Friday, 2 September 2011

Dis heerlike lente

Ons het ons naweek begin met ons weeklikse inkopie aflewering, saam met 'n Aussie Farmers aflewering, gesien in die fotos hier aangeheg. Alles is heerlik vars van die plaas af. Alles is ook redelik eetbaar, dis net die Bok Choy wat bietjie volks vreemd is.

Saterdag oggend was ons heel geskok om te sien dat ons woonstel reeds adverteer word vir verhuring. Dit boonop teen dieselfde maandelikse huur as wat ons tans betaal. Ons het na een plek gaan kyk, maar dit het ongeveer 3sekondes genaam, voordat ons besef het die kombuiskaste, wat afdop, dis nou die wat nog deure het, gaan nie vir ons werk nie.
Ons het voorlopig besluit om ons huur termyn maar te verleng. Met so bietjie onderhandeling, het die agent besluit om eers nie die huur te verhoog nie.

Ons het Maandag ook Oom en Tannie geword. :-) Baie geluk aan Wian en Leoné, ons wens julle alles wat mooi is toe.

Verder het ek na aan die 50 CV's uitgestuur om te kyk of ek 'n onderhoud kan uitlok, ek begin dink daar is dalk 'n spelfout op my dekbrief.
Die woonstel storie het ook nog nie gaan lê nie, ons gaan môre 9 woonstelle besoek en die traagheid van ons huidige agent ten volle uitbyt. Sy sou die nuwe kontrak glo pos, maar ons het nog niks geteken nie.

Met die studies gaan dit goed. Met die oefening ook, ons was vanoggend amper onseker wat om in die gym te doen, omdat ons so lanklaas tot Vrydag toe volgehou het.

Lentedag het maar stil verby gegaan in Sydney. As jy hier wil hê dat mense iets moet vier, dan beter jy dit Australia Dag noem, of hulle moet geld daarop kan verwed.

My baas was die afgelope twee weke siek. Ek het met my skof voorstel na hom gegaan op Maandag(toe hy vir 'n paar ure daar was) en ons sou dit verder bespreek het op Dinsdag, maar hy was nog nooit weer terug nie, so toe neem ek die leiding om die nuwe skofte te toets.
My kolega, wie se meisie in die Mary Poppins teaterstuk optree, het op Maandae en Dinsdae af, so dit is ook sy verlangde naweek. Om 'n lang storie kort te maak het ek vir 'n verandering my verlangde naweek; Saterdag en Sondag. Sal dalk Maandag moet begin om voltyds CVs uit te stuur.

Hoop dat julle almal 'n rustige naweek het en 'n bietjie van die lente geniet.

Liefde en groete,

Johann

No comments:

Post a Comment