Sunday, 27 May 2012

Nuus, Spies en Lotto

Nie nodig gehad om lank te wag nie! Johann! kom die gil uit die badkaner (noù, sy noem my nie gereeld dit nie)... Hier is twee strepies!...



Sy het 'n skype date later met Tanya gehad en kon nie, nie vertel nie. Daar is ook geen rede om goeie nuus stil te hou nie, maar ons kon werk aan die volgorde wat mense uitvind, so ons spandeur toe die volgende paar ure om ouers en broers te bel. Pa Braam en Ma Annalie sit op Kaapstad lughawe en huil van vreugde, Ma Gerda se reaksie het my laat terug dink aan toe ek haar vra of ek met Jeanelle kon trou; en sy eers gou die honde veearts toe moes vat voordat sy verder met my kon praat en Pa Anton het dit heel goed hanteer en geen noodlottige ongelukke veroorsaak nie.
23:30 spring ons in die bed en na 'n kort naggie met min slaap moes Jeanelle die volgende oggend reeds 06h00 op die lughawe wees! Ons het teen Woensdag middag nog net met mekaar oor die foon kon praat, maar ek was in elkgeval nie seker wat om te sê nie.

Lag nog soos iemand wat se huis afbrand. Nie seker of ons gereed is nie, ons wou nog ryk word, huis koop, PR kry, ....

Hulle het so 'n paar weke gelede 'n $70 000 000 Oz Lotto gehad. Nadat ons vergeet het om 'n kaartjie te koop, was daar so bietjie troos toe een of ander wiskunde professor op die TV sê dat:" Your chances of winning if you haven't bought a ticket is almost the same as when you have bought a ticket." (Ons het nie gewen nie.)

Om terug te kom by die eintlike storie; Ek dink nie 'n mens kan ooit 100% reg wees vir sulke nuus nie. Ons het gelukkig agt maande om voor te berei. lol. Emosies wipplank nog tussen paniek en vreugde.

Terug in Pretoria het 'The Spear' die nuus so oorgeneem, dat niemand eens agter kom dat hulle nou 30 minute langer soek na enige plek in 'n stad waar al die straatname verander het nie.

Vrydag aand was yskoud met 'n snerpende wind en al wou ons eerder net rustig by die huis wees, het ons 'n verjaarsdag partydjie in die Sydney middestad gehad. Daar aangekom bel ons om te hoor waar almal is, net om uit te vind, ons is een dag te vroeg.

[Persvryheid het so bietjie gesukkel in Australië die afbelope paar weke, dis die rede vir die delay.]

Baie Liefde en Groete,

Johann

Tuesday, 22 May 2012

Pienk Bulle in Sydney, (Tande trek en soek)

Ons het besluit dat ons maar eers net vir kerk moet probeer betyds wees, dan sal ons vir voorbidding begin mik.
Ek kan nie nou kar was, pasta maak van die meel en eier mengsel wat al vir twee dae in die yskas rus, skottelgoed was agv. die meel en eier mengsel, of die kwotasie klaar maak wat ek vir myself huistoe ge-email het nie, want ek is agter met die blog!
(7 - 13 Mei 2012)
Jeanelle het die laaste week van Pa-Anton se besoek darem verlof gehad, al het sy haar werk foon tot Woensdag aan gehou om('bad idea' want dan kan geen mens rus nie). Die itinerary het onder meer die dieretuin(Taronga Zoo), Bondi en die Suid-kus ingesluit en ek het daagliks vroeg gaan werk sodat ek vroeg kan huistoe gaan om die aande te volle te benut.
Ek het vir myself Hushpuppy skoene online gekoop (Nadat ek dit by 'n winkel gaan aanpas het. Dis baie sag en gemaak vir baie loop.) en saam met die hulp van die 'metro rail' het ek by vergaderings gekom, op dae wat Jeffrey die toer bus was.

Ons het Woendsag aand by die Dopper kerk se oudste ledemate gaan eet. Hulle het behoorlik al die moeilikste Engelse woorde daar uitgepak en na 'n lang dag by die werk, het ek hard probeer lyk of ek alles volg. Gelukkig het hulle 'n leeftyd se stories om te vertel, so die geselskap vloei, selfs met min inset van ons kant. lol. Die oom het op 'n tyd geklink of hy verstuk, (ek was juis bly maar verbaas om hom weer te sien toe ons daar aankom) en net toe ons amper almal opspring om te help met Jeanelle wat vra"Are you OK?" en ek en pa-Anton wat al ons eetgery neersit en kyk vir enige teken dat dit nou sulke tyd is, toe sê hy in 'n gewone stem: "No, I am fine thanks." Tussen sy asemhaling wat soms klink of hy gaan versmoor en die leker kook kos, het die oom en ons die aand oorleef. Ons het ook geleer dat 'n waratah die nasionale blom van NSW (New South Wales) is en as die embleem vir die plaaslike rugby span gebruik word.

Ek wou verlof hê vir die Vrydag, maar die Sales-bestuurder het omtrent gelyk of ek hom vra of hy sal omgee as ek sy voortand trek. Hy wil eers hê ek moet myself bewys, voor ek 'onnodig' verlof vat, en dit in 'n week wat ek toe reeds 2 sales het. Net soos twee swaêltjies nie 'n somer maak nie, maak twee 'sales' seker nie 'n bonus nie.

Dink ek was 16:59 Vrydag reeds oppad stasie toe, huistoe en dadelik rugby toe. Bulls(Pretoria) teen die Waratahs(Sydney). Ek moes myself nou en dan herrinder watter span ek nou weer voor skreeu, (Of barrak soos die Aussies dit noem, want 'root' beteken iets heel anders hier, sien 'a-guide-to-aussie-slang-part-3') My span bly maar die Stormers of Cruisaders (of enige iemand wat teen die Aussies speel), al het hulle pienk aan.

Waratahs 24 (13) Bulls 27(10)
Eiwers die week het Jeanelle tyd gekry om vir ons te gaan rakette koop vir ons tennis. (Ek dink Venus Williams sou jaloers wees as sy die raket sien.) Ons het nou al die gear. (Dis nie 'n duur sport om mee te begin nie, net jammer dat gratis bane so skaars is soos hoender tande in Sydney.
Die 3 weke het gevlieg en ons het soveel probeer inprop as moontlik. Saterdag aand het ons gaan uiteet by Ribs en Rumps by Manly-strand, een van die min restaurante wat ons aan Suid Afrika laat dink met hulle groot porsies en vleisgeregte (en ribs). 'n Bottel Diemersfontein Pinotage $59 en dit het nogsteeds die moeite werd gesmaak vir ons wat 4 maande laas daarvan in in SA gehad het. Ons het ook vir Pierre Spies en 'n paar van die bulle daar naby gesien, voordat ons die ferry huistoe gekry het.

Liefde en Groete,
(more to come...)

Johann


Monday, 21 May 2012

Strepies

Met pa-Anton weer terug in Suid Afrika was ons woonstel skielik baie leeg. Tussen die voorbereiding vir die week wat voorlê, na 'n lang Sondag, het Jeanelle gou my hare gesny. Maar haar hand het bietjie gegly.
Dit was darem 'n kort week met Donderdag en Vrydag verlof, vir onderskeidelik leer en eksamen skryf.
So Jeanelle moes net vir 3 dae vir my hare teken (die streep inkleur) waar die hap ingesny was. Gelukkig groei die bietjie hare wat ek het vinnig. Al opmerking was toe ons Maandag oggend 10:30, in die middel van die foon-sessie gaan koffie drink en my bestuurder in sy engelse aksent sê: " I see you cut your hair...", "It is not very even, did you cut it yourself? " lol

Goeie nuus is dat Jeanelle se werk voorlopig ingestem het om ons PR (Permanent Residency) te 'sponsor', so ons sal nie meer baie langer soos indringers behandel word as ons vir motor/huis lenings aansoek doen nie.
Nog goeie nuus was dat sy van die huis af mag werk (wanneer sy nie travel nie natuurlik). Hulle het nog gesukkel om die printer op die laptop te install, toe is Jeanelle se hele kantoor al opgepak en in die kar. Sy het sommer Vrydag amptelik van die huis af begin werk en die spaarkamer is nou in 'n 'make-shift' kantoor omskep.
Bygesê; volgende Vrydag sal net die 2de dag wees wat sy tuis werk, omdat sy volgende week Maandag tot Donderdag travel. :(

Donderdag was seker die kortste dag ooit en ek moes spartel om al die leerwerk af te handel. Dit voel of ek, elke keer as ek vir hierdie vak leer, iets nuuts by-leer. Ons sal maar sien wat die uitslag is, maar dit het vir die eerste keer gevoel of ek 'n kans het. Ons hou nou maar duime vas.

Saterdag het ons(royal plural vir ek), na tennis, verkeerd gery en na 'Kitchen by Mike' verdwaal vir middagete. Dit het sommer weer Jem & Joe restaurant/bakkery-drome wakker gemaak.
Tuis gemaakte botter en heuning koek op tuisgemaakte brood
Daar was ook pap en heuningkoek op die ontbyt spyskaart.
Ons het net betyds daar aangekom vir middagete, want 5 minute later was daar 'n 30 minute tou mense wat by toonbank wag om te bestel en te betaal. Hulle daaglikse spyskaart is op hulle Facebook. Hulle het geen tierlangtyntjies nie, net lekker 'rustic' kos.

Sondag, na kerk, is ons oppad huistoe eers gou apteek toe vir 'n swangerskap toets om te sien of dit dalk kon verklaar waarom Jeanelle die afgelope week so bietjie onder die weer was. Ons gryp sommer 'n 3-pak, vir ekstra waarde en 2 bottels KWV Pinotage by die drankwinkel langsaan.

Terug by die huis sit ons en wag vir strepies om te verkleur...

Liefde en Groete

Johann


Monday, 14 May 2012

Martel. Op eie stoom. Goeie Wyn!

Die tyd haal my in, maar 'here goes' (30 April - 6 Mei) Die week van Jeanelle se oudit het aangebreek en tussen deur het ons soveel aksie as moontlik probeer inpas.

Maandag was ek by die tandarts vir die eerste van twee besoeke. Die eerste tand was automaties dood, agv 'n wortelkanaal 'n paar jaar gelede, maar dit maak nie die geboor enigsins minder nie. Die tandarts het vir my 'n tipe van substansiële stopsel ingesit om plek te hou vir die kroon waarvoor ek nog $1200 moet spaar.
Sonder die tv/'mobile' om my aandag af te trek, terwyl ek op my rug lê, het ek myself vir 'n oomblik verbeel ek word gemartel, voordat ek eerder aan 'n "happy place" probeer dink het. Die tweede tand was nie heel dood toe sy begin boor nie, maar toe ek die derde keer my hand opsteek het die tandarts gesê:"Hang in there, we are almost done." (lol)
Vyf ure later was die gevoel terug in my hele gesig.

Terwyl Jeanelle in Wollongong was vir 'n oudit, het Pa Anton bedags op gereelde bustoere gegaan terwyl ek gewerk het. Een aand het ek na ete rustig op die bank neergesak toe ek om kyk en sien hy is besig om die skottelgoedwasser in te pak. Ook geen rus hier nie.

Ek was Woensdag oggend gou weer by die tandarts vir 'n halfuur besoek vir die ander kant van my mond. Ja, laat dit vir almal 'n les wees; 'n mens moet elke jaar (of ses maande) vir 'n checkup gaan! (En mondhigiëniste is sommer 'n mode.)

Jeanelle het Donderdag aand op die stasie aangekom en hoewel ons net 'n uur in die winkels gehad het en vir persente vir haar verjaarsdag (Sondag) rond gehardloop het, was ons in grooot moeilikheid toe ons (2 minute laat) by die stasie aankom. Grooot.

Sy het haarself weer toergids gehou van Vrydag af en ek het net elke nou en dan 'n foto gekry om te wys hulle dink darem aan my.

Saterdag was ons eerste tennis klas/les, daarna middagete voordat ons 'Sydney Fish market' toe besluit ons dat 'n mens nie die mark kan besoek sonder om vis en tjips te eet nie en dus is ek toe sedertdien nog 'n ete voor. Naweke moet ten volle gebruik word en Saterdag is met 'n Footy game afgesluit. Ek weet die Sydney Swans het gespeel, dis die 'local' Sydney span, maar dis al wat ek gewet het. Dit word op 'n krieketveld gespeel, 18 spelers aan 'n kant, daar is 5 skeidsregters op die veld en nog 'n klomp rondom, elke span het ook 'n boodskapper wat heen en weer tussen die 'bench' en die spelers op die veld hardloop, dan is daar waterdraers wat heeltyd op en af draf en 'n konstante ruil van spelers. By tye het ek veel meer as 50 mense op die veld getel. Daar was lanklaas so 'n klomp verwarde ondersteuners in een ry op die paweljoen. Ons was ook die enigste ondersteuners wat nie rooi aangehad het nie.

Na al die verwarring wou ons die bus terug kry huistoe en nadat die 333-bus 3 keer verby gery het, het ons besef dat ons bus nooit gaan kom nie (ons staan en wag vir die M40). Teen 23:20 was dit duidelik dat as daar nie vinnig iets gedoen word nie; Jeanelle op die bus sou verjaar. Ons kry toe maar 'n 'taxi'. [Aan die paragrawe kan ek nou sien dat ek op 'n 'roll' is, maar die week is ongelukkig amper verby]

Nog was die naweek 'ten einde niet' en ons het Sondag vroeg opgestaan om die Hunter-vallei se wynlande in te pas. (O, ja. Dit was ook Jeanelle se verjaarsdag. :-))  Ons raak nou al hoe beter met die wyntoere en het heerlike wyn geproe, en gekoop, voordat ons terug Sydney toe gejaag het om betyds(5 minute laat) te wees vir kerk. Seker die dat die dominee nou voorbidding 15 minute voor elke diens wil hê, seker dat ons ook kan betyds wees.

Is bietjie agter met die blogs, maar ek vang op... [geen tyd vir proeflees, so verskoon maar]

Liefde en groete

Johann