Net 'n regstelling/ontwikeling na verlede week se blog: Oscar kon toe deelneem aan die spele, nadat die olimpiese komitee ingegryp het (ons was ge-'trip' in die uitdunne).
Verlede Donderdagaand het 'n ysige Augustus-wind deur Sydney begin waai. Vrydagaand (die aand voor my verjaarsdag) het ek 21:00 vir Jeanelle op die lughawe gaan haal, net om uit te vind dat die vlug, as gevolg van 'n te sterk wind, ge-'divert' is na Melbourne. Qantas het kliëntediens vervolmaak; in tye van krisis los net twee personeellede (wat vir minimum vergoeding werk) by die toonbank. As dit nie werk nie, sluit die toonbank om 22:00. Sydney lughawe maak 22:00 toe. 23:00 is dit 'ligte uit'! lol
Wind het tot 90km/h gewaai |
Jeanelle het nie die lekkerste aand gehad nie; nadat sy al die pad van Sydney na melbourne in trane was, moes sy in 'n tou wag sodat twee lugwaardinne almal se name op 'n papier kon neerskryf. daarna moes sy in 'n tou wag dat die 3 toonbanke die 3 internasionale vlugte se paspoorte kon stempel. Nog 'n tou wat wag vir 'n bus na die hotel en asof hulle onverwags opgedaag het; nog 'n tou om by die hotel in te teken. Teen daardie tyd was dit amper 23:45 en die bus terug na die lughawe het hulle reeds 4:00 die volgende oggend kom haal.
Na 'n baie lang besoek met 'n draai by Auckland se noodgevalle op Woensdagaand (agv. medisyne wat in Sydney gebly het) was sy uiteindelik Saterdag 08:30 weer in Sydney.
Ons moes die vingerafdrukke ook weer aanpak. Almal in Chatswood Polisiekantoor was verbaas oor die polisieman wat vroeër die week 'n nota gemaak het op ons form, maar hy het nagskof gewerk tot 07:00 en niemand wou hom skakel om seker te maak dis regtig sy handtekening nie!?! Wat ek wel kan sê is dat ek en Jeanelle (swanger + 3ure slaap) soos 'n episode van "how to tame your dragon". Met borgtog toegestaan het ons maar 'n ander kantoor probeer wat ons binne 10minute gehelp het en die vingerafdrukke terug gegee het.
Ek is lekker bederf so tussen die vingerafdrukke en 'n reënerige en yskoue tennis les. Ek kon ook uiteindelik my geskenk oop maak (ek was van plan om Jeanelle Vrydagaand wakker te hou tot midernag, maar toe is sy nie daar nie). Ek het 'n vreeslike goeie kamera by my vrou gekry, met al die toebehore wat 'n professionele fotograaf kan nodig hê. Ek wou oorspronklik voorstel dat sy nie vir my 'n geskenk koop nie en dat ons eerder 'n goeie kamera moes kry, maar wie sou nou kon raai dat ons so eenders dink. :-) Omdat die geskenk van Amerika se Amazon af kom, het ek geen idee gehad wat ek kry nie, omdat die kamera ook in Australië beskikbaar is, net nie met al die aanhangsels nie. Ook dié dat ons Sondag oggend op 'n road trip moes gaan om my nuwe kamera uit te toets. Jeanelle moes net die heeltyd ander lense aangee. Ek is nog nie 'n 'pro' nie. (Ek het oorspronklik gedink ek kry 'n H.A.T. toe ek die instruksie handleiding sien). Met die eerste probeerslag lyk die fotos sommer reeds baie goed. (Die blog se fotos het nogals die laaste tyd 'n afdraande neiging getoon.) Hier is een van die Great Pacific Drive wat ons Sondag gery het.
Great Pacific Drive - Snelweg is amper in die water |
Hierdie foto was voordat Jeanelle besef het die voël is agter haar naartjie aan. |
Meeste van die pad is deur bosse. |
My bestuurder het nie regtig 'n helde ontvangs by die groot-baas gekry toe hy Maandag terug was nie. Ons verkoop gewoonlik so die halfte van die masjiene wat die ander kantoor (met 30 verkoopsmanne) verkoop, maar teen Maandag was dit 10 vs 60.
Ek het gelukkig my kant gebring en teen Donderdag sovêr een masjien elke dag verkoop. Sonder dat ek hard probeer het, lyk die 'bonus'-lyn nou amper haalbaar.
Ek moes al Donderdagmiddag se afsprake om die ginekoloog se kantoor maak. Jeanelle was teen Donderdag goed siek(migrane en naar) agv. werk, stres en bekommernis oor wat verkeerd kan gaan.
Die dokter het die skerm laat stil staan en gevra wat ons sien. Dis 'n seuntjie! (Hy het eintlik vir die woord penis gewag, maar ja, sy ouers het alby biologie gehad.)
Moeilike aansig, maar daar sit hy. :-) |
Ons gaan vanaand Barry Hilton kyk vir 'n bietjie komiese verligting!
Dankie vir al die verjaarsdagwense! Hoop julle het 'n rustige naweek.
Baie Liefde en Groete,
Johann
No comments:
Post a Comment