Friday, 26 August 2011
It takes two to tango
Friday, 19 August 2011
'n Naweek saam in Adelaide
Nog geen nuus van die 'recruitment' mense af nie. Ek moet nou eers bietjie tyd aan my studies spandeer, maar die soektog gaan voort. By die werk gaan dinge beter met die nuwe ou wat Dinsdag begin het. Binnekort sal ek kan ophou met die krisusbestuur en weer begin uitblink.
Ons Dopper/Presbyterian dominee wil hierdie week kom tee drink, :-| .
Jeanelle moet hierdie week en volgende week in Adelaide wees en haar werk het ingestem om eerder hotelverblyf vir twee te betaal, vir hierdie naweek, as om retoer vliegtuig kaartjies vir haar te kry om in Sydney te kuier.
Ek het Donderdag sommer my tas saam werk toe gevat, sodat ek direk lughawe toe kon gaan. Ek het 'n voucher gehad vir die Qantas lounge en het díe optimaal gebruik. Al het ek net 30 minue gehad, het ek kaas, brood-stokkies, koolslaai (Ai!), sop, nog kaas met vye blokkies, 'n bier, lemoensap en 'n sjokolade brownie gehad.
Die vlug was met een van Australië se lae koste lugdienste, Jetstar, en ek was vir twee ure, in die voorste ry, tussen twee mans in ge'wedge' (daar is nie 'n Afrikaanse woord wat dit beter beskryf nie). Die een aan my linker kant was 'n regte brat. Hy het my aan Shane Warne laat dink. Eers het hy alles op die spyskaart bestel (hy kon seker nie in die Qantas lounge ingaan nie) en toe 'n vertraagde speletjie, wat vir 'n iPhone gemaak is, op sy iPad gespeel, terwyl ons op Adelaide lughawe getaxi het. Asof die lugwaardin net met die ander mense gepraat het, toe sy gevra het dat almal hulle elektroniese toerusting asseblief moet af skakel totdat die vliegtuig tot stilstand kom.
Aan my regterkant was daar 'n pliggie met 'n laptop en 'n aandag tekort wat aangebied het om die ander passasiers se handbagasie in sy ekstra been spasie te hou. Dis nadat die lugwaardin verduidelik het dat ons, wat by die nooduitgang sit, geen bagasie by ons mag hê nie. Ek was onseker of die seun die nooduitgang instruksies sou kon verstaan en het solank vir my tweede-naaste uitgang begin soek. Ek het toe maar my neus vir 2 ure in die nuutste iPad uitgawe van PC&Tech Authority begrawe, terwyl ek en Shane vir die armlening stoei.
Ons het vandag die onmiddelike area en strand verken, en later die trem deur die middestad geneem. Môre gaan ons op 'n wyntoer na die Barossa wyn gebied. Ons bly op die see in die Stamford Grand hotel.
Ek sien dat al die vriende wat op vakansie was ook weer bietjie terugkeer, van die Karoo en Parys, na Pretoria om 'n bietjie te werk.
Sterkte aan nig Nadia, geniet Boston!
Hoop dit gaan goed met almal.
Liefde en groete,
Johann
Friday, 12 August 2011
'n Goeie Week

Baie dankpie vir al die verjaarsdag wense. Ek is goed bederf.
Ons het by 'n nuwe restaurant in die straat gaan eet. Die 'Seafood Platter for Two' het my nogals aan die vyf brode en twee vissies laat dink.
Dit was my eerste verjaarsdag in die vreemde en ek het regtig baie verlang na my vriende en familie. Dit voel vandag vir my nog heeltemal te vêr, maar ons kom darm in Januarie kuier, vir Kobus(my swaer) se troue, en ons sien baie uit daarna om almal weer te sien. Hulle is op 8 Augustus verloof, twee dae na Qantas se 'specials' verby is. :-|
Ons het vandag nogals 'n vol dag; 9uur het ons afspraak met ouditeur gehad, die belasting jaar is hier van 1 Julie tot 31 Junie. Dink dis seker bietjie van 'n beter tyd as Februarie, wanneer mens nog finansiëel herstel na Kersfees. Elf uur het ons agent en die eienaars by ons woonstel kom inspeksie doen. Sal seker nog later eers terugvoer kry, maar ek dink hulle is tevrede, veral nadat ek die stort vanoggend ses-dertig so mooi skoon geskrop het. Lol.
Dis nou net na middagete hier. Ek was gou vir 'n onderhoud. Daar is ook niks soos 'n verjaarsdag om mens se selfvertroue bietjie te boost voor 'n onderhoud nie. Hoewel die onderhoud net by 'n 'recruitment company' was, klink die vrou positief dat sy vir my iets sal kry.
Vanaand gaan ons Barry Hilton se show kyk, en daar is iewers na werk, voor die show, nog drankies.
Daar begin hierdie week iemand nuut in die pos wat al vir agt weke vakant is, sien uit na die hulp.
Ons het ook ingeskryf vir een of ander pretloop in September. Die hempies het in die pos opgedaag. Dis 'n 10km draffie. Ons sal moet begin oefen!
Ek wens julle almal 'n heerlike naweek en voorspoed met wat julle ookal aanpak.
Liefde en groete,
Johann
Sunday, 7 August 2011
Stof die fietse af!
Croissants & Pain au Chocolat |
Die een kant van die Harbour Bridge is eksklusief vir fietse. |
Gelukkig is daar, langs meeste strate, spesiale fietsbane. |
Eerste Stop was Sydney se Winter Fees. |
Buite-Ysskaatsbaan |
Hier sit ons rustig by 'n kaggel in een van die tente. |
Kos tent is opgemaak in 'n Switzerse/Europese tema. |
Oulike idee laat hele gesin die skaats geniet. |
Klokke by Centennial Park |
Oppad terug van die park het ons hierdie pienk en grys papegaaie gesien. |
Darling Harbour |
Oulike Restaurant dekor. Dit lyk asof hulle honderde kerse bo kroeg het. |
Lindt Sjokolade lava-cake en Lindt Sjokolade melkskommel |
Son sak oop Darling Hawe |
Groot LEGO-standbeeld binne Aquarium se ingang. |
PWC se gebou op Darling Harbour. |
Uitsig van die Sydney Observatory |
Daar was ongelukkig nie ekstra plek vir ons in die "Observatory-Tour" nie, mens moet 'pre-book', ons kon wel na die uitstalling kyk, maar nie na die sterre (deur die teleskoop) nie, so toe ry ons nader aan die huis, op soek na aandete.
Vis & Skyfies, $5pp. |
Ons kon nie 'n beter plek kry om Vis en 'tjips' te eet nie. |
Roete Afgelê, 25km |
Friday, 5 August 2011
Die Rat Race
Dink ek moet op 'n Maandag begin blog, dan klink ek dalk bietjie meer positief.
Dit gaan goed met ons. Dit was die afgelope paar dae warmer, so 20°C se kant, baie beter.
Ons het ook ons eerste elektrisiteits rekening gekry, na ons daai $50 heatertjie gekoop het, dis $150 meer (darm oor 3 maande tydperk).
Verlede week se fliek was mooi. Om een of ander rede het Quickflix.com.au (ons 'online dvd rentals' wat vir ons dvd flieks pos) ook besluit om vir ons hierdie week Notinghill en Pretty Woman te stuur. So ons het nou ons share van Julia Roberts flieks in.
Het Maandagaand my eerste Toasmasters klub bygewoon. Kan nie glo daar is soveel tegniese aspekte aan toesprake nie, maar baie interessant. Het self later lus gevoel om 'n paar gevleulde woorde te spreek. Dis nou nie Albasterklub nie, maar dis die moeite werd.
Ons het vanaand 'n rustige aand met pizza en wyn.
Aan die Bothmas, Bon voyage, profiter de l'Europe!
Aan die LeRoux's, geniet die Karoo!
Aan die res, lekker naweek.
Liefde en groete, Johann
