Friday, 1 July 2011

Roller Coaster

Nog 'n week het verby gevlieg!
'n Week wat ek nie gou sal wil oor hê nie. Maandag se onderhoude het ek die eerste ou se storie gehoor en gedink: "You must be kidding me!". Met die tweede onderhoud, het die man dieselfde van my gedink.
In die winkel waar ek werk het dinge se form al minder soos 'n appel en meer peerformig begin lyk teen gisteraand. Te min personeel, te min bestuurders, te min spasie en te min visie om vooruit te beplan. Hulle sal binnekort 'n reel moet maak dat personeel asseblief nie uit die winkel moet hardloop as hulle skof verby is nie.
Kom ons hoop dis soos 'n Roller Coaster: die laagtepunte gaan gou verby en voor ons weet is ons weer bo.



OZZEI UGG BOOTS
Iets Aussie: Hierdie UGG Boots is baie gewild. Dis basies wol slippers, maar dis (hier) sosiaal aanvaarbare drag vir in diestrate. (Dis nou net as dit te koud is vir vis-plakkies)

Glimlag van die week. Een of ander kind het vanoggend die "North Side"(iets soos Pretoria se 'Rekord' koerant) in al die motors in die straat se ruitveërs gedruk, maar dit het toe begin reën, so vanoggend het elke motor 'n pap hoop koerant op die voorruit.

Wens almal 'n rustige naweek toe.

No comments:

Post a Comment