Ons het 6 van die 9 woonstelle op die lang kortlys gaan besigtig. Dit het die hele Saterdag geneem. Menigde kilometers gestap, vier keer ferry gery en 'n hele paar keer trein. Een het 'n dooie voël op die stoep gehad en is byna dadelik deur Jeanelle afgekeur, een het soos iets uit 'n moordenaars film gelyk met klein kamertjies en 'n mat wat uitgeloop is soos 'n plaaspad. Dan was daar ook die grot huisie, met een klein venstertjie in die sit-eetkamer. Natuurlik moet jy hier eers aansoek doen as jy belang stel. Ons het vir 2 plekke aansoek gedoen en altwee gekry, eintlik 4 as jy die agente tel wat later gebel het om te hoor of ons nie in hulle woonstelle ook belang gestel het nie.
Ons trek einde van die maand oor die water, na Belmain. Dis net 'n ferrie-rit verder vn die werk af as wat ons nou bly. Dis 'n effens groter plekkie, met 'n bad, waskamer en stoep (vir braai) meer as wat ons nou het.
Gepraat van braai, kyk gerus hierdie video, wat twee Suid Afrikaanse studente vir/van Nasionale Braai Dag gmaak het. Baie goed gedoen. Dit het ons sommer bietjie patrioties gemaak en lus vir braaivleis.
Hier was tot 'n hostage drama een middag. Niks meer as iemamd wat 'n "tantum" gegooi het in 'n stad waar motorongelukke nog die agt-uur nuus haal nie. Toe iemand "bom" skreeu, toe vat dit die hele polisie, brandweer en onderhandelingspan 10 ure om dit uit te sorteer. Niemand weet nou nog wat die man eintlik wou sê nie.
Sterkte aan die Moolmans, julle moet maar geurlose kos begin maak. Geluk aan die Botha's met die visums. Bietjie dae!
Ons het hierdie "African Bath Robes" in die winkels gesien. Alles laat ons verlang en julle is almal elke dag in ons gedagtes.
Hulle het noudie dag hier 'n ou tannie se woonstel oopgebreuk, net om te vind dat sy al vir agt jaar dood is. (Bure het nogals gedink sy is stil.) Dit wys net dat om aan mense te dink nie genoeg is nie, so stuur maar nou en dan 'n epos, sms, skype, gtalk of viber.
Jammer dat ek nie so vinnig reply het hierdie week nie.

Nadat ek letterlik verlede week die "recruitment" websites, met my CV, gespam het, het iemand my darm Woensdag gebel. Na 'n 45 minute foongesprek het ons alles van mekaar geweet en was ek Donderdag vir 'n vinnige onderhoud/inligtingspraatjie, net om seker te maak wat om aan te trek en waarop om klem te sit, wanneer ek volgende week 'n onderhoud met die werkgewer het (eerder as net met 'n recruitment company). Hou maar duim vas.
Ons kyk die begin van die wêreldbeker. Ek glo nie ons nuus/tv is vinniger, omdat dit nader is nie, en ek wil nou nie die 'punch line' weg gee nie, maar Tonga gaan nie hierdie een wen nie.
Ons gaan Saterdag bietjie braai en die Bokke ondersteun met hulle eerste wedstryd.
Liefde en groete,
Johann
No comments:
Post a Comment