Monday, 14 May 2012

Martel. Op eie stoom. Goeie Wyn!

Die tyd haal my in, maar 'here goes' (30 April - 6 Mei) Die week van Jeanelle se oudit het aangebreek en tussen deur het ons soveel aksie as moontlik probeer inpas.

Maandag was ek by die tandarts vir die eerste van twee besoeke. Die eerste tand was automaties dood, agv 'n wortelkanaal 'n paar jaar gelede, maar dit maak nie die geboor enigsins minder nie. Die tandarts het vir my 'n tipe van substansiële stopsel ingesit om plek te hou vir die kroon waarvoor ek nog $1200 moet spaar.
Sonder die tv/'mobile' om my aandag af te trek, terwyl ek op my rug lê, het ek myself vir 'n oomblik verbeel ek word gemartel, voordat ek eerder aan 'n "happy place" probeer dink het. Die tweede tand was nie heel dood toe sy begin boor nie, maar toe ek die derde keer my hand opsteek het die tandarts gesê:"Hang in there, we are almost done." (lol)
Vyf ure later was die gevoel terug in my hele gesig.

Terwyl Jeanelle in Wollongong was vir 'n oudit, het Pa Anton bedags op gereelde bustoere gegaan terwyl ek gewerk het. Een aand het ek na ete rustig op die bank neergesak toe ek om kyk en sien hy is besig om die skottelgoedwasser in te pak. Ook geen rus hier nie.

Ek was Woensdag oggend gou weer by die tandarts vir 'n halfuur besoek vir die ander kant van my mond. Ja, laat dit vir almal 'n les wees; 'n mens moet elke jaar (of ses maande) vir 'n checkup gaan! (En mondhigiëniste is sommer 'n mode.)

Jeanelle het Donderdag aand op die stasie aangekom en hoewel ons net 'n uur in die winkels gehad het en vir persente vir haar verjaarsdag (Sondag) rond gehardloop het, was ons in grooot moeilikheid toe ons (2 minute laat) by die stasie aankom. Grooot.

Sy het haarself weer toergids gehou van Vrydag af en ek het net elke nou en dan 'n foto gekry om te wys hulle dink darem aan my.

Saterdag was ons eerste tennis klas/les, daarna middagete voordat ons 'Sydney Fish market' toe besluit ons dat 'n mens nie die mark kan besoek sonder om vis en tjips te eet nie en dus is ek toe sedertdien nog 'n ete voor. Naweke moet ten volle gebruik word en Saterdag is met 'n Footy game afgesluit. Ek weet die Sydney Swans het gespeel, dis die 'local' Sydney span, maar dis al wat ek gewet het. Dit word op 'n krieketveld gespeel, 18 spelers aan 'n kant, daar is 5 skeidsregters op die veld en nog 'n klomp rondom, elke span het ook 'n boodskapper wat heen en weer tussen die 'bench' en die spelers op die veld hardloop, dan is daar waterdraers wat heeltyd op en af draf en 'n konstante ruil van spelers. By tye het ek veel meer as 50 mense op die veld getel. Daar was lanklaas so 'n klomp verwarde ondersteuners in een ry op die paweljoen. Ons was ook die enigste ondersteuners wat nie rooi aangehad het nie.

Na al die verwarring wou ons die bus terug kry huistoe en nadat die 333-bus 3 keer verby gery het, het ons besef dat ons bus nooit gaan kom nie (ons staan en wag vir die M40). Teen 23:20 was dit duidelik dat as daar nie vinnig iets gedoen word nie; Jeanelle op die bus sou verjaar. Ons kry toe maar 'n 'taxi'. [Aan die paragrawe kan ek nou sien dat ek op 'n 'roll' is, maar die week is ongelukkig amper verby]

Nog was die naweek 'ten einde niet' en ons het Sondag vroeg opgestaan om die Hunter-vallei se wynlande in te pas. (O, ja. Dit was ook Jeanelle se verjaarsdag. :-))  Ons raak nou al hoe beter met die wyntoere en het heerlike wyn geproe, en gekoop, voordat ons terug Sydney toe gejaag het om betyds(5 minute laat) te wees vir kerk. Seker die dat die dominee nou voorbidding 15 minute voor elke diens wil hê, seker dat ons ook kan betyds wees.

Is bietjie agter met die blogs, maar ek vang op... [geen tyd vir proeflees, so verskoon maar]

Liefde en groete

Johann

No comments:

Post a Comment