Sunday, 15 May 2011

Saturday, 14 May 2011

Ikea shopping

Ons was vandag gou na Ikea om 'n TV-kas te kry. "Hyper Allen the Yaris" het ongelukkig nie 'n groot genoeg kattebak gehad vir die kopstuk nie.
Duidelik het die seun wat oorkant die pad parkeer het, ook 'n probleem met pakplek gehad.

Wednesday, 11 May 2011

Terug in Sydney

Na 'n vinnige 10ure vlug (waarvan ons darm net 3 ure wakker was) het ons veiling aangekom in 'n yskoue Sydney. Volgens die nuus is dit die koudste Mei-oggend gewees in 7 jaar. Ons sal verseker môre 'n heater moet kry. Die pyp wat uit die tv-kamer se vloer kom is wel vir gas, so 'n gasverwarmer is in orde. Tans is dit 14°C. Niks in ons yskas nie, so ons sit en wag vir ons Butter Chicken en Naan by die Indiese Restaurantjie, "Blu Ginger" af in die straat. Dis nou nie Trana nie, maar dit moet maar doen.