Ek kan nie anders as om met 'n glimlag terug te kyk na hierdie week nie en ek moet myself betoom om nie ‘n boek daaroor te skryf nie.
Woensdag aand het ons saam met ‘n klomp van my werk-vriende gaan kuier. Dit was ‘n prettige aand, al het ons, onsself 22:30 langs die pad bevind, met twee dooie iPhones in ‘n vreemde woonbuurt. Ons het so benoud gewaai na die eerste taxi wat ‘geokkupeerd’ verby gery het, dat hy later spesiaal terug gery het om ons te kom haal. lol. (Dink nog steeds nie ons het ‘n kar nodig nie.) Die volgende dag was almal olik by die werk. (Deli Belli) (…weer) Ek sal vanaand iets stabiel vir aandete moet maak. Ons het energie nodig om, tussen die sjampanje deur, ons woonstel 100% skoon en netjies te maak, want ons agent skou môre oggend 09:15-9:30.
Ons het verlede Sondag gaan rugby kyk by vriende, hulle het Foxtel en dit is glo al hoe mens rugby wêreldbeker in Australia kan kyk. Hulle kan ‘live’ televisie ‘pause’, opneem en weer speel, so ons kon selfs tussen wedstryde, nog ou wedstryde kyk. Ons was 4 couples; Ons, Aussies, SA expats en NZ/UK couple, by wie se plek dit gehou is. Dit was ons werk om koek te bring maar ons is vroeër die week na ‘snacks’ ge-demote. Om nie af te steek by die ander nie het ons vroeg Sondag oggend ‘n kar gehuur om te gaan biltong koop. Saam met die dips, skyfies en sjokolades, sou dit goedkoper gewees het om net die vleis vir die geleentheid te borg, maar dit was nietemin spoggerig.
Die Aussies het met die hele groot trek opgedaag; kind, hond, drie doeksakke, die kind se voeding stoeltjie en ‘n stootkarretjie wat so groot is dat dit lyk of die hele gesin daarmee in die wildtuin kan gaan kamp. Hulle moes twee keer kar toe loop om alles weer in te laai. Dan het dieselfde mense nagereg gebring… (Ek hoor al hoe my toekomstige uitnodigings teruggetrek word uit.) Kaaskoek. Sy was baie trots om te vertel hoe maklik dit was om te maak, nadat ek reeds een sny ingehad het. Dis basies net koekies, botter en roomkaas(gemiddeld 35% vet vir die wat gewonder het), met nog room bo oor vir versiering. Jeanelle het Maandag siek verlof gevat en my konstitusie het eers weer gisteraand gestabiliseer.
Die agent van ons nuwe woonstel het gereël dat die nuwe woonstel uitgeverf word en nuwe matte kry, maar onder die ou matte ontdek hulle toe dat die vloer se ysters binne die sement roes (Sement-kanker) en hulle moet dit nou eers reg maak. Na twee dae se gesukkel het ons, ons huidige agent in die hande gekry en kon ons darem ons huidige huur verleng vir nog 'n week, natuurlik teen die verhoogde huur. :-)
Dit was Maandag een jaar serderd ons in Australië aangekom het. |
Die agent van ons nuwe woonstel het gereël dat die nuwe woonstel uitgeverf word en nuwe matte kry, maar onder die ou matte ontdek hulle toe dat die vloer se ysters binne die sement roes (Sement-kanker) en hulle moet dit nou eers reg maak. Na twee dae se gesukkel het ons, ons huidige agent in die hande gekry en kon ons darem ons huidige huur verleng vir nog 'n week, natuurlik teen die verhoogde huur. :-)
Woensdag middag het ek gou 'n onderhoud in gewerk en vanmiddag 'n opvolg. Ek begin 4 Oktober by die nuwe plek. Ook maar goed, want volgens my huidige baas is my hele woonstel se plumbing nou al vervang. (Baie dankie vir al die duime vashou, gebede en sterktes, dit het gehelp.) In my huidige werk het hulle net vertel hoe lekker die werk gaan wees, en dat mense eintlik húlle sal betaal om daar te werk, teenoor die nuwe plek waar hulle beloof om harde werk te beloon. (Voorwaarde:) Ons moet net 'n kar koop in die volgende twee weke, voor ek begin.
Iemand by die werk het hierdie iPhone kassie gekry. Dit werk vir iPhone 3 en 4. |
Ons het al vergeet dat ons, eerskomende Sondag, aan die Sydney Bridge Run deelneem. 9km!? Afsny is na 1.5 ure. (Dit behoort op te maak vir verlede week se kaaskoek.) Ja, vir ‘n medalje. Daarna het ons twee ure om by ons 3D LionKing IMAX uit te kom.
Hoop dat julle almal ‘n rustige naweek het. Ons gaan verseker tussendeur probeer rus, en ons hoop dat volgende week ‘n rustige week sal wees. Hopelik rustiger vir ons, so tussen die kar koop en bedank.
Liefde en Groete
Johann
Jissie, ek vrek oor jou en jou droë sin vir humor! xx
ReplyDelete