Ek sien die blog kry besoeke van so vêr as Frankryk, Dankie Bothma's!
Ons het vanoggend met 'n Franse ontbyt begin uit nostalgie (en so bietjie jaloesie).
 |
Croissants & Pain au Chocolat |
Die fietse het al staan en stof vergader an aangesien dit die eerste Saterdag in 'n lang tyd was dat ons altwee af het, het ons besluit om hulle weer bietjie op te saal en te gaan kyk wat in Sydney gebeur.
 |
Die een kant van die Harbour Bridge is eksklusief vir fietse. |
 |
Gelukkig is daar, langs meeste strate, spesiale fietsbane. |
 |
Eerste Stop was Sydney se Winter Fees. |
 |
Buite-Ysskaatsbaan |
Die son het bietjie warm begin skin, so die ys was bietjie nat, maar fit het niemand gekeer om the ysskaats nie. Ons het nog 'n lang pad gehad, so het eerder die Chai Latte's gesampel.
 |
Hier sit ons rustig by 'n kaggel in een van die tente. |
 |
Kos tent is opgemaak in 'n Switzerse/Europese tema. |
 |
Oulike idee laat hele gesin die skaats geniet. |
Na midagete was ons weer oppad.
 |
Klokke by Centennial Park |
 |
Oppad terug van die park het ons hierdie pienk en grys papegaaie gesien. |
Dit was nogals 'n storie om fiets te ry en af te neem. Ek het amper te laat agter gekom dat ek nie 'n hand op die remme het nie.
 |
Darling Harbour |
 |
Oulike Restaurant dekor. Dit lyk asof hulle honderde kerse bo kroeg het. |
Maar ons oog vang toe 'n ander plekkie, die Lindt Chocolate Caffe.
 |
Lindt Sjokolade lava-cake en Lindt Sjokolade melkskommel |
 |
Son sak oop Darling Hawe |
 |
Groot LEGO-standbeeld binne Aquarium se ingang. |
 |
PWC se gebou op Darling Harbour. |
 |
Uitsig van die Sydney Observatory |
Daar was ongelukkig nie ekstra plek vir ons in die "Observatory-Tour" nie, mens moet 'pre-book', ons kon wel na die uitstalling kyk, maar nie na die sterre (deur die teleskoop) nie, so toe ry ons nader aan die huis, op soek na aandete.
 |
Vis & Skyfies, $5pp. |
 |
Ons kon nie 'n beter plek kry om Vis en 'tjips' te eet nie. |
Dit was 'n heerlike dag. Ons het altesaam 25km fiets gery.
 |
Roete Afgelê, 25km |
No comments:
Post a Comment