Friday, 12 August 2011

'n Goeie Week

Ek Skryf vanoggend uit 'n nat en onvoorspelbare Sydney. Dan skyn die son. Vyf minute later waai die wind en dit sous. Dit lyk of ons 'n koel naweek gaan hê, hoop ons sal nog kan fiets ry. Na verlede naweek het ons bietjie snaaks gesit tot Woensdagtoe ons boude weer herstel het. Ons is nie gewoond aan soveel fietsry nie en het dit op 'n tyd sterk oorweeg om een van daai ronde 'donut' kussingkies te kry.
Baie dankpie vir al die verjaarsdag wense. Ek is goed bederf.
Ons het by 'n nuwe restaurant in die straat gaan eet. Die 'Seafood Platter for Two' het my nogals aan die vyf brode en twee vissies laat dink.
Dit was my eerste verjaarsdag in die vreemde en ek het regtig baie verlang na my vriende en familie. Dit voel vandag vir my nog heeltemal te vêr, maar ons kom darm in Januarie kuier, vir Kobus(my swaer) se troue, en ons sien baie uit daarna om almal weer te sien. Hulle is op 8 Augustus verloof, twee dae na Qantas se 'specials' verby is. :-|
Ons het vandag nogals 'n vol dag; 9uur het ons afspraak met ouditeur gehad, die belasting jaar is hier van 1 Julie tot 31 Junie. Dink dis seker bietjie van 'n beter tyd as Februarie, wanneer mens nog finansiëel herstel na Kersfees. Elf uur het ons agent en die eienaars by ons woonstel kom inspeksie doen. Sal seker nog later eers terugvoer kry, maar ek dink hulle is tevrede, veral nadat ek die stort vanoggend ses-dertig so mooi skoon geskrop het. Lol.
Dis nou net na middagete hier. Ek was gou vir 'n onderhoud. Daar is ook niks soos 'n verjaarsdag om mens se selfvertroue bietjie te boost voor 'n onderhoud nie. Hoewel die onderhoud net by 'n 'recruitment company' was, klink die vrou positief dat sy vir my iets sal kry.
Vanaand gaan ons Barry Hilton se show kyk, en daar is iewers na werk, voor die show, nog drankies.
Daar begin hierdie week iemand nuut in die pos wat al vir agt weke vakant is, sien uit na die hulp.
Ons het ook ingeskryf vir een of ander pretloop in September. Die hempies het in die pos opgedaag. Dis 'n 10km draffie. Ons sal moet begin oefen!
Ek wens julle almal 'n heerlike naweek en voorspoed met wat julle ookal aanpak.
Liefde en groete,
Johann

No comments:

Post a Comment