Saterdag
oggend was ek eintlik nog op pad huis toe na die Kers-afsluiting. Daardie tyd
van die aand raak die strate bietjie rof, met polisie en ‘bouncers’ wat orde probeer
handhaaf. Kom ons sê maar net: “Nothing good happens after 23:00.” Dit het my
wel gehelp om te slaap, want wat ek nie geweet het nie is dat ek die res van
die naweek seker 50 keer sou droom hoe ek vir die baas verduidelik waarom hy my
nie kan afdank nie. Ek het tussen drome, terwyl ek sukkel om te slaap, selfs
aan ons nuwe ‘budget’ gewerk, die een sonder my salaris.
Saterdag
het Jeanelle ’n vriendin oor genooi om te kom ‘Macaroons’ maak. Dit was baie
lekker, daar was gou niks oor om af te neem nie, anders kon ek julle wys.
Die week vantevore
het ek die ‘Dopper-Kerk’ belowe dat ons Sondag kerk toe sou kom. Ons het byna
vergeet dat Jeanelle ook twee name van ’n kersboom gehaal het by die ander
kerk, so ons moes gou Saterdagaand na Kmart gaan. Tien minute voordat hulle toe
maak, moes ons ’n geskenk kry vir ’n 3 jarige seun en ’n 5 jarige meisie.
Sondag het
Jeanelle met ‘migraine’ wakker geword en eerder as om na elkeen na ’n kerk toe
te gaan, het ek toe na albei kerke. Ek het soos Kersvader van kerk na kerk gery
om geskenke af te laai. Eers die kinders se geskenke. Dit moes blykbaar al 9
Desember daar gewees het, maar ek het bietjie beter gevoel toe die een diaken sê:
“It’s never too late for presents.”
Daarna is
ek na die Dopperkerk waar ek vir die tweede keer die week alleen by ’n Kerssangdiens
was, gelukkig kon ek hierdie keer die geskenke uitdeel met die regte name op.
Ek moes ook vir almal vertel dat ons weg gaan vir Kersfees, omdat ons te sleg
gevoel het om die dominee se uitnodiging, om Kersdag saam met hom en sy gesin,
in hulle nuwe pastorie, deur te bring, van die hand te wys. Sy arme gesin trek
eers 4 dae vroeër, in die nuwe pastorie in en nou nooi hy alreeds mense. Dis
ook nie die eintlike rede nie. Dis ongemaklik om ‘’n gesprek met hom te voer. Dis
hartseer genoeg om Kersfees vêr van ons familie te wees. Die gedagte van Kersdag
saam met die ongemaklike dominee, sal my hartstogtelik laat begin huil.
Maandag, na
nog ’n lang onrustige nag, was ek bang dat dit die dag sou wees dat ek gestraf
sou word vir die wit leuentjie oor Kersdag. Groot was my verligting toe die ‘sales’-baas
ons herinner dat ek en ’n meer ervare verkoopsman aangebied het om die kantoor
weer van die 3de Januarie te beman. Dit beteken dat ek, tenminste nog tot die
3de Januarie, werk het. Ek moet bieg dat ek die res van die week maar baie lig
geloop het. Later die dag het ek gesien hoe die baas een van die verkoopsmanne
inroep wat byna alleen in die kantoor gesit het, terwyl al die ander ervare
verkoopsmanne weg was. Ek het hom nie weer gesien nie en later gehoor hy is ge-‘fire’.
Ek het besef dat dit beter is om tenminste besig te lyk, of by potensiële kliënte
aan te klop, eerder as om in die kantoor te sit, want dan lyk dit vir die baas of
jy sukkel. Van Maandagaand af slaap ek weer vas.
Die een 'sales'-manager het my saam met so klein groepie mense genooi om saam met hulle te gaan golf speel op die laaste oggend, net voor 'n afsluitings-'BBQ' by die werk. Dit was 'n welkome uitnodiging aangesien niemand lus is om op die laaste dag van die jaar enige groot aankope te doen (of vir verkoopsmanne) nie. Die vars lug en son was heel lekker en het my gehelp om 'n laë profiel te handhaaf op kantoor vir die laaste halwedag.
Ons was
baie besig/treurig hierdie jaar en het geen Kerskaartjies gestuur nie. Jammer,
ons sal volgende jaar meer voorbereid wees. Dit was ook die laaste kans vir Kers
inkopies. Ons koop maar vir mekaar baie geskenke, dan is daar darem iets onder ons
boom. Kers inkopies is vir my vrou veroorsaak baie angstigheid. Sy sien al van
November uit na Kersfees en geskenke. Ek weet nie eers wat om vir haar te koop
nie, maar sy sien uit daarna om te sien wat sy gekry het. Sy wil nie sê wat sy
wil hê nie, want dit gaan oor die verrassing!? Die goed wat ek dink sy wil hê,
pas nie in die ooreengekome-‘budget’ nie. Daar is nogal ’n paar interessante
nuwe items in die winkels hierdie jaar, maar Jeanelle sal maar sukkel om bly te
lyk as sy regtig ’n spookasem masjien kry. Dit sal ook heeltemal teveel
verwagting skep as daar so ’n groot geskenk onder die kersboom is. lol. (Jeanelle se geskenk het wel vandag hier aangekom, betyds vir Kersfees. Ek het eers gedink dat hulle dalk my geld gesteel het, maar ek sal nou www.simplyelectronics.net aanbeveel vir enige elektroniese goed wat julle wil bestel.)
Ek moet
bieg, ek sien meer uit daarna om die uitdrukking op Jeanelle se gesig te sien
as sy haar geskenk(e)(ie)(s) oop maak en meer daarna om iets te kry, as na die
inhoud. Dit is in elk geval die hele idee: Kersfees gaan oor die geboorte van
Jesus (God se geskenk vir die wêreld) en daaroor gee ons vir mekaar geskenke om
dit te herdenk. Dit gaan nie oor die waarde van die geskenk of jy die regte
geskenk gekry het nie. Dis nie waaroor Kersfees gaan nie. (Hierdie blog het
lank gevat om te skryf, want ek moes die preek uitwerk en verkort en self eers
weer dink waaroor dit gaan. Ek het alle respek vir Petri, dis harde werk.)
Ons is
uiteindelik op vakansie. Dis die eerste keer vandat ons mekaar ken dat ons ’n hele
week saam vakansie het sonder dat ons ‘on-call’ is, of moet werk, of bekommerd
wees oor ons besigheid. Ons sien uit na baie DVD kyk, strand toe gaan en rus.
Ek wens vir
julle almal ’n Geseënde Kersfees en Kers-seisoen mag julle veilig reis en as
indien julle so gelukkig is, lekker rus. Geniet dit.
Baie Groete
en Liefde,
Johann