Ons het uiteindelik Vrydag die koek opgeeet! Betyds sodat ons(royal plural) na daylight saving weer kan begin om gesonder te leef. Ek het voorlopig ook enige oefening uitgestel tot na die verandering, om eers seker te maak oor die effek op sonlig in die oggende en middae (so asof ek nie ‘n lig bo die treadmill het nie).
Dit was duidelik hoeveel Jeanelle eintlik doen terwyl sy by die huis is met Divvie. Na een dag wat sy buite aksie was as gevolg van die skouer-nek-vlerkie-spier-ding, kon ek sien dat daar ‘n paar goed is wat ophoop. Jeanelle was nog nie 100% nie, maar sy het Voltaren gehad en kon weer self regkom sodat ek Vrydag weer kom gaan werk. Om net te bewys dat ek nie heeltemal van die idee van werk toe stap afgesien het nie, het ek Vrydagoggend in net 25minute werk toe gestap.
‘n Mylpaal: Hierdie is die 100ste Blog! Ek weet daar is ‘n paar onlangse gapings gewees. Die goeie nuus (vir die wat regtig wil sien hoe dit gegaan het ‘n paar weke terug) is dat die blogs amper ook klaar is en binnekort beskikbaar sal wees. (Dis ‘n teken dat ons nou al hoe beter raak met die ouers-wees-ding.)
Ons was Saterdag rustig by die huis. Dit het gereën, wat ons planne bietjie omvergewerp het. Ons het net 2 eiers in die yskas gehad en die brood was op, so toe maak ons pannekoek. Ons het ook so bietjie familie fotos probeer neem. Ons het die kamera op 'n driepoot ingestel dat daar 'n rits van 10 fotos geneem word na 10 sekondes. Ons kon nooit voorspel wat Divvie se uitdrukking gaan wees nie. Hy is soos hierdie gogga uit "A Bug's Life" (Sodra ons die lig aansit, dan kyk hy net op.)
Hier is een van ‘n rits van 10 fotos waar sy ouers hom al reeds op die ouderdom van 12 weke in die verleentheid stel.
Ons het by vriende gaan kuier tot laat (vir nuwe ouers) Saterdagaand en was eers 01:00 by huis. Ons kon darem die horlosies met ‘n uur terug draai en ‘n ekstra bietjie slaap as gevolg van ‘daylight saving’. Sondag, na kerk, het ek aan die kerk se webblad gewerk en dié is so halfpad klaar. Die ou webblad is so gebruikers onvriendelik, dat dit jou tot trane kan dryf. Dis sommer koud na die ‘daylight saving’ verandering. Dinsdagoggend was koud (18ºC) met motreën terwyl ek vir die bus staan en wag (ek kon in in die reën stap, maar ek het ‘n kerkvergadering in die aand gehad waarvoor ek nog moes vars lyk). Terwyl ek besig was om my familie-grootte-sambreel op te slaan, sien ek ‘n ander passasier op die bus klim met ‘n spaan en toe weet ek: ons sal 'ok' wees. Die aand, oppad na die kommitee vergadering, hol ek by die trappe op na die straat. By die laaste twee trappe onthou ek van ‘n spinnekop wat die vorige dag gemaak het dat ek ompad loop. Met die klim en koes, haak my voet vas en ploeg(val/slet) ek met my skouer/bors op die sypaadjie neer soos ek probeer om my bril en die agenda van die vloer af te hou. Behalwe vir ‘n paar skraapmerke op my knie en hand is ek 'ok'. Ek kon wel met behulp van bietjie Mecurochrome, so bietjie ekstra versorging by die huis geniet.
Skraap merke aan my hand, na die val. (Die agenda het gelukkig nie 'n skrapie op nie).
Ek het eers 01:30 die volgende oggend (toe Divvie voed) gevoel dat my hele bolyf styf is en van die Voltaren gedrink wat ek verlede week vir Jeanelle gekoop het. Donderdag oggend het ek voor werk gou gestryk, gestofsuig, skottelgoed gewas en toilet skoongemaak, voordat die agent later die dag kom inspeksie doen het. Sy het net 'n kaartjie gelos met die woorde: "Thank you", so ek neem aan dit was 'ok'. Eerskomende Maandag kan ons die SA Hoëkommisaris in Canberra bel om te hoor of het hulle al Divvie se id nommer het. Sodra ons dit het, kan ons vir sy tydelike paspoort aansoek doen en kom kuier. Ons kan nie meer wag om te kom kuier nie! Baie Liefde en Groete Johann
No comments:
Post a Comment