Friday, 29 July 2011

'n Kort maar woeste wekie.

Ons het 'n heerlike naweek by Bells at Kilcare gehad. Dit is alleenstaande eenhede met al die geriewe: kaggel, 'foxtel', braaier, spa-bad vir twee...
Na die eerste helfte van die Rugby, het ons nie verder die Foxtel gebruik nie. Vir ontbyt het ons pakkies met musli, vrugte, spek, wors, eiers, sampioene en tamatie in ons yskas gekry, ons moes dit self maak. Lol. Advies: moenie te veel 'bubble bath' in spabad gooi nie. Ons kon later nie meer mekaar sien nie.
Die weer is maar nog koud hier, so die kaggel was 'n wenner. Ek moes wel die tweede aand die kaggel stook sonder firelighters, maar ek het, een Sondagkoerant later, 'n vuur aanmekaar geslaan wat 'n boesman, met Voortrekker erekleure, sou laat trots wees. Nie lank daarna nie, moes ons die aircon aan sit, om die kamer bietjie af te koel.
Dit was 'n heerlike naweek en het (amper) gevoel of ons vir 'n week weg was.

Min het ons geweet hoe veeleisend die week sou wees. Dinsdag oggend was ons al 04:00 op vir Jeanelle om vlug Perth toe te vat. Dinsdag aand het ek met 'stock take' gehelp tot 23:00. Woensdag weer 07:00 oppad werk toe. Die res van die week was travel en werk.
Ons het vanaand 'n Tom Hanks en Julia Roberts fliek om die naweek met 'n bang te begin.

Liefde en groete,

Johann

Friday, 22 July 2011

En dit reën en reën en reën...

Wow! Na hierdie week verdien ons 'n bietjie naweek. Dit het gevolg op 'n baie kort Sondag. Ons het 15 minute trein gery en toe 15 minute bus en toe 5 blokke vêr gestap om by kerk te kom. Dit was glad nie 'n flashy gebou nie. Lyk iets soos 'n kerksaal. Om te help met die kultuur skok, het ons 'n Indiese dominee gehad. Bygesê dat dit vir eens lekker was om 'n duidelike boodskap te kry. Die man was passievol en het nie, soos by ons plaaslike gemeente, van 'n voorbereide bladsy afgelees nie, maar met mening gepreek. Na kerk het die koek en koffie die kersie op die koek verseker. Mense was vriendelik en 90% was Afrikaans. Ons sal defnitief terug wees. Daarna het ons 2 km ( in hoë-hak-skoene) na die naaste winkelsentrum gestap vir koffie. Sal dalk volgende keer die kar gebruik.
'n Nat week in Sydney ,''Sydney_Rainiest_week_since_1950'' , dit het nie soms sag en dan hard gereën nie, dit het heeltyd hard gereën. "Non stop" sedert Dinsdag. Ons het díe grootste sambreel. Dis iets tussen 'n Gazibo en 'n strand sambreel, maar met die strome en plasse water en reën wat vam die kant af kom, het ek steeds, onder die ding, nat geword.
'n Woeste week weer by die werk, met almal wat angstig raak omdat ons, eerskomende Dinsdag, voorraad opname het en alles moet perfek wees. Ek het aangebied om Dinsdag aand te help tel, lol, so ek werk 15:00 tot 23:00.
Maar voor ons oor volgende week worry en terwyl ons van hierdie week probeer vergeet, gaan ons die naweek bietjie weg om my skoonma se verjaarsdag te vier. Dink sy word 3.

Wens julle almal 'n naweek vol rus.

Ps. Het moed bymekaar geskraap en die het hierdie Dinsdag weer onderhoud met selfde ou wat laas gedink het ek mors sy tyd.

Liefde en groete,
Johann

Friday, 15 July 2011

Put on your angry eyes!

Dis vanoggend so koud in Sydney dat ek amper 'n vinger verloor het oppad stasie toe, so die tik gaan bietjie stadig.

Dit was toe 'n heerlike naweek. Dinsdag moes ek 04:45 op Newcastle se stasie wees om betyds in Sydney aan te kom vir werk, so ek het bietjie amps getrek, maar dit was defnitief die moeite werd. Sal die naweek bietjie fotos op FB laai. Newcastle is 'n bietjie van 'n myn/hawe dorp. Het my laat besef ons bly in die Johannesburg van Australië, dié dat dit soms so onpersoonlik voel.

Gaan nog woes by werk, maar ons lag maar daaroor. My doel is om binne 'n maand intern te skuif of groener gras te kry.

Dis tog waar dat wanneer mens nuut in 'n vreemde land aankom, veral as die tyd-zones dit soos 'n ander planeet laat voel, 'n mens baie tegemoedkomend is en aanneem dat jy by die ander moet inval en leer hoe dinge gedoen/geïnterpreteer moet word. Noem dit maar versigtig wees. Dis nie nodig nie! Hoewel baie se gewoontes en kleredrag dit maklik bevestig dat dit 'n ander planeet moet wees, is dit geen rede om aan te pas nie. Mens moet net jouself wees. En dis nie nodig om stront te vat nie, so van nou "I am going to pack in my angry eyes".

Dit het intussen ook begin reën, so vanaand behoort regte kaggel en rooiwyn/warm sjokolade weer te wees.

Aanhaling vir die week:  (Uit MasterChef Australia 2011)
Die gas-kok is 'n restaurant eienaar in New York. Hy sê dat hy die beste graad het wat 'n mens kan kry as jy jou loopbaan wil boost, 'n MDBD ("Married The Bosses Daughter").

Gaan hierdie Sondag die nuwe kerk besoek (dis 'Reformed') en ons is vol moed dat ons meer normale mense daar sal ontmoet. Dis interessant dat die Nederlanders, net na die Wêreld Oorloë, baie dieselfde probleme met die Australiaanse kerke gehad het: wikipedia

Ek wens julle almal 'n rustige, hernuwende naweek toe.

Johann

Sunday, 10 July 2011

Newcastle Wegbreek

Jeanelle werk Maandag in Newcastle(NSW) en omdat ek dan nog naweek het (en seperation anxiate) besluit ons to om dit meer van 'n uitstappie te maak deur sommer Sondag nag al in Newcastle te gaan slaap.
A picture says a thousand words...so here goes:





Ons het met die Inter-City Trein na Newcastle gery. Dit was 'n rustige manier om daar te kom en ons kon terug sit en die landskap geniet.


Ons Hotel: The Albion Hotel, is bo op 'n bar/pub met dobbel geriewe en TV-skerms wat al die sport en wedrenne wys waarop mense kan/kon wed. En daar moet ons toe deur die bar, met ons tasse, pickel en sommer by die kroeg ons sleutel kry.

Al die geriewe wat jy vir +/- R700 kon verwag,

behalwe...


(Communal badkamers!?)

 (Hierdie is nie gestage nie)
Ja, die vorige ou se onderbroek hang nog hier in die communal stort.

Mamma was nie bly nie!

Na 'n baie kort onderhandeling, 
is ons toe na die hotel waar Jeanelle Maandagaand ook bly.
Hulle het ons geupgrade na 'n sea-view kamer.



"Much better"

PS. Onthou as julle ooit akkommodasie bespreek om eers na Tripadvisor se "reviews" te gaan kyk!

Friday, 8 July 2011

Work-Life Balance

Dis weer Vrydag en ek kan nie help om om hierdie video met die te deel wat dit nog nie gesien/gehoor het nie: FridaySong Hulle spot gereeld by my werk daaroor.

Omdat ek op die Saterdagskof is het my naweek eers Sondag begin. Sondag was uitputtend, maar ons kon nie help om vir onsself te lag nie. Ons is na kerk vir ete genooi deur die kerk se oudste ledemate(oom(92) en sy vrou) saam met die enigste ander paartjie wat jonger as 60 is. Dierbare mense(die oom en tannie). Na ete het die tannie begin kerk praat. Sy het eintlik jonger mense vir die kerk se bestuur gesoek en die oom wou homself 'can' nadat Jeanelle toe vra of dit is waarom ons genooi is. Na my uitlatings oor my teleurstelling dat die kerk sap vir nagmaal gebruik, het iemand uitgewys dat geen alkohol op die kerk se perseel toegelaat word nie. 'Dis 'n Dopper kerk' roep Jeanelle toe met 'n glimlag uit terwyl sy aan my stamp en ek soek plek om my kop in te druk. Dink nie ons sal meer oorweeg word vir die bestuur nie.

Maandag kon ons darm ontspan want Jeanelle het die dag af gehad. Ons het 'n Fireplace Dvd gekoop, maar as dit nie beweeg en zoom heeltyd nie, dan brand die vuur uit!? Tussen deur maak die tv die huisie lekker warm.

Hierdie week het die gym oop gemaak, maar ons was bietjie stadig met die wegspring. Dis net te maklik om 'n ekstra 30 minute of 'n uur by die werk te spandeer, en hulle is maar te bly, maar dis nie 'n goeie ding as jy dan moeg by die huis aankom nie. Die mikpunt is om hierdie week wat kom 'n bietjie beter balans toe te pas. Die badkamers by die gym is so mooi dat ek amper oor die straat wil loop om gou te gaan shower.

Die werk is nogsteeds under-staffed, en dis vir my sleg om huistoe te gaan as als nie gedoen is nie, maar dis ongelukkig nie 'n one-man job nie.

Dit was glo vanoggend die koudste oggend in Sydney in 'n jaar(seker sedert verlede winter -goeie observasie dier die nuus).

Aanhaling van die week: (Uit die reeks Offspring- waar 'n vrou dagdroom oor haar perfekte man wat om die hoek kom met 'n beervel oor sy skouer en sê:) "I killed a bear...and wrote a poem about how sad it made me."

Gaan bietjie weg die naweek, sal volgende week meer sê. Hoop dit gaan goed met almal en dat die stiltes net is omdat julle so besig is om geld te maak om te kom kuier.

Liefde en Groete,
Johann

Tuesday, 5 July 2011

Web Specials!

Die nuutste 'craze' in Australië is 'Bulk Buying'-websites. Hulle gaan na 'n verskaffer van dienste/produkte en beding 'n beter prys indien hulle 'n groot volume verkope kan waarborg.
Dit werk soms baie goed en ons het self al Pizza's, DVD, ens so gekoop.
Vanoggend is daar nogals 'n interessante aanbod:





Die interessante deel is die kleinskrif;

Jy kan dit as 'n geskenk koop!
en die Tip is nie ingesluit nie!


Friday, 1 July 2011

Roller Coaster

Nog 'n week het verby gevlieg!
'n Week wat ek nie gou sal wil oor hê nie. Maandag se onderhoude het ek die eerste ou se storie gehoor en gedink: "You must be kidding me!". Met die tweede onderhoud, het die man dieselfde van my gedink.
In die winkel waar ek werk het dinge se form al minder soos 'n appel en meer peerformig begin lyk teen gisteraand. Te min personeel, te min bestuurders, te min spasie en te min visie om vooruit te beplan. Hulle sal binnekort 'n reel moet maak dat personeel asseblief nie uit die winkel moet hardloop as hulle skof verby is nie.
Kom ons hoop dis soos 'n Roller Coaster: die laagtepunte gaan gou verby en voor ons weet is ons weer bo.



OZZEI UGG BOOTS
Iets Aussie: Hierdie UGG Boots is baie gewild. Dis basies wol slippers, maar dis (hier) sosiaal aanvaarbare drag vir in diestrate. (Dis nou net as dit te koud is vir vis-plakkies)

Glimlag van die week. Een of ander kind het vanoggend die "North Side"(iets soos Pretoria se 'Rekord' koerant) in al die motors in die straat se ruitveërs gedruk, maar dit het toe begin reën, so vanoggend het elke motor 'n pap hoop koerant op die voorruit.

Wens almal 'n rustige naweek toe.