Wednesday, 27 June 2012

Maar net 'n rustige week.

Uit vrees dat die blog sulke ou nuus soos 'n Sondagkoerant is, gaan ek ekstra hard probeer om meer/heel betyds te blog. (van die volgende blog af) Vir die wat plek verloor het: (18-24 Junie)

By die werk is almal druk besig om die 'lunch' teiken van 250 verkope te jaag en met 'lunch' word daar bedoel; waterfront restaurant, eet net wat julle wil en drink net wat julle wil en soveel as julle wil/kan.
Dis glo 'n spandabelrige vraatsugtigheid wat hongersnood sou kon genees en selfs 'n bankrot regering se ekonomie weer op die been sou kon bring.

By my huidige kantoor het ons twee bestuurders: 'n Britse ou en 'n Australianer. Ek wil nou nie 'steriotipeer' nie, want bygesê is die Australianer van die weste van Sydney. 'n Feit waaroor jy net trots is as jy self van die weste af is. (Nie om verwar te word met die Ooste (plekke soos Brakpan) nie.) Kom ons sê maar net dat ek bly is dat ek onder die Britse bestuurder werk, want hy het nog so bietjie etieket. Aan die anderkant hardloop die Australiaanse bestuurder gereeld by die kantoor in met sy das in sy hand en 'n pak wat 3 groottes te groot is. Dis nou nadat die groot-baas in een Maandag oggend vergadering ons ondermeer daaroor gewaarsku het, toe hy ook sê:"The only time my top button is undone is when my fly is open..." (maar dis 'n storie vir 'n ander tyd). Toe ek Dinsdag oggend, vroeër as gewoonlik, opdaag vir die 8:00 'training' en net gou die kêtel wil aansit, staan die Australianer (wat die 'training' aanbied) gou en tande borsel in die kombuis se wasbak.
Ek moes omdraai om hierdie "bull-bar" af te neem.
Ons neem graag DVD's uit by die Oovie-masjien. Dis 'n 'Vending'-masjien en jy betaal $3.50 per DVD wat jy uitneem per dag en jy moet die DVD net voor 21:00 terug besorg of jy moet vir 'n ekstra dag betaal.
Dinsdag aand sit ons 20:50 en wag vir die laaste 10 minute van die finale episode van Australië se "Voice" op die TV, toe Jeanelle vra:"Is daai nog die naweek se DVD's wat daar langs die TV lê?" (Ons het maar uitgehou en ekstra betaal om te sien wie wen.)

Baba Nuus: Ons trek by 8 weke. Volgens die dokter (een van hulle) is dit wanneer die hormone piek, maar ek wil julle nie verveel met al my nuwegewonne kennis oor babas nie, ek noem dit net omdat 'morning-sickness' glo dan ook piek en begin beter word. Ek hoop so, want Jeanelle was maar die afgelope week bietjie ôlik.
Ongeag van wat Mr. Bothma (wat reeds deur dit, en voorlopig eers veilig is) sê oor verwagtende vrouens se geduld wat bietjie verminder as gevolg van die hormone en dit een van die nagevolge is wat nie na week 8 verbeter nie, het ek nog relatief min moeilikhied gekry (dit mag dalk 'short-live'd' wees). 
Jeanelle het 'n oulike voorstel gehad wat almal gelyk laat uitvind of dit 'n seun of dogter is: 1.Laat die dokter die uitslag in 'n koevert verseel.  2. Koop 'n beertjie (dis nou hier wat dit moeilik raak, so konsentreer) neem twee na die kasrigister (pienk en blou) en laat die verkoopsman kyk watter een hy moet toedraai terwyl jy nie kyk nie. 3. Maak julle die pakkie oop waar almal bymekaar is en dan vind almal saam uit. (Ek sien soveel plek vir probleme om op te duik dat ek maar twee koeverte sou wou hê, een vir kontrole, om seker te wees dat die boodskap/tyding reg by my uitkom.)
Ons sal/sou/sal dit moet/moes aanpas. En Jeanelle wil/wou met alle geweld vir almal beertjies pos: Ouers, Broers, Vriende, Niggies...(lots and lots of bears). Ek was bietjie ongewild (seker die hormone) toe ek voorstel dat ons sommer dalk maar eerder net almal moet sms.

(Ook maklik om te blog as jou vrou nie by die huis is nie. lol)

Julle moet almal styf duime vashou vir Ma Gerda wat later die week (27-30 Junie) aan die Huletts 2012 Koeksister Kompetisie by InniBos deelneem. Sy is een van 4 finaliste en lewer Woensdagoggend 2000 koeksisters af wat oor 4 dae geproe gaan word deur feesgangers wat daarna vir lekkerste een moet stem.
Holle kondig Saterdagaand die wenner aan.

Baie geluk aan Wian en Leone wat vir my die volgende sms gestuur het.
rotflol (rolling on the floor laughing out loud)

Baie geluk! Die familie groei nou woes. Julle het gelukkig al reeds al die 'gear'.

As ek Pa Braam kan aanhaal: "As daar nou een ding is wat my seuns goed kan doen..." :-)


Baie liefde en groete

Johann

Monday, 25 June 2012

Reën, Sewe week merk

Die Son het byna nooit geskyn hierdie week (11-17 Junie) nie. Sydney was behoorlik koud en nat!
Mense staan in die reën vir hulle bus en wag. 'n 'Skool' sambrele!

en nog reën...
  Ons nuutste leesstof: "Up the Duff". Die boek is 'n komiese gids tot die realiteite van swangerskap en ons is besig om dit deeglik deur te lees.

"Up the Duff" (Op die paal)
Dit was ook ons eerste scan hierdie week.  Die dokter het drie of vier spreekkamers en jy wag eers in die wagkamer, daarna in die spreekkamer, dan kom die midwife(!?) met jou praat om al die 'boring' goed te vra en in te vul en daarna kom die dokter om die scan te doen. Die dokter is heel kalm, asof hy 100 babas 'n dag 'deliver' ( 'vang' laat dit heeltemal te maklik klink as jy na al die brosjures kyk wat hy gegee het).
Dis nog so bietjie van 'n skok/opgewondenheid. Die realiteit het nogals ingeskop met die hoor van die hartkloppie. (Tweelinge is mos in die families. Net een hartklop. Hierdie keer.)

'n Paar fotos:

Hartklop duidelik sigbaar!


Volgens die dokter (en die scan) is ons 7 Weke swanger :-)
Expected Date of Arrival 31-01-2013


Die naweek was rustig en nat. Tennis-oefening het uitgereën. Ons was skaars by die deur uit, want dit was heerlike DVD weer! Ons was meestal net sleg. Min gedoen gekry. Nie eens betyds geblog nie. (en nou is dit nog 'n kort blog ook. Daar is darem baie fotos. lol)

Gelukkige Vadersdag vir al die Pa's!

Lekker naweek (gewees, hoop ek. Hoop julle bly warm en droog!)

Liefde en groete

Johann



Monday, 11 June 2012

Tyd wag vir niks

Na die verkope sukses van verlede maand was die bord weer Maandag skoongevee.

Jeanelle moes Dinsdag oggend vroeg by die lughawe wees(die naarheid het bietjie baie geraak toe ons in die tonnel in ry, al het ek op my mooiste probeer bestuur. Ek dink ek het 'n chauffeur vir die volgende paar maande. Ons het sommer 'n 'lounge'-ontbyt ingewerk voor ek werk toe is en sy na Adelaide. Dit was 'n harde week om enige iemand in Sydney vir 'n afspraak te kry, want as gevolg van eerskomende Maandag se vakansiedag (the Queen's Birthday, 11 Junie) is almal in vakansie-'mode' gewees. Boonop het daar die middag 'n 90km/h wind in Sydney begin waai met 'n reënbui. Die reën het van oral gekom en my groot sambreel het nie in die wind gewerk nie.

Die vroeë oggend het sy tol geëis en ek het na my na-ure 'training'-sessie (gelukkig al effe droog) 'n paar kwotasies vir Woensdag oggend gelos. Woensdagoggend was koud en nat en dit het maar gesukkel, ek is net 15 minute vroeër werk toe. Ongelukkig was die 'Database refresh' (wat ek gedink het net 'n 'af-en-aan-skakel' van die hoofraamrekenaar sou wees), 'n 'training'-sessie. 'Surprize!'
En daar is my hele skedule opgeneuk. In my beplanning sou ek gou die kwotasie doen en dan 8:45 die trein vat na die middestad waar ek 10 minute sou hê om by my 9:30 afspraak te kom.
In werklikheid was die kwotasie 9:00 net klaar en ek besluit toe om halfpad te ry en dan die trein net te vat oor die brug, want daar is nie parkering in die stad nie. Ek het gelukkig die vorige dag gesien dat parkering onder die stasie vir een uur gratis is as jy $5 in die sentrum spandeur en ek is juis lus vir 'n koffie. (Bargain)
Nadat ek vir 10 minute parkering soek, kom ek agter my parkeerkaartjie is weg en dit vat 'n vêrdere 10 minute om die kaartjie te kry. Die kliënt was 'n bietjie haastig toe ek 9:50 daar opdaag (natuurlik het ek vooraf gebel en gesê ek gaan laat wees, so 'no hard feelings'), nietemin was dit eerste 'sale' van die maand. Die papierwerk het my so bietjie terug gehou. Ek het nog 'n vergadering in die stad gehad, maar moes eers my kar gaan skuif. Die man by die koffiewinkel het gesê ek sal steeds 'n uur gratis parkering kry al parkeer ek langer daar, so 10:40 kry ek 'n koffie en croissant vir $6.50, voordat ek op en af by die hysbak vir my kar soek. 10:55 kom ek by die betaal hokkie. 1,5 ure, min 1 uur gratis = $20!!?! lol. Dis die laaste keer dat ek daar parkeer!

Ek parkeer toe 6 blokke verder en stap weer stasie toe vir die trein na die volgende vergadering.

Dit het vir my gevoel of ek twee weke gelede laas 'n naweek gehad het, so die naweek was baie welkom.

Ons het onsself bitter rustig gedra. Ons was Saterdag aand na Vivid Sydney, met  kunswerke van lig gemaak wat die stad ophelder. Ongelukkig het ons die laaste Saterdag van Vivid Sydney gekies en daar was duisende mense wat die koue trotseer het saam met ons, maar dit was baie mooi. 


Daar was duisende mense!

3D was die tema van hierdie jaar se Vivid Sydney




Ma-Gerda is as een van die top 4 finaliste in die Huletts 2012 Koeksister Kompetisie. Die wenner sal by die Innibos Kunstefees tussen 27-30 Junie bepaal word, so gaan ondersteun gerus!

Op die baba-front: Ons gaan Woensdag vir ons eerste 'scan'. Ons sal nog terug raporteer.

Die naweek was so bietjie langer vir ons, agv die vakansie dag. Ons het 05:45 opgestaan vir 'n skype wat ek heeltemal ge'mis-calculate' het. Na Croissants vir ontbyt het ons weer in die bed geklim en verder geslaap tot 10:00. Ek dink ons is nou uitgerus. Die koue en reën gaan voort...

Liefde en Groete

Johann

Monday, 4 June 2012

Slowly getting there....

Ons werk belaglik hard. Te hard. Van donker tot donker en ek voel skuldig as ek langer 'lunch' vat as wat nodig is om my toebroodjie te sluk. Ek voel nog meer skuldig as ek gou huistoe jaag en saam met Jeanelle middagete eet, voordat ek na vergaderings gaan. Dis 'n groot voorreg wat ek het om in my verkoops area te woon (en om 'n vrou te hê wat van die huis af werk. :-) Baie bederf! (Ek) (en Sy)

So bietjie 'brag!':
Ek het my 'sales-target' bereik vir Mei! Ek het glo ook die beste in die kantoor gedoen, daarom het ek, vir Junie, die spesiale parkeerplek onder in die gebou gekry, eerder as by die hotel langsaan.

Ek dink ek het nogals vêr gekom, van die verkoopsman wat homself met 'n Tim Tam beloon het vir elke keer as iemand ingestem het om 'n voorlegging te sien.

Na vele maande/jare se gesukkel dat ons vroër kan gaan slaap in die aand, het Jeanelle nou skielik meer rus nodig. (Nou kan ek genoeg slaap in kry en nog [probeer]vroeg opstaan om al die Tim Tams af te [probeer]oefen. :-) )

Ek was Vrydag by 'n kleuterskool vir 'n voorlegging, toe die dame vir my 'n koppie koffie aanbied wat sy vir iemand anders, wat toe nie daar is nie, gekoop het. (Sodat sy nie alleen staan en drink nie.) Teen etiket 101: "Moet nie water/koffie/eetgoed vat tydens 'n verkoops voorlegging nie, want kliënt kan dink jy skuld hom/haar dan" stem ek toe maar in om 'n ongemaklikheid te voorkom. Toe haal sy die dekseltjie af en gee die koffie eers 'n draai in die mikrogolfoond. 'n Uur se gepraat later, is ek nou al goed lus vir die koffie en net besig om totsiens te sê, toe ek my hand uitsteek, sê sy:"No, leave it, it is probably cold by now." (Sy wil dit seker vir die volgende gas aanbied nadat sy dit weer 'n draai in die mikrogolf gegee het).

Ons het ook 'n huis foon gekry om by die kommunikasie by te dra. Om dit nie te publiseer vir almal om te sien nie, sal ek die nommer op deel en in volgorde vir julle gee via +61 2 viber, skype, email, tweet, facetime, facebook, sms en die laaste nommer is 'n 8.

Klink of die almal na grootter huise trek (Bothma's & Botha's), ons dink aan julle! (Sou natuurlik graag help. Onthou dit gerus vir die toekoms!...wanneer ons dalk weer trek en julle naby is. lol)
Ons naweek was ook bedrywig hier met braai, tennis, fliek, koffie, skype, DVD, Grey's Anatomy en rus!

'n Rustige naweek vir die wat nog iewers in die wêreld naweek hou. Vir die res, 'n voorspoedige week!

(Ek dink ek is nou weer op datum.)
Liefde en Groete

Johann