Friday, 8 July 2011

Work-Life Balance

Dis weer Vrydag en ek kan nie help om om hierdie video met die te deel wat dit nog nie gesien/gehoor het nie: FridaySong Hulle spot gereeld by my werk daaroor.

Omdat ek op die Saterdagskof is het my naweek eers Sondag begin. Sondag was uitputtend, maar ons kon nie help om vir onsself te lag nie. Ons is na kerk vir ete genooi deur die kerk se oudste ledemate(oom(92) en sy vrou) saam met die enigste ander paartjie wat jonger as 60 is. Dierbare mense(die oom en tannie). Na ete het die tannie begin kerk praat. Sy het eintlik jonger mense vir die kerk se bestuur gesoek en die oom wou homself 'can' nadat Jeanelle toe vra of dit is waarom ons genooi is. Na my uitlatings oor my teleurstelling dat die kerk sap vir nagmaal gebruik, het iemand uitgewys dat geen alkohol op die kerk se perseel toegelaat word nie. 'Dis 'n Dopper kerk' roep Jeanelle toe met 'n glimlag uit terwyl sy aan my stamp en ek soek plek om my kop in te druk. Dink nie ons sal meer oorweeg word vir die bestuur nie.

Maandag kon ons darm ontspan want Jeanelle het die dag af gehad. Ons het 'n Fireplace Dvd gekoop, maar as dit nie beweeg en zoom heeltyd nie, dan brand die vuur uit!? Tussen deur maak die tv die huisie lekker warm.

Hierdie week het die gym oop gemaak, maar ons was bietjie stadig met die wegspring. Dis net te maklik om 'n ekstra 30 minute of 'n uur by die werk te spandeer, en hulle is maar te bly, maar dis nie 'n goeie ding as jy dan moeg by die huis aankom nie. Die mikpunt is om hierdie week wat kom 'n bietjie beter balans toe te pas. Die badkamers by die gym is so mooi dat ek amper oor die straat wil loop om gou te gaan shower.

Die werk is nogsteeds under-staffed, en dis vir my sleg om huistoe te gaan as als nie gedoen is nie, maar dis ongelukkig nie 'n one-man job nie.

Dit was glo vanoggend die koudste oggend in Sydney in 'n jaar(seker sedert verlede winter -goeie observasie dier die nuus).

Aanhaling van die week: (Uit die reeks Offspring- waar 'n vrou dagdroom oor haar perfekte man wat om die hoek kom met 'n beervel oor sy skouer en sê:) "I killed a bear...and wrote a poem about how sad it made me."

Gaan bietjie weg die naweek, sal volgende week meer sê. Hoop dit gaan goed met almal en dat die stiltes net is omdat julle so besig is om geld te maak om te kom kuier.

Liefde en Groete,
Johann

No comments:

Post a Comment