Friday, 22 July 2011

En dit reën en reën en reën...

Wow! Na hierdie week verdien ons 'n bietjie naweek. Dit het gevolg op 'n baie kort Sondag. Ons het 15 minute trein gery en toe 15 minute bus en toe 5 blokke vêr gestap om by kerk te kom. Dit was glad nie 'n flashy gebou nie. Lyk iets soos 'n kerksaal. Om te help met die kultuur skok, het ons 'n Indiese dominee gehad. Bygesê dat dit vir eens lekker was om 'n duidelike boodskap te kry. Die man was passievol en het nie, soos by ons plaaslike gemeente, van 'n voorbereide bladsy afgelees nie, maar met mening gepreek. Na kerk het die koek en koffie die kersie op die koek verseker. Mense was vriendelik en 90% was Afrikaans. Ons sal defnitief terug wees. Daarna het ons 2 km ( in hoë-hak-skoene) na die naaste winkelsentrum gestap vir koffie. Sal dalk volgende keer die kar gebruik.
'n Nat week in Sydney ,''Sydney_Rainiest_week_since_1950'' , dit het nie soms sag en dan hard gereën nie, dit het heeltyd hard gereën. "Non stop" sedert Dinsdag. Ons het díe grootste sambreel. Dis iets tussen 'n Gazibo en 'n strand sambreel, maar met die strome en plasse water en reën wat vam die kant af kom, het ek steeds, onder die ding, nat geword.
'n Woeste week weer by die werk, met almal wat angstig raak omdat ons, eerskomende Dinsdag, voorraad opname het en alles moet perfek wees. Ek het aangebied om Dinsdag aand te help tel, lol, so ek werk 15:00 tot 23:00.
Maar voor ons oor volgende week worry en terwyl ons van hierdie week probeer vergeet, gaan ons die naweek bietjie weg om my skoonma se verjaarsdag te vier. Dink sy word 3.

Wens julle almal 'n naweek vol rus.

Ps. Het moed bymekaar geskraap en die het hierdie Dinsdag weer onderhoud met selfde ou wat laas gedink het ek mors sy tyd.

Liefde en groete,
Johann

No comments:

Post a Comment