was agv. die meel en eier mengsel, of die kwotasie klaar maak wat ek vir myself huistoe ge-email het nie, want ek is agter met die blog!
(7 - 13 Mei 2012)
Jeanelle het die laaste week van Pa-Anton se besoek darem verlof gehad, al het sy haar werk foon tot Woensdag aan gehou om('bad idea' want dan kan geen mens rus nie). Die itinerary het onder meer die dieretuin(Taronga Zoo), Bondi en die Suid-kus ingesluit en ek het daagliks vroeg gaan werk sodat ek vroeg kan huistoe gaan om die aande te volle te benut.
Ek het vir myself Hushpuppy skoene online gekoop (Nadat ek dit by 'n winkel gaan aanpas het. Dis baie sag en gemaak vir baie loop.) en saam met die hulp van die 'metro rail' het ek by vergaderings gekom, op dae wat Jeffrey die toer bus was.

Ons het Woendsag aand by die Dopper kerk se oudste ledemate gaan eet. Hulle het behoorlik al die moeilikste Engelse woorde daar uitgepak en na 'n lang dag by die werk, het ek hard probeer lyk of ek alles volg. Gelukkig het hulle 'n leeftyd se stories om te vertel, so die geselskap vloei, selfs met min inset van ons kant. lol. Die oom het op 'n tyd geklink of hy verstuk, (ek was juis bly maar verbaas om hom weer te sien toe ons daar aankom) en net toe ons amper almal opspring om te help met Jeanelle wat vra"Are you OK?" en ek en pa-Anton wat al ons eetgery neersit en kyk vir enige teken dat dit nou sulke tyd is, toe sê hy in 'n gewone stem: "No, I am fine thanks." Tussen sy asemhaling wat soms klink of hy gaan versmoor en die leker kook kos, het die oom en ons die aand oorleef. Ons het ook geleer dat 'n waratah die nasionale blom van NSW (New South Wales) is en as die embleem vir die plaaslike rugby span gebruik word.

Ek wou verlof hê vir die Vrydag, maar die Sales-bestuurder het omtrent gelyk of ek hom vra of hy sal omgee as ek sy voortand trek. Hy wil eers hê ek moet myself bewys, voor ek 'onnodig' verlof vat, en dit in 'n week wat ek toe reeds 2 sales het. Net soos twee swaêltjies nie 'n somer maak nie, maak twee 'sales' seker nie 'n bonus nie.

Dink ek was 16:59 Vrydag reeds oppad stasie toe, huistoe en dadelik rugby toe. Bulls(Pretoria) teen die Waratahs(Sydney). Ek moes myself nou en dan herrinder watter span ek nou weer voor skreeu, (Of barrak soos die Aussies dit noem, want 'root' beteken iets heel anders hier, sien 'a-guide-to-aussie-slang-part-3') My span bly maar die Stormers of Cruisaders (of enige iemand wat teen die Aussies speel), al het hulle pienk aan.

Waratahs 24 (13) Bulls 27(10)
Eiwers die week het Jeanelle tyd gekry om vir ons te gaan rakette koop vir ons tennis. (Ek dink Venus Williams sou jaloers wees as sy die raket sien.) Ons het nou al die gear. (Dis nie 'n duur sport om mee te begin nie, net jammer dat gratis bane so skaars is soos hoender tande in Sydney.
Die 3 weke het gevlieg en ons het soveel probeer inprop as moontlik. Saterdag aand het ons gaan uiteet by Ribs en Rumps by Manly-strand, een van die min restaurante wat ons aan Suid Afrika laat dink met hulle groot porsies en vleisgeregte (en ribs). 'n Bottel Diemersfontein Pinotage $59 en dit het nogsteeds die moeite werd gesmaak vir ons wat 4 maande laas daarvan in in SA gehad het. Ons het ook vir Pierre Spies en 'n paar van die bulle daar naby gesien, voordat ons die ferry huistoe gekry het.

Liefde en Groete,
(more to come...)

Johann


No comments:

Post a Comment