Ek kan nie anders as om hardop te lag wanneer ek terugkyk na hierdie week nie.
 |
Is daar 'n vurk in die pad, of is dit dalk 'n telepel op die sypaadjie |
Verlede
Vrydag aand het ons tot 23:00 huis aan die kant gemaak. Nie dat dit nou regtig
vuil/deurmekaar was nie, maar toe ons klaar was, het dit gelyk of Sneeuwitjie en
die sewe bediendes hier deur is. Ek het selfs oorweeg om weer die plek te huur.
Saterdag nadat die huis geskou is, het ons gebruik om kar te soek, maar gou uitgevind dat dit nie gaan
maklik wees om finansiering te kry nie, omdat ons visums in 13 maande verval. Verder
het ek net aan Maandag se bedanking gedink en die groot besluite wat voorlê. Sondag se Not-so-fun-9-km-run was nogals 'n entjie. Dit het nie gehelp dat dit 9:00 op 'n warm sonskyn dag gehou is nie. Daar was soveel deelnemers dat dit 10 minute geneem het om oor die wegspring te kom. Ek het ook die oggend voor die wedloop verneem dat net die hardlopers wat in die eerste uur en 'n half klaar maak, medaljes kry. (En medaljes is nie vir my onderhandelbaar as dit by hardloop kom nie) So toe moet ons dit in 1 uur en 16 minute voltooi.
Ek het my
bedankings brief vir die eerste bestuurder wat ek Maandag oggend kon kry gegee.
Hy was heel gereserveerd en ek was net besig om te wonder of hulle my darem
gaan mis, toe die ‘winkel bestuurder’ my inroep. Dis nogal lekker om te weet dat
my harde werk raakgesien is, net jammer ek vind toe eers daarvan uit. Ek moes
lankal vir ’n verhoging gevra het!
Soos Leon Schuster in die film “U.N.T.A.G.” gesê het: “There are no best roads here... they’re all bloody bad...”, kom elke besluit met sy voor- en nadele en dit help nie om jouself blind te staar teen uitdagings en nie geleenthede raak te sien nie. (Net soos Ds. Niekie se preke, dink nie nie dit het enige iets met die aanhaling te doen nie, maar dis 'n cool aanhaling.)
Te midde
van die vriende wat ek gemaak het, werk wat ek goed gedoen en verstaan het, ’n fantastiese
bestuurder, die offer van ’n verhoging, die vrese van nog ’n dreigende
resessie, opgehoopte verlof wat jy nie dadelik by ’n nuwe werk mag vat nie, die
feit dat ek ’n kar nodig het vir die nuwe werk en die feit dat ek glad nie weet
wat om te verwag nie en dat ek die iPhone5 se bekendstelling gaan mis, is dit ’n nuwe uitdaging. Dit maak nie nou heeltemal mooi
sin nie, maar as ek nie probeer nie, sal ek nooit weet nie. Dis hartseer om te
groet en verseker nie ’n maklike besluit gewees nie, maar ek gaan hier vir
persoonlike groei en 'n geleentheid om nuwe vaardighede te leer.
Terwyl ek nog
besluit het, was ons hard aan die kar soek. Ons is terug gepluk grond toe van
die 120d BMW wat ons Saterdag oggend toetsbestuur het, na iets wat ons sonder ’n lening kon
bekostig.
 |
Jeffrey (aka 'Chopstick') |
Met groot hulp van ons ouditeur, kon ons darem finansiering by Toyota kry. Dis nou nie eintlik 'n kar waarvan ek die verskillende reekse ken nie, so ek het eitwat dom gevoel toe die finansierings dame na my draai en vra watter kar ek wil hê. Ek glo nie dat daar 'n Toyota bestuurder daar buite is wat in sy/haar droom-kar ry nie. Ons sal nog eendag (binne kort) weer iets Duits ry, maar vir nou is dit 'n slim finansiële koop.
Ewe skielik is ons wêreld nou groter. As dit nie vir die naweek se werk was nie, sou ons behoorlik die karretjie uitgetoets het. Die afgelope paar weke het ek 'liberties' getrek en nie naweke gewerk nie, maar omdat ek weg gaan, begin ek môre oggend my 7 dae-aanmekaar skofte, om soveel as moontlik kennis van my werk oor te dra aan die vervanger. Andersins behoort die week wat kom, die stilte voor die storm te wees en volgende naweek is dit reg maak vir my nuwe werk. Ja, dis tyd om die jeans en tekkies te verruil vir 'n suit.
Ek bring elke dag 'n boks of twee saam van die werk af, vir ons trek. (Dis nou geskuif na die 14 de) Ons kan nie meer wag nie.
Liefde en Groete
Johann