Net 'n bietjie van 'n 're-cap' uit verlede naweek se Costco uitstappie...
Oppad daarheen is ons behoorlik op die pad beproef; hier is 'n sjinese vrou wat bestuur met wit handskoene, 'n masker en iets wat soos 'n sweisbril lyk, seker vir son bestraling!??! |
The trolly from hell: met plek vir jou tweeling. |
'n Stewige werksbank wat by Costco tekoop is. |
Vanuit Costco: Daar is nie baie verskeidenheid nie, maar daar is iets van alles; yskas, boks vrieskas, blomme, wyn, treadmill, koekies, yogurt, tv's, juwele,....jy kry die idee. |
Jeanelle was net een aand weg, maar net 100km vêr, in Woolongong, toe ry ek sommer deur vir die aand. Volgende oggend het ons ontbyt geeet in 'n koffie winkel wat van 06:00 oop is. Kyk hierdie koffie koppie op die toonbank.
Na ontbyt het ek agtergekom dat die Yaris('Jeffrey') 'n pap wiel het. Ek is seker dat 'n formule1 span self 15minute sal neem om 'n Yaris se wiel om te ruil. Dis nie 'n baie gebruikers vriendelike spul nie. Om 'n voorbeeld te gee; die 'jack' is onder die passasiers sitplek, en jy moet dié bietjie 'af-jack' om uit te kry.
Dit het my(en my formule 1 span) 20 minute gevat.
Ek was darem nog betyds vir my eerste afspraak, waar ek uiteindelik na twee oproepe en 'n adres verandering uitkom en met 'n vluisterende ontvangsdame, wat my nie kan laat inkom nie, want hulle laat nie vreemdes in die kantoor toe nie. Sy is nuut en weet nog nie regtig wat aan gaan nie. No Sale!
Later, in die hitte van die dag, by my tweede afspraak, terwyl ek sukkel om my baadjie aan te kry en ek onder die sitplekke soek vir die kar se sleutel besef ek dat ek in die kougom, wat ek vroër by die venster uitgegooi het, getrap het. Ek kon nie help om vir myself te lag en terug te dink aan wat ek verlede week gesê het nie: "Die lewe is snaaks genoeg."
'Lindt Gold Bunny' in enige 'size' |
Ons was Saterdag bietjie uit na die 'Royal Sydney Easter Show' net om te sien hoe 'n skou in 'n ander land is. Daar was hope variëteit...enige iets van pampoen, honde, kalkoene, hout kap of perd ry. Meer fotos op Facebook.
Sydney Royal Easter Show 2012 |
Nou is dit 'n kort wekie wat voorlê. Ons het Donderdag kaartjies om American Pie: Reunion te gaan kyk, verder hoop ons op 'n rustige week.
Liefde en Groete
Johann
No comments:
Post a Comment