Dit was lekker toe Jeanelle Dinsdag en Woensdagaand kom oorslaap het, voordat sy weer Donderdag oggend 05:00 lughawe toe is vir 'n vlug na Perth, 'n 6 ure vlug oor 4 tydzones, dus 4 ure nader aan SA. Teen middagete (in Sydney) het Jeanelle net daar aangekom, nog betyds vir 'n tweede ontbyt en werk in Perth, en toe ek gaan slaap, was sy net oppad hotel toe. Die hotel was nie heeltemal op standaard nie, al was dit die beste wat haar maatskappy se begroting toegelaat het, en terwyl sy sommer dadelik by die hotel omgedraai het en lughawe toe gegaan het, was al wat ek gedink het: "Kry vir julle" :-)
So land my vrou toe na 'n 24 uur dag weer 06:00 Vrydag oggend terug in Sydney.
Ek is verseker nie 'n rasis nie, maar julle moet verstaan dat ek selfs sukkel om 'n engilse tandarts te vertrou, en al die afrikaanse en Suid Afrikaanse tandartse in Australië is hier om genoeg geld te maak sodat hulle Woensdae kan golf speel en Vrydae kan af hê, nie om 'probono' of 'no-gaps' werk te doen nie. Nadat ek deur die hele 'no-gaps' lys van Li's en Wang's gesif het en uiteindelik die tandarts (wat ook 'n potensiële kliënt is) skakel, vat hy net nuwe pasiënte as hulle verwys is deur 'n ander tandarts. Ek maak toe 'n afspraak by 'n Dr. Ash maar moes dit later verander toe ek uitvind dit staan vir Ashlam Mahal Badalandabad. Dink ek gaan nou na sy kolega, 'n Dr Jenny.
Met Sydney se onlangse tekort aan sonskyn en warm weer, was ons hierdie week hard opsoek na 'n 'treadmill' en na vele ure op die internet (hoe ken julle my), het ons op 'n pakhuis afgekom wat treadmills gedurende werksdae in werks-ure verkoop, aan die ander kant van die stad. Die eienaar het ingestem om tot 18:30 vir my te wag, maar laat middag verkeer was so erg dat ek maar omgedraai het na 30 minute en na 'n uur se ry, was ek weer voor my kantoor. Ons probeer toe weer Vrydagmiddag (in Sydney se sirkel snelweg, die ander kant om) ry en kom net voor 18:30 daar aan. Dis toe nie heeltemal wat ons soek nie en dis die dat ons toe Saterdag by Costco uit kom. Lang storie kort: Nadat ons die assistent weer van die grond af opgehelp het het en hy na die lag, sy asem terug gekry het, het ons die treadmill in ons Yaris gepas. 'n Buurman wat gesien het ons sukkel om die 130kg masjien by die trap op te kry (hernia en al) bied toe aan om te help dra, lol. Toe daai treadmill grond raak voor ons 1ste verdieping voordeur, is die man weg.
Dis ook baie moeiliker om te bou as wat ons eers gedink het. (Moeiliker as enige Ikea meubelstuk) En ons was behoorlik moeg en nat gesweet teen die tyd dat die masjien gebou was. Voor julle vra: Ja, ek het al 1.465km gedraf en Jeanelle 2km, teen hierdie tyd.
Stefan is in Texas. (So hoor ons, 'via the grapevine') En ons kan hom nie blameer dat hy nog nie gebel het nie, ons het so vinnig na die naaste dorpie op Google-Earth gekyk en verstaan waarom hy nog nie 100% op die lug is nie. Hoop hy geniet dit!
Met al hoe meer vriende en familie wat vir verlengde tye in die buiteland werk/kuier, is dit interessant om te weet dat "kultuurskok" eintlik nie net 'n sê-ding is nie, maar 'n ware vorm van disoriëntasie wat ervaar word deur mense in 'n nuwe land/situasie. Gaan lees gerus meer daaroor op Wikipedia of lossesintranslation as jy 'n tydjie kry. Dis baie interessant en het ons gehelp om te besef en te verstaan waardeur ons gaan.
Agv. 'n tekort aan fotos hierdie week, deel ek graag 'n advertensie wat my baie aan ons en 'kanp' laat dink:
Met Jeanelle by die huis, raak ek nou amper weer gewoond om saam met iemand te bly.
Ten spyte daarvan dat ek die hele Sondag die nuus vir April-gek grappe dopgehou het, het ek keer op keer gedink: dis belaglike nuus, maar dis te onsmaaklik om 'n grap te wees. Dit het my net laat besef dat meeste nuus belaglik is en die regte lewe so snaaks is dat ons amper nie grappe nodig het nie, net 'n sin vir humor.
Ons het ook 'n welkome ekstra uur by ons Sondag gevoeg gekry te danke aan 'daylight saving'.
Baie Liefde en Groete en sterkte met die week(wat daarvan oor is)
Johann
No comments:
Post a Comment