Jeanelle het eers 'n 'high-tea' gehad en toe is ons gou na die Sydney 'St Patrick's Day' optog toe is. Dit was nou nie juis baie georganiseerd nie, maar die Iere is meer bekend vir hul joligheid as organisasie. Na die optog, het byna 10000 Iere in Hyde Park byeengekom en gekuier. Daar was Guinness en Kilkenny en dit was blykbaar al wat nodig is vir 'n Ierse fees.
Kilkenny is 'n 'acquired -taste' |
Maandag het ons so bietjie laat gewerk. Dis toe dat ek onthou van die Lindt slabs wat ek die vorige Vrydag vir net $0.50elk gekoop het. Ek 'polish' toe sommer een en na ek 'n liter water gedrink het(om die sjokolade in my maag te verdun) het ek behoorlik vol, naarderig, olik en vol energie gevoel toe ek my honger vrou by haar kantoor oplaai.
Met paasfees om die draai, kan ek nie onthou dat ek ooit so siek gevoel het van in 100g sjokolade-hasie/eier nie. Ek kan ook nie onthou of ek beperk is tot een sjokolade-hasie/eier op 'n keer nie!? Kinders kan seker net soveel sjokolade op 'n slag verteer al is die paaseiers ook elke jaar grooter, of hoe?
Dinsdag was Jeanelle na Adelaide vir werk, Dinsdag tot Donderdag. Dit was maar 'n eensaam week en ek dink dat ek soms die leemte in my hart as 'n leemte in my maag mis-diagnoseer. Dis nog net hierdie week so 'n vreeslike 'getravel'(na Auckland en Perth), daarna sal dit weer rustiger gaan.
Ek het begin soek na 'n "no-gaps" tandarts. Ek het 'n lys by Medibank gekry met 'n lys van al die 'member's choice' tandartse in 'n 20km radius. Almal behalwe 2 is sjinees. Nou ek is nie rasisties of iets nie, maar ek sukkel reeds om 'n engelse tandarts te vertrou. Ek het die eerste tandarts se praktyk geskakel en die tandarts het "moved on...." Die enigste probleem met die tweede tandarts, is dat ek Dinsdag daar was om 'n kwotasie/aanbod af te laai vir nuwe printers.
My direkte bestuurder het darem namens my 2 'sales' hierdie week gemaak, waaroor ek nie kan kla nie.
Ons het Vrydag aand na werk bietjie gaan uiteet en fliek, ek kan 'Best Exotic Marigold hotel' aanbeveel as jy soek na 'n goed-voel film. Soos hulle in die film sê: "Everything will be alright in the end. If it's not alright, then it is not yet the end." Die aand het so lekker laat aangehou dat ons byna heel vergeet het van ons tee by een van die dopper kerk se tannies. Ons was 30 minute laat (het 09:45 eers op foon gesien dat ons die tee vir 10:00 gereel het) en sy was al reeds besig om die hospitale se nommers te soek. Dierbare tannie. Ons het baie lekker gekuier, al was dit nie wat ons vir Saterdag oggend beplan gehad het nie. (Die tannie is doof en elke keer as ons in die kerk, ongesiens, probeer in sluip, dan groet sy ons klip hard, sodat die dominee eers moet wag on voort te gaan met die preek. Sy het ook die gewoonte om by 'na-die-preek-koffie', kliphard van die ander mense te vluister).
Tee saam met Elna |
Baie Liefde en Groete,
Johann