Ons werk belaglik hard. Te hard. Van donker tot donker en ek voel skuldig as ek langer 'lunch' vat as wat nodig is om my toebroodjie te sluk. Ek voel nog meer skuldig as ek gou huistoe jaag en saam met Jeanelle middagete eet, voordat ek na vergaderings gaan. Dis 'n groot voorreg wat ek het om in my verkoops area te woon (en om 'n vrou te hê wat van die huis af werk. :-) Baie bederf! (Ek) (en Sy)
So bietjie 'brag!':
Ek het my 'sales-target' bereik vir Mei! Ek het glo ook die beste in die kantoor gedoen, daarom het ek, vir Junie, die spesiale parkeerplek onder in die gebou gekry, eerder as by die hotel langsaan.
Ek dink ek het nogals vêr gekom, van die verkoopsman wat homself met 'n Tim Tam beloon het vir elke keer as iemand ingestem het om 'n voorlegging te sien.
Na vele maande/jare se gesukkel dat ons vroër kan gaan slaap in die aand, het Jeanelle nou skielik meer rus nodig. (Nou kan ek genoeg slaap in kry en nog [probeer]vroeg opstaan om al die Tim Tams af te [probeer]oefen. :-) )
Ek was Vrydag by 'n kleuterskool vir 'n voorlegging, toe die dame vir my 'n koppie koffie aanbied wat sy vir iemand anders, wat toe nie daar is nie, gekoop het. (Sodat sy nie alleen staan en drink nie.) Teen etiket 101: "Moet nie water/koffie/eetgoed vat tydens 'n verkoops voorlegging nie, want kliënt kan dink jy skuld hom/haar dan" stem ek toe maar in om 'n ongemaklikheid te voorkom. Toe haal sy die dekseltjie af en gee die koffie eers 'n draai in die mikrogolfoond. 'n Uur se gepraat later, is ek nou al goed lus vir die koffie en net besig om totsiens te sê, toe ek my hand uitsteek, sê sy:"No, leave it, it is probably cold by now." (Sy wil dit seker vir die volgende gas aanbied nadat sy dit weer 'n draai in die mikrogolf gegee het).
Ons het ook 'n huis foon gekry om by die kommunikasie by te dra. Om dit nie te publiseer vir almal om te sien nie, sal ek die nommer op deel en in volgorde vir julle gee via +61 2 viber, skype, email, tweet, facetime, facebook, sms en die laaste nommer is 'n 8.
Klink of die almal na grootter huise trek (Bothma's & Botha's), ons dink aan julle! (Sou natuurlik graag help. Onthou dit gerus vir die toekoms!...wanneer ons dalk weer trek en julle naby is. lol)
Ons naweek was ook bedrywig hier met braai, tennis, fliek, koffie, skype, DVD, Grey's Anatomy en rus!
'n Rustige naweek vir die wat nog iewers in die wêreld naweek hou. Vir die res, 'n voorspoedige week!
(Ek dink ek is nou weer op datum.)
Liefde en Groete
Johann
No comments:
Post a Comment