Saturday, 26 November 2011

Wat de Feek, is dit wat jy dink dit is?


Die naweek het afgeskop met Vrydagaand drankies op die vêrste punt van die straat. Ons straat is iets soos Loopstraat in Kaapstad, net minder kuier plekke en meer eet-plekkies. Dis glo een van die grootste konsentrasie eetplekkies in Australië. Ons het besluit om hulle van 'n punt af deur te werk. Eerste plekkie was 'n pub. Lekker kos. Ons het ons sommer net aan die ander mense gesit en vergaap.

Saterdag wou ons vroeg reeds na "sculptures by the sea" gaan kyk, maar ons het direk van die bus af eers begin soek vir middagete. Ons 'strike' dit toe lucky; hulle werk aan die treinspoor, en alles word deur busse vervang :-). Ons het ook iewers gehoor dat dit op die 'Bondi to Coogee beach' staproete is, so na so bietjie 'Chinese' (ja, ons het uiteindelik 'n 'Chinese' Resturant gekry wat ook 'Sweet and Sour chicken/pork' verkoop), het ons die stap van Coogee se kant af aangedurf.
Na 1.8 km se stap was daar nog niks. Die 'scenery' was darem mooi.
Sydney se Gordon's Bay - Mense swem tussen rotse.

Mense wat 'tan' op sement blaaie om die water. Dis amper soos 'n swembad!?

Vir 'n paar Sydney-ers is dit hul enigste kans vir 'n plekkie by die see.
Ons was net oppad om vir 'n busstop te soek, toe sien ons die 'sculptures'. Dis toe eintlik net by Bondi en die buur-strand. :-) Teen die tyd was ons al deur geloop en nie regtig vol waardeuring vir kuns nie.
Interessante kunswerke nietemin. Ek het fotos van so 'n paar aangeheg.
Bietjie moeilik om te sien van hierdie 'angle' maar die 'n hout huis (murasie)

'n 3D-erige kunswerk. (Rikus: moenie eers probeer nie, beweeg aan)

Ja, dis 'n TV



Spyker langs die see.
Sondag was dit kerk en werk. Ongelukkig kon ons nie die Aussie meisiese verjaarsdag mee maak nie. Sy het byna 40 mense genooi om na haar huis te gaan (wat wie weet hoe vêr uit die beskawing is), hulle eie kos te bring (en presente) om haar verjaarsdag te vier!? Ons het heeltemal te veel gehad om te doen.

Jeanelle is so toegegooi onder die werk op die oomblik dat jy net nou en dan 'n hand onder die papiere sien uitkom vir 'n slukkie water. By my was dit soortgelyk. Telesales was maar moeilik hierdie week. Veral Donderdag, toe ek 'n nuwe tegniek probeer, wat mense vra of hulle een van  drie probleme ondervind. Ek is bly om te sê dat niemand enige probleme het as hulle deur 'n rep geskakel word nie (nie wat hulle sal erken nie) en ek was nie voorbereid op dit nie, so wat gevolg het was ewe pynlik vir my en die ou in die 'cubicle' langs my om te hoor. Een van my ou kolegas by Apple het altyd gesê: "Fuck me dead", wel, dit was 'n heel gepaste wyse om die dag te beskryf. 
Die kersie op die koek, was toe ek vir Jeanelle by die werk gaan haal en ons oppad terug, (altwee moeg en honger, na 'n laaang dag se werk), sonder petrol langs die pad gaan staan. (Ons nuwe kar het 'n 6 segment digitale voorstelling vir die petrol. Wanneer die 2de laaste segment verdwyn, dan begin die laaste segment flikker. Ek sou dink dat mens nog vêrder as 20 km sou kon ry. Veral met 'n kar wat so ekonomies is. lol) Gelukkig is daar toe 'n inham langs die pad (die enigste vir 5 km) en ons was net 200m veby 'n vulstasie. Ek sal later op Facebook 'n foto van my nuwe petrol blik 'post'. Die blik het 3 keer soveel soos die 5l petrol gekos. (ps. temidde van wat op Facebook gesê is, wil ek net van die geleentheid gebruik maak om te sê dat ek nie bestuur het toe ons gaan staan het nie.)

Dit was 'n belaglike week. Ons het heeltemal te hard gewerk. Dit het ook die heel week gereën. Die hele week! Door-to-door sales afwisseling met telesales was geen pret met al die reën nie. Ek het 2 meter agter my 'work-issued' BlackBerry moes aan hol, nadat ek die foon laat val het toe ek uit my bestuurder se kar klim en die foon letterlik met die stormwater, met die straat af, gespoel het. Die BlackBerry werk nog. (vir nou)

Dink ons kort so bietjie son. Dan sal ons sommer beter voel. Het laas son gehad tussen Bondi en Coogee. 

Na so 'n week het 'n naweek bietjie van 'n kupstootjie nodig, so ons skop die naweek met pizza en wyn af.

Liefde en groete.

Johann

PS. Ek het vergeet om verlede week te vertel van ons oggend draf. Hier is 'n pragtige padjie, spesiaal vir voetgangers en fietse wat onder die hoofweg kronkel en al die parke konnekteer, waarop ons verlede Vrydag oggend gaan draf het. Nie dat ons gewoonlik die eerdte mense is wat draf nie, maar ons gaan ongelukkig nogals gereeld deur spinnerakke. Jeanelle is al gewoond om te sê:" toemaar, daar is niks op jou nie", maar hierdie keer was dit 'n rude awakening, iets soos:" Toemaar man, daar is niks op jou nie. O shit, Bokkie!..."



Friday, 18 November 2011

Cruising

Hierdie blog is twee keer geskryf en een keer verloor as gevolg van tegnologiese probleme, maar ek het nou 'n makliker app om mee te blog, Blogsy. So kom ons kyk of dit beter werk.
Verlede naweek was hoofsaaklik toegewy aan studies, behalwe Saterdagaand, to ons gaan 'cruise' het. Dit was byna 'n uur se kar-trein-taxi om by die boot te kom. Die boot het net soos op die kaartjie gelyk. Ek het gedink dit is die enigste prentjie wat hulle kon kry, nie 'n direkte uitbeelding van die boot nie.
Die 'cruise' is deur een van my nuwe kollegas gereël. Hy speel self in die Regae orkes. Ons het twee van Jeanelle se kollegas, die Britse meisie en haar New Zeelandse man en een van my ou kollegas, Russiese ou en sy meisie genooi. Nadat die Russiese outjie vir ons vertel het dat dit net 30 minute van sy woonstel tot by die boot is, moes ons vra dat die boot so paar minute langer moet wag vir hulle om te arriveer.
Die musiek was redelik goed. Die kroegman het self bietjie weggelê, en later verniet drank begin weggee. Die buffet aandete het bestaan uit 5 slaaie (tamatie blokkies, koolslaai, pit mielies, Griekse slaai en Griekse slaai met avo in), heel gaar, on-skoongemaakde prons en 'n paar heel gestopte 'rotisserie chickens' waarvan jy jou eie stuk kon afbreek.

Die ding van 'n 'cruise' is; jy is op die boot. Selfs na 20 minute, as jy klaar geeet het en eerder graag sal wil gaan slaap, kan jy nie. Nee. Jy is op die boot. Dis nou nie die tipe skip waarmee die Le Rouxse tans toer nie. Vermaak is redelik beperk. Jy gaan nêrens tot die boot weer laat die aand vasmeer nie. Dit verplig jou half om lekker te kuier, wat ons wel gedoen het. Nagereg was baie gesond. Waatlemoen en Spanspek snye. Ons het dit baie geniet. $55 per persoon baie? Mmmm?!?

Maandag was die groot slagting. Ek het later gewens ek het 'n R50 by my gehad om agter in my antwoordstel te sit. Dit behoort enige Prof/Onnie se salaris te kan verdubbel. Nie die R50 nie, maar as dit 'n 'trend' raak.
Dit was ook die begin van die hormonaalste week wat die weer in Sydney aanbetref. Maandag het dit kompleet gevoel of iemand jou met 'n haardroër in die straat af blaas, so warm was dit buite, al het die wind gewaai.
Teen Woensdag was dit so koud dat jy 'n trui moes dra. Dit het darem teen Vrydag meer gestabiliseer in warm en bewolk, terwyl ek byna 4km tussen afsprake, in die hitte, in my pak klere moes rond loop. Nog niks verkoop nie, maar het al 'n paar lyne in die water.

Hierdie naweek (wat nou al verby is) het ons hard probeer ontspan, maar meer daaroor op Vrydag. Sal harder probeer om my Vrydag Blog op Vrydag te doen.

Geniet julle week. DeVilliersies, geniet julle vakansie. Le Roux's geniet julle cruise. Moolmans, geluk met die lening!
Bothmas, ek hoop die voorgeboorte klasse kom goed aan en dat julle die toetse sal deur kom. Bothas, julle kan ook nou maar begin werk, neem aan dis darm amper Maandag by julle. Vir die res, Groete en liefde.

Johann

Friday, 11 November 2011

Tyd galop verby...

Ek het heeltemal vergeet om dit verlede week te noem, maar dit was op Dinsdag 1 November die jaarlikse Melbourne Cup. Die hele Australië kom tot stilstand. 15:00, en by Jeanelle se werk, sit sy en sjampanje drink. Ons kantoor is ook almal in die tee-kamer, besig met bier en snacks, terwyl ons die resies kyk. Vir ons is dit weer terug werk toe daarna, maar Melbourne se provinsie/staat, het sommer vakansie dag. Dis Melbourne Cup dag.

Dis seker die Melbourne cup wat dit aangehuts het, maar Saterdag oggen vroeg, het ons saam met een van ons Suid-Afrikaanse-Aussie vriende gaan perd ry. Die plaas het honderde perde, dis nogals groot skaal. Ongelukkig is die enigste foto wat ek geneem het, van die groen pappegaaie.

Die perdry was maar stamperig. Dit was net my derde keer op 'n perd, maar ek raak nou mak. Bygesê, ek het heelpad langs Jeanelle probeer ry, maar my perd, Niekie, wou niks weet nie. Die perde is so gewoond om in 'n ry te loop, jy kan eintlik maar die leisels los. Terwyl ons perd gery het, het die gids ons ook die hindernisse gewys vir 'n hindernis pretloop wat hulle binnekort daar gaan hou. Daar is 15 obstruksies in 5km. Hulle het ook 'n nuwe gebruik gevind vir 'n elektriese heining 'converter', dis glo die laaste obstruksie, waar jy glo op 'n groot stomp moet loop, terwyl jy tussen die drade deur vleg?! Dankie, maar nee dankie. Die afstand sou genoeg gewees het vir my.

Ek hoop die foto lyk beter op julle skerms. Anders: die groen goeters is voëls, (pappegaaie), die rooi-bruin kolle is duiwe.

Ons het tot ons spyt, Sondag middag gaan fiets ry en agter gekom dat 'n fietssaal en 'n perdesaal, min of meer op die selfde plek druk.

Jeanelle is Donderdagaand Adelaide toe, maar nie voordat ons die Business Lounge misbruik het nie. Ek moes dalk maar nie nog die Korma Chicken ook geeet het toe ek reeds propvol was nie. Mens sou sweer ek is bang ek kry eers weer kos as my vrou terug kom. (Wat ek aan aandete (en soos ek geeet het, ontbyt en middagete) gespaar het, het ek aan parkering betaal toe ek weer huistoe is.)

Die week was bietjie van 'n wipplank by die werk, my 'training' het klaar gemaak. Ek sou nie omgee vir nog so bietjie nie, maar nou is ons (nuwe reps) saam met meer ervare ouens op die pad, om te sien hoe dit gedoen word.

Hierdie naweek word daar hoofsaaklik geswot in hierdie woonstel, met die uitsondering van Saterdagaand, wanneer ons op 'n 'dinner-Cruise' gaan, met Regge musiek? (Solank dit nie Kwaito is nie, kan dit seker nie te sleg wees nie).

Ek kry ook van volgende Maandag 'n ander 'desk'/'cubicle' bietjie verder van die baas se deur af, so dit behoort ietwat rustiger te gaan.

Dis amper ook naweek in Suid Afrika. Ek is net bly dat ek nie( in Kanada is en) nog 'n dag moet werk voor ek naweek het nie. Weet nie of ek dit sou kon maak nie.

Aandete het my verewig gevat. Ek wou nie Pizza plek toe gaan nie, aaJeanelle hou te veel daarvan, sal eerder saam met haar daar eet. Die Thai plekkie adverteer gesonderige kos, maar het nie kaart fasiliteite nie, wat my sommer dadelik afsit. Die ander Thai plek, op in die straat, kos dubbel en uit beginsel uit, is hulle nie 'n opsie nie. Na ek met die kafee moes onderhandel vir my roomys, wat ek oppad na Grill'ed('n lekker Hamburger plek, 6 blokke verder) wou eet, omdat hulle nie regtig kaarte aanvaar vir transaksies onder R80 (have you ever) nie, het ek besluit om maar by die 'Vis en Tjips' plekkie 'n burger te koop (ja, tradisioneel Australiaans, met 'n skyf Beet). Ek kry toe maar 'n koeldrank want aleen drink is die begin van vreeslike dinge. Ek het net gesit, toe is aleen by tafel sit nie cool nie. En terug by huis het ek besef, dat dit ook te stil is. Burger was lekker.
Ek gaan nou gou my vrou op die lughawe haal. Alles sal dan beter wees.

Liefde en groete vir julle,

Johann

Sunday, 6 November 2011

Ons eerste gas...

Dit was 'n besige 2 weke met die opwagting van ons eerste gas (daarom die onderbreking in blogs).

Na my laaste blog het ons gaan Braaier soek. Hier is 'n groot verskeidenheid braaiers of "BBQs", soos die Aussies dit noem. Hulle het selfs 'n paar ontwerper braaiers, wat bv. soos enjins lyk, in 'n verskeidenheid winkels waar daar net braaiers verkoop word. Ek het geen idee hoe ons oorleef het sonder 'n braaier vir so lank nie. Kom ek sê maar net dat die nuwe braaier ietwat van 'n belegging is. Hy behoort byna verewig te hou en is lig genoeg om enige plek in die werêreld saam te toer.

Die braaier was ook net deel van die voorbereiding. Ons moes ook gou 'n bed en bedkassies aanmekaar skroef. (Dankie vir Ikea wat die bed voor-verlede Sondag oggend afgelaai het.) Dit was net 'n swaar boks met 'n paar planke en 'n sak skroewe. Die matras kom van die bedwinkel, so 6 blokke op in die straat. Na 'n groot gestry het die verkoopsman sy bestuurder gaan vra wat toe ook saamgestem het dat ek die matras op die display bed kon koop. Tot sy vermaak, kon ek toe nie die 10" Queen sponsmattras plat vou en agter in die Yaris pas nie. Hulle kan eers dié Vrydag aflaai, 4 dae te laat vir Wessel. Die enigste bakkie wat ek toe kon huur, was aan die ander kant van Sydney en die winkel maak oor 3 ure toe, maar ons het gaste vir tee genooi.
Gedurende ons trek-naweek, het ons vergeet dat die "Presbyterian" Kerk se oudste lidmate ons vir aandete genooi het. Hulle het iewers later in die week geskakel om te hoor of ons nog "ok" is. Uit skaamte nooi ons hulle toe ook die Sondagmiddag vir tee. Dis nou nie een van daai vinnige-tees nie, hierdie is nou meer soos 'n toemaar-die-aand-diens-begin-eers-7uur-vanaand tee.
Toe hulle 'n uur later nog nie opgedaag het nie, toe ry ek gou stasie toe, om 'n trein te kry na die bakkie (Ute) wat ek gehuur het. Net toe ek op die trein klim, toe kom die mense by ons woonstel aan.
Lang storie kort einde: Die tannie het ingestem om die 95 jarige oom by Jeanelle te los, terwyl ek en sy gou die matras by die winkel gaan haal, met hulle Honda SUV. Ek dink as ek so hard gedruk het om die matras in die Yaris te kry, dan sou dit dalk ook gewerk het, maar "hy moes in". 

Jeanelle het die week af gevat om Wessel se toergids te wees en bedags het ek probeer wakker bly in die 'training' by die nuwe werk, terwyl ons by die soveelste oefen kwotasie doen sodat die stadiger leerders dit ook kan snap.
Die 'itinerary' het heel goed gewerk, Jeanelle en Wessel het 'n stap toer van Sydney gedoen, (ongelukkig meestal in die reën). Sommer in die eerste dag 'n hele rits dinge beplan vir die Saterdag wat hulle eerder saam met my wou doen. Donderdag was dit Featherdale, amper soos die leeu park, net sonder leeus/enige iets gevaarlik. Die Gids het hulle wel gevra of hulle al van al die erge stories van Dingo's gehoor het. Lol! Daar is ook Kangaroos en Koalas en 'n klompie ander vreemde goed. Die aand het ons "The Merry Widow" by die 'Sydney Opera House' gaan kyk en koffie gedrink by Guillaume at Bennelong, 'n restaurant wat in een van die drie skulpe/koepels van die Opera House is. Vrydag was dit Bondi Beach en die aand het ons bietjie rustiger verkeer, want ... Saterdag was dit Sky Tower (uitsig van 304m hoë toring), Sydney Fish Market (waar ons 5D lunch gehad het)...

Die 5D Lunch: Ons 3 het natuurlik by die Fish Market se agterkant (by die asblikke) in gegaan (to set the mood). Met die reuk van vis en klank van die see, proe ek die wasabi, terwyl ek sien hoe die vars oester nog beweeg en voel hoe hy in my keel af gly, (en my ingewande bakly om alles in te hou), ek moet sê dat die vars coconuts lekkerder sou gewees het as dit nie met die oesters moes meng nie. Ons seafood platter  was gevul met alles van kalamari tot soft-shell crab. 

... Ons is ook na die Aquarium (met onder water glas tonnels waardeur 'n mens die visse kan sien terwyl jy onder deur die tenk loop), en die aand het ons by die Hard Rock Cafe 'n bietjie stabiele kos geniet.

 Sondag het afgeskop met 'n vinnige Jet Boat toer van die hawe en toe 'n bietjie swem by Manly strand. Wessel moes amper 'n bietjie langer bly, want Qantas wou strike, maar na so 'n lang tyd weg van sy vrou af, was hy reg om die Jet Boat te charter om hom terug te vat huistoe.

Maandag was baie hartseer om vir ons eerste gas totsiens te sê. Ons mis hom alreeds.
Dinsdagoggend was ek weer vir die eerste keer in 'n week by die werk in vlees én gees. 

Die normaliteit was van korte duur toe ons Donderdag oggend besluit dat Jeanelle, eerder as net stasie toe gaan, my moet aflaai by die werk en self Wollongong to ry (1.5uur Suid van Sydney/2 ure met trein). Daar ry sy toe met al ons sleutels. Ons maak toe die beste van die geleentheid en ek ry na werk toe trein soontoe en vat die kar terug werk toe Vrydag. Vrydagmiddag was bietjie deurmekaar, toe ons byna gelyk by die huis aankom. Dis nog deurmekaar van die Donderdag se gejaag. Die Online Shopping is Donderdag oggend alreeds afgelaai voor die deur en ons een vissie is dood. Joy!

Hierdie naweek was perdry en rus op die spyskaart, maar meer daaroor in Vrydag se blog!

Liefde en groete

Johann